Vraag
Hoe oud moet ek wees om met Botox te begin? Ek is 26 en het ’n effense plooi op my voorkop. Wat kan ek daaraan doen? – Katrien
Antwoord
Daar is baie menings oor wanneer die beste tyd is om met Botox te begin. Party mense dink hoe vroeër jy begin, hoe beter, want so voorkom jy die ontwikkeling van ongewenste plooie. Ander glo weer dat dit eers een van die laaste opsies is wat oorweeg moet word. Ek stel voor dat jy eers alternatiewe opsies probeer, soos die daaglikse aanwending van ’n geskikte velproduk tesame met vrugtesuurbehandelings, of terapieë soos laser of “needling”, en natuurlik die regte aanvullings moet oorweeg word voordat jy Botox gebruik.
Botox-inspuitings moet elke drie tot ses maande herhaal word en dit kan jou redelik duur uitwerk. Jy is nog jonk – ek stel voor dat jy eers ’n afspraak by ’n medi-spa maak sodat daar ’n goeie vel-analise gedoen word en die verskillende opsies aan jou verduidelik word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }*Isabel Roos is die uitvoerende direkteur van die Isa Carstens-akademie in Stellenbosch en Pretoria.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.