Serves:Genoeg vir 4Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Voeg net sag gekookte baba-aartappels by om die gereg vullend genoeg vir ’n maaltyd te maak. As jy die volle resepmate vir die vinaigrette (slaaisous) volg, sal jy slaaisous vir die volgende keer ook hê. Dis so nuttig om tuisgemaakte slaaisous in die kas te hê dat ek sommer genoeg vir ’n paar weke maak. Gebruik die sous ook as marinade, of oor vis en groente.
2 ryp tamaties, in kwarte gesny (vir ’n
lekker variasie kan jy die tamaties vinnig rooster)
200 g swart olywe, ontpit
30 ml (2 e) kappertjiesaad (capers)
hand vol roketblare
180 g groenboontjies
2 blikkies tunastukke in soutwater, gedreineer
4 eiers
Franse vinaigrette
1 knoffelhuisie, fyn gekap
5 ml (1 t) mosterd
15 ml (1 e) heuning
500 ml (2 koppies) avokado-olie
250 ml (1 koppie)
witwynasyn
2 ansjovisfilette, fyn gekap
’n hand vol gekapte pietersielie
sout en peper na smaak
Instructions
Slaaisous 1 Meng al die bestanddele in ’n glasbottel met ’n skroefdeksel en skud die sous totdat dit emulsifiseer, of meng met ’n handklitser.
Slaai 2 Voeg die tamaties, olywe, kappertjiesaad en roketblare in ’n middelslag-mengbak. 3 Sny die stingels van die boontjies af , maar behou die punte. Kook die boontjies in vinnig borrelende water tot net sag maar nog krakerig. Gooi van die slaaisous oor die warm bone en meng deur die res van die slaaibestanddele. 4 Meng die tunastukke deur die slaai. 5 Sit die eiers in ’n kastrol kokende water. Kook 6 min. vir sagte eiers wat nie loop nie en 8 min. vir gaar eiers. 6 Dop die eiers af, sny vertikaal middeldeur en pak dit op die slaai uit. 7 Sit voor met ekstra slaaisous en krakerige brood.