Serves:Genoeg vir 4-6Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
500 g waterblommetjies
150 g dik spek, in stukke gesny
Slaaisous
5 ml (1 t) gekapte knoffel
5 ml (1 t) dijon-mosterd
10 ml (2 t) heuning
30 ml (2 e) suurlemoensap
80 ml (1⁄3 k) olyfolie
’n klein hand vol pietersielie, fyn gekap
5 ml (1 t) kappertjiesaad, fyn gekap
60 ml (¼ k) dennepitte of gepelde amandels, liggies gerooster
sout en peper
’n hand vol vars babaslaaiblare
Instructions
1 Sit die waterblommetjies in ’n bak en bedek met skoon soutwater. Laat staan vir 15 min. Spoel af en hou eenkant. Slaaisous 2 Meng die knoffel, mosterd en heuning. Voeg die suurlemoensap en olie by en meng goed. Voeg die pietersielie, kappertjiesaad en dennepitte by. Geur met sout en peper. Hou eenkant tot benodig. 3 Blansjeer die waterblommetjies vir 5-7 min. in kokende water. Skep dadelik oor in ’n bak met yskoue water en dreineer. 4 Verhit die olie in ’n braaipan en braai die spekstukkies daarin tot bros. Voeg die waterblommetjies by en braai vir nog 3 min. Skep in ’n mooi opdienbak. 5 Strooi die slaaiblare oor en sit dadelik voor met die slaaisous bo-oor.