Ons samelewing kyk die dood nie graag in die oë nie. Dis vir ons nie meer deel van die natuurlike kringloop van kom en gaan nie; dis iets waarvan ons niks wil weet nie; wat ons so ver moontlik van ons af probeer hou.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Mense sterf nie meer tussen die mure van ons huise nie, maar in bejaardesorgeenhede, hospiese en hospitale waar die mediese wetenskap elke greintjie kennis inspan om dit te voorkom. Dit laat baie van ons onbeholpe ná iemand se dood. Ons soek na woorde. Wat sê jy tog? En dis nog erger as dit ek en my nabymense is wat rou …
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }“’Jy sal meer moet huil. Dis nie normaal dat jy so min huil nie’ of ‘Só kan jy nie aangaan nie. Jy huil te veel. Dis nou al drie maande, jy moet oor die ding kom. Onthou, Martin sou nie wou gehad het dat jy so baie huil nie.’ Dís die ‘goeie raad’ wat welmenende vriende en familielede uitdeel aan mense wat ’n geliefde aan die dood afgestaan het. Dis asof hulle ’n model in hul koppe het oor hoe ’n mens behoort te rou. Moenie te veel huil nie, maar ook nie te min nie. Moenie te gou ophou huil nie, maar moet asseblief tog ook nie te lank aanhou met die huilery nie.” Só sê ds. Braam Klopper, ’n pastorale terapeut met ’n meestersgraad wat in rou spesialiseer.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }“Mense rou verskillend. Daar is ’n verskeidenheid reaksies op rou en almal is heeltemal normaal. Sekere faktore bepaal die maniere van rou:
“Waarskynlik die twee heel grootste faktore wat iemand se manier van rou beïnvloed, is persoonlikheid en geslag. “Introverte en ekstroverte rou gewoonlik baie verskillend. Introverte is meer geneig om hul emosies op te krop. Hulle gee glad nie uiting daaraan nie, of doen dit in privaatheid. Al rou hulle intens, is die mense om hulle meestal onbewus van hul pyn. Die afleiding dat hulle nie genoegsaam rou of nie emosioneel genoeg is nie, is meestal ’n valse afleiding of wanpersepsie van hul rouproses.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“Ekstroverte is in die algemeen mense wat maklik hul emosies wys en nie noodwendig hul hartseer vir hulself sal hou nie. Hulle sal voor ander aan hul emosies uiting gee. Verder praat en huil hulle maklik en herhaaldelik oor die persoon en die gebeure, ook oor hul gedagtes en herinneringe aan die oorledene. Dit help hulle ook met die verwerking daarvan.
“Mans en vroue rou feitlik altyd verskillend. Dis belangrik vir dié wat in die rouproses is om hiervan bewus te wees, nie net diegene wat besig is om te rou nie, maar ook mense wat by hulle betrokke is.
“Dis ’n veralgemening, maar mans rou gewoonlik tog op ’n rasionele wyse en vroue op ’n emosionele wyse. Mans wil gewoonlik soveel moontlik inligting oor die omstandighede en oorsaak van die dood hê sodat hulle hierdie inligting iewers in ’n spesifieke vakkie in hul brein kan ‘liasseer’. Sodra dit gedoen is, wil hulle met die lewe aangaan. Vir baie mans is dit baie moeilik om die emosie te hanteer wat met rou gepaardgaan en hulle probeer dikwels om potensieel emosionele situasies te vermy. Daarom sal hulle nie graag met ’n berader gesels nie – die moontlikheid is net te groot dat hulle emosioneel kan raak wat vir hulle ’n groot verleentheid sal wees.
“Sommige mans is ook geneig om eerder op woede of wraakgedagtes te fokus. Dis vir hulle ‘makliker’ om woede pleks van intense hartseer te hanteer. Die fokus op woede is ’n soort verdedigingsmeganisme.
“Vroue se rou is gewoonlik baie meer emosioneel. Emosionele belewenisse help hulle met die verwerking van hul hartseer. Hulle doen emosionele dinge soos kerse aansteek, fotoalbums maak, skryf, dig of praat oor die geliefde wat dood is. Die uiting van hul emosies is vir hulle belangrik en terapeuties.”
“Mans en vroue se roupatrone het ’n groot uitwerking op mekaar. Hulle kan onwetend mekaar se patrone in stand hou. Dit gebeur gereeld in my spreekkamer dat vroue vertel hoe bekommerd hulle oor hul mans is wat na hul mening ’nie genoegsaam rou nie’.
“Indien ek ’n geleentheid kry om met hierdie mans te praat, kry ek feitlik altyd die volgende reaksie: ‘My vrou rou net’ of ‘Die rou het haar hele lewe oorgeneem. Dis al wat sy doen.’
“Dis gewoonlik glad nie waar dat hierdie mans nie rou nie. Hulle rou ’na binne’ of op tye en plekke waar hul vroue dit nie sien nie. Hulle het dikwels ’n spesiale plek waar hulle alleen kan huil, of besoek selfs die graf of gedenkmuur sonder dat hul vroue daarvan bewus is.
“’n Mens moet bedag wees op die wisselwerking of wedersydse invloed wat ’n man en ’n vrou in hierdie geval op mekaar het. Die vrou se intense, emosionele rou kan daartoe lei dat die man sy rou terughou of onderdruk en slegs uiting daaraan gee op ’n tyd of plek wanneer hy seker is dat sy nie daarvan sal weet nie. Sy motief kan wees dat hy haar wil beskerm en haar nie nog verder wil ontstel nie, of dat hy voel hy moet ter wille van haar en die res van die gesin ‘sterk’ wees.
“In die geval van die vrou werk dit gewoonlik so: hoe minder sy dink haar man rou, hoe meer sal sy voel dat daar behoorlik oor die dood van ’n kind getreur moet word. Sodoende rou sy al meer en al hoe intenser. Dis asof daar dan by haar ’n dringende lojaliteit ontstaan teenoor die kind wat dood is; sy ‘mag’ nie minder rou nie. Dis asof sy alleen oor hul kind moet treur.
“Dié hantering van haar verlies veroorsaak dat haar man al hoe meer terughoudend word en haar rouproses al hoe pynliker. Dit kan baie help as haar man haar kan gerusstel dat hy wel rou, of – nog beter – as hy ’n gedeelte van sy roubelewenis met haar kan deel of voor haar kan uitdruk.
“’n Tweede saak is die hantering van intimiteit. “Intimiteit is gewoonlik vir vroue baie meer van ’n emosionele belewenis en aangeleentheid as ’n fisieke kwessie. Vir mans geld die omgekeerde die meeste van die tyd.
“Ná die dood van ’n geliefde is ’n vrou gewoonlik so ontsteld dat sy dikwels sal sê dat intimiteit ‘die laaste ding is waaraan sy kan dink’ of ‘waarvoor sy kans sien’. Sy redeneer dikwels dat haar man onredelik is om enigsins ‘van haar te verwag’ om intiem te verkeer.
“Mans vind juis weer troos in intimiteit en kan tydens hul rouproses selfs ’n verhoogde behoefte aan seks hê. Dis ’n fase waarin albei maklik verwerp en afgeskeep voel. Dis so ’n sensitiewe saak dat mense gewoonlik glad nie hieroor praat nie, selfs nie eens met beraders nie. Dit lei tot spanning en tot skuldgevoelens.
“Wanneer ’n paartjie rou, is daar ’n frase wat talle vroue as ‘gewraakte woorde’ ervaar. Dis die frase ‘om aan te beweeg’. Vir mans en vroue het hierdie woorde gewoonlik radikaal verskillende betekenisse. Vroue hoor dat hul mans die geliefde wat dood is, wil agterlaat en aangaan met die lewe asof alles reg is. Mans bedoel gewoonlik hiermee dat hulle saam met hul vroue ook weer aandag moet gee aan ander aspekte van hul lewe en dat alles nie moet stilstaan en oorheers word deur die rou nie.
“As mense van hierdie verskille bewus is, kan hulle mekaar makliker vind.”
Lees ook: Tienerselfdoodvoorkomingsweek
Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…
Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…
Het jy geweet jou baba of peuter moet letterlik leer om sintuiglike inligting te filtreer…
Genoeg vir 6 Bestanddele 625 ml (2½ k) tee-en-vrugtesap 30 ml (2 e) gelatienpoeier…
Buiten vir sy uitsonderlike talent as musikant en liedjieskrywer, is Len Muller ook bekend as…
Hierdie webwerf gebruik koekies.