Warm spek-en-eier-slaai
Ingredients
- Slaaisous
- 125 ml (½ k) rooiwynasyn
- 30 ml (2 e) olyf- of avokado-olie
- 1 knoffelhuisie, gekneus
- sout en gemaalde swartpeper
- 4 eiers
- 250 g (1 blok) haloumikaas, in stukke gebreek
- 250 g (1 pak) repiesspek
- ½ ciabatta-brood, in stukke gebreek
- 30 ml (2 e) olyf- of avokado-olie
- 2 hande vol kersietamaties op die stingel
- hand vol babaspinasie
Instructions
Voorverhit die oond tot 220 ºC.
1. Slaaisous: Meng die asyn, olie en knoffel. Geur na smaak.
2. Kook die eiers vir 5 min. vir ’n sagte eier, of na smaak. Laat effens afkoel en haal die doppe af.
3. Meng die haloumi, spek, brood en olie en sit in ’n diep oondpan. Rooster vir 6 min.
4. Draai die haloumi om en voeg die tamaties by. Rooster vir nog 6-8 min. of tot goudbruin en gaar.
5. Meng die spinasie en slaaisous deur. Verdeel tussen 4 opdienbakkies en sit voor met ’n sagte, oopgebreekte eier bo-op elk.
Rooi Rose
Lees Meer
Beste biltongslaai
08/01/2025
Geroosterde aartappel-en-spek-slaai
19/12/2024
Gevulde soetrissieslaai
18/12/2024