kategorieë: VelsorgSkoonheid

Wanneer ’n room nie genoeg is nie

Mikrodermabrasie

Aliminium-kristalle word teen ’n hoë druk teen die vel geblaas om dooie velselle te verwyder. Dit word dan opgesuig, en al wat oorbly is ’n pragtige gladde vel. Dit kan help om fyn lyntjies, plooie, pigmentasievlekke en littekens ligter te laat lyk. Gewoonlik word ’n kursus van 4 tot 6 behandelings aanbeveel wat opgevolg moet word met maandelikse behandeling vir die beste resultate. Dra elke dag na jou behandeling ’n hoë faktor sonskerm omdat jou vel meer geneig sal wees om te brand. Die behandeling word gewoonlik op sy eie aangebied, maar sommige salonne doen dit saam met die gesigsbehandelinge.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Chemiese afskilfering

’n Suur-oplossing (gewoonlik glikoliese suur) word op die vel aangewend om die boonstel vellae te verwyder. Die sterkte van die suur wat gebruik word, sal bepaal hoe diep die afskilfering sal wees. ’n Ligte afskilfering sal net die dooie velselle verwyder; ’n medium afskilfering sal daarop fokus om fyn lyntjies minder opsigtelik te maak, terwyl ’n sterk afskilfering dieper sal binnedring om plooie en littekens te verwyder. Na ’n ligte afskilfering sal jou vel effens pienk wees vir ’n paar uur, terwyl ’n sterk afskilfering jou vel rooi sal maak vir ’n paar dae voordat die vel afdop. Weer eens moet jy baie versigtig wees om nie te brand nie, omdat jou vel baie sensitief vir sonskade sal wees. Pryse wissel afhangende van hoe sterk die afskilfering is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Botox

Botox is een van die behandelinge wat die vinnigste toeneem in gewildheid. Dit is oorspronklik gebruik om oog-spasmas te beheer, maar is deur die FDA in 2002 goedgekeur vir kosmetiese gebruik. Botox bestaan uit ’n proteien-kompleks genaamd botulinum toksiene tipe A, dieselfde toksiene wat vir voedselvergiftiging verantwoordelik is. Maar moenie dat dit jou afsit nie! Die dosisse wat vir kosmetiese gebruik aangewend word sal jou geensins benadeel nie. Dit blokkeer die neurotransmittors wat verantwoordelik is vir spierbeweging wat plooie veroorsaak. Botox kan gebruik word om lyne en plooie rondom die oë en op die voorkop te behandel. Die Kaapse estetiese praktisyn Dr Nikolic stel voor dat mens slegs die boonste deel van die gesig met Botox behandel, en die onderste deel met vullers, anders lyk mens se gesig te styf en uitdrukkingloos. Effense rooiheid en kneusing kan voorkom waar die naald ingedruk is. Die resultate sal na ’n paar dae sigbaar word. Pryse wissel baie, maar gaan eerder na ’n spesialis wat ’n goeie reputasie het, omdat die sukses van die behandeling afhang van die spesialis se vermoë.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vullers

Die bekenste handelsname is Juvederm, Restylane en Perlane en bestaan almal uit hialuroonsuur wat ’n natuurlike menslike proteien is. Soos ons ouer word, neem hialuroonsuur-vlakke in die vel af, wat veroorsaak dat die vel sak, wat ons ouer laat lyk. Die nuwer produkte bevat natuurlike kollageen wat die vel opplomp, maar is nog nie orals in Suid-Afrika beskikbaar nie. Vullers word letterlik gebruik om te vul – lippe, plooie en wange kan opgeplomp word. Dit kan ook gebruik word om die vel se eie kollageenproduksie te stimuleer. Die oplossing word met baie dun naalde in die betrokke areas ingespuit, en die resultate is dadelik sigbaar. Die areas mag effens geswel wees vir ’n paar dae.

Lig- en radiofrekwensie

Lig- en radiofrekwensies is baie suksesvolle maniere om kollageenproduksie te stimuleer. Die vel word verhit om skade soos plooie te herstel. Die mees gewildste weergawes is IPL (Intense Pulsed Light) en Limelight om spinnerakaartjies en donker vlekke te herstel; Titan Radio frekwensie word gebruik om die vel fermer te maak; Acutip 500 help om pigmentasievlekke, littekens en ouderdomsvlekke te verwyder; PDT (Photo Dynamic Therapy) gebruik ’n kombinasie van blou, rooi en geel lig van verskeie golflengtes om ’n reeks probleme te herstel. Die proses is glad nie seer nie, en behalwe vir effense rooiheid, is daar geen ander newe-effekte nie.

Fraxel-laserbehandelinge

Hierdie is een van die meer ekstreme opsies. Fraxel laser stuur skerp polsings “fraxelated” lig na die gesig. Dit fokus op beskadigde selle, en los die gesonde selle heeltemal uit. Dit kan gebruik word op plooie, littekens en ouderdomsvlekke te behandel. Danksy ’n verdowingsroompie; is die prosedure meer ongemaklik as seer. Die af-tyd sal afhang van die sterkte van die prosedure wat gebruik is. Die ergste newe-effekte is rooi vel wat lyk asof dit deur die son gebrand is vir een of twee dae voordat dit in ’n bruin lagie verander wat ’n week neem om af te skilfer. Kostes wissel heelwat.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Is jy dalk uitgebrand? Toets jouself

Toets 1 Ek voel emosioneel dood. Dit is asof ek my werk en my kollegas op…

3 hours Gelede

6 oefeninge wat snork stop sit

Ons snork omdat ons keelweefsel pap raak. Spiere wat nie gebruik word nie raak pap…

3 hours Gelede

5 dekorflaters om te vermy

Dit is nie altyd maklik om jou eie huis te versier nie. Ons het gaan…

3 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met André de Villiers oor nuwe seisoen van ‘4×4 Met André’

Maak jou reg vir ’n onvergeetlike Namibiese 4x4-avontuur met die bekende 4x4-spesialis, André de Villiers.…

4 hours Gelede

Marciel groet vanjaar ‘Boer soek ’n vrou’

In ’n eksklusiewe onderhoud met Landbouweekblad het die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Hopkins onthul…

5 hours Gelede

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.