Warmbrakke met houding
Serves: Genoeg vir 4
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 1 Week 2 lang stukke worsderms in water tot sag.
- 2 Span die derms oor die tuit van die worsmaak-toestel van ’n voedselverwerker en druk dit deur tot die meeste daarvan op die tuit is. Maak ’n knoop aan die onderkant.
- 3 Geur 1 kg (2 sakkies) ontvriesde, basiese maalvleismengsel met sout en peper, druk die vleis bo in die masjien in en vul die derms daarmee. Moenie te styf stop nie - die derms skeur maklik.
- 4 Draai die lang wors plek-plek ’n paar keer in die rondte om porsiegrootte worsies te vorm en die afsnyslag te
- vergemaklik. Maak ’n knoop aan die bokant.
- 5 Braai die wors in verhitte olyfolie in ’n middelslagpan, of oor die kole.
Instructions
Warmbrakke
6 Geur 250 g kersietamaties met sout en rooster by 180 °C in die oond tot dit begin oopbars, hou eenkant.
7 Braai 2 groot uie, oorlangs in dik skywe gesny, stadig in 45 ml (3 e) botter tot sag en karamelkleurig.
8 Sny ’n diep keep aan die bokant van 6 broodrolletjies.
9 Sit ’n worsie in elkeen. Sit voor met die geroosterde tamaties, karameluie en avokadoskywe.
Rooi Rose
Lees Meer
Kersfees-hampastei
18/12/2024