Voorverhit die oond tot 220 ºC. 1. Slaaisous: Meng die asyn, olie en knoffel. Geur na smaak. 2. Kook die eiers vir 5 min. vir ’n sagte eier, of na smaak. Laat effens afkoel en haal die doppe af. 3. Meng die haloumi, spek, brood en olie en sit in ’n diep oondpan. Rooster vir 6 min. 4. Draai die haloumi om en voeg die tamaties by. Rooster vir nog 6-8 min. of tot goudbruin en gaar. 5. Meng die spinasie en slaaisous deur. Verdeel tussen 4 opdienbakkies en sit voor met ’n sagte, oopgebreekte eier bo-op elk.