Wanneer jy dink jy praat oor Ford versus Ferrari, maar jy is eintlik besig met lewenslesse…

Wanneer jy dink jy praat oor Ford versus Ferrari, maar jy is eintlik besig met lewenslesse… deur Margaret Gardiner. Foto’s: Margaret Gardiner

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wanneer jy dink jy praat oor Ford versus Ferrari, maar jy is eintlik besig met lewenslesse …

By die Automative Museum in Los Angeles – ‘n fantastiese stuk argitektuur – vir my YouTube-onderhoude vir die fliek Ford v Ferarri.

Ford v Ferrari – oënskynlik ‘n fliek oor motorwedrenne, maar eintlik ‘n fliek oor vriendskap, vindingrykheid, die deursettingsvermoë om ‘n ding op die regte manier te doen en groot maatskappye wat floreer ten koste van die gewone outjie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Met ander woorde, dis ‘n fliek vir vandag wat ons herinner aan waardes wat verdwyn het en ‘n tyd waarin gierigheid ‘n aanvaarbare filosofie is. Dis temas wat ons ook al vanjaar in ander flieks gesien het.

Ford v Ferrari, met Christian Bale en Matt Damon as die breins en die spiere van ‘n span wat namens Ford probeer om Ferarri op die renbaan te klop. Die nimlike Caitriona Balfe van Outlander-faam speel die rol van Ken Miles se vrou. Ken is geniaal as dit kom by motors, maar het geen idee hoe om skuldeisers of sy belastingsake te hanteer nie.  Matt Damon is die voormalige renjaer wie se klein maatskappytjie deur Ford gebruik word om hul motors vinniger te maak.

Die dialoog is wonderlik, byna soos swaardgevegte, en wedrentonele wat nie net bestaan uit karre wat om en om ‘n baan jaag nie. Daar is ook ‘n skreeusnaakse geveg tussen die voormalige Batman (Bale) en Bourne (Damon). En my YouTube-onderhoud het Christian Bale sowaar aan die giggel gekry!

Margaret en Christian Bale. Foto: Magnus Sundholm vir die HFPA.
Wanneer jy dink jy praat oor Ford versus Ferrari, maar jy is eintlik besig met lewenslesse…

Toe ek die regisseur James Mangold in ‘n aparte YouTube-onderhoud uitgevra het, het hy my aan die giggel gehad toe hy (met byklanke!) beduie het hoe hy nié die resiesjaery wou uitbeeld nie. En hy vergelyk regie met die kuns van kosmaak.

In die onderhoud vir drukmedia het ek hom uitgevra oor sy besluit om Caitriona Balfe ‘n rol te gee. “Wat ek so lieflik vind van Caitriona se spel, is dat sy hom nie regtig vra om op te hou resies jaag of om aan te hou daarmee nie, maar dat sy bloot sê: vertel my wat jy voel. Ek wil net weet hoe jy voel. Ek dink dis so mooi, regtig die sleutel tot enige verhouding. Dis nie ‘doen wat ek sê nie’, dis net ‘vertel my wat jy dink’ – en sy doen dit so passievol en kragtig. Dis regtig ‘n lieflike toneel.”

Catriona Balfe

Ek het hiervan gehou. Mense is so dikwels behep met hulle siening van die wêreld. Hulle dwing hulle idee van waar jy is en wat jy behoort te doen en te dink, op jou af. En as jou ervaring van hulle idee van jou realiteit verskil, lei dit tot konflik, want hulle moet hul afleidings bevraagteken, en ook hulle idee van wie jy is. En as hulle verkeerd is oor jou motiewe en gevolgtrekkings – waaroor anders is hulle nog verkeerd? Dit kan vreesaanjaend wees.

So, eerder as om hulle afleidings in die oë te kyk, verwerp hulle die waarheid. Dit lei tot baie probleme in verhoudings, vriendskappe en in die werksplek. Om te leer om jou waarheid te wys en ander s’n te ontdek – en ook hulle weergawe daarvan te aanvaar – is nie maklik nie. Om dit wat reg is vir jou, te laat vaar, speel ‘n groot rol in hierdie fliek en beïnvloed ook die geskiedenis. Daar is ‘n groot dilemma aan die einde van die fliek, en die kyker word gedwing om homself te vra wat hy sou doen.

Margaret en Matt Damon Foto: Magnus Sundholm vir die HFPA.
Wanneer jy dink jy praat oor Ford versus Ferrari, maar jy is eintlik besig met lewenslesse…

In my YouTube-onderhoud gesels Matt Damon oor vriendskap en eerlikheid terwyl hy saam met sy jarelange vriend, Ben Affleck, gewerk het. Wanneer vertel mens ‘n “wit leuentjie” en wanneer antwoord jy eerlik? Wanneer neem jy iets persoonlik op, en wanneer weet jy dis net werk?

Al hierdie nuanses is deel van die alledaagse. As jy te veel na die een kant toe oorhel, het dit gevolge, sowel professioneel as persoonlik – en party van hierdie nagevolge word nooit by die naam genoem of erken nie. Terugskouend beoordeel, hierdie onderhoude gaan daaroor om die regte aanslag te kry – en dis waarvan ek die meeste hou van my werk.

Ek gaan in met die idee om te gesels oor ‘n fliek oor motorwedrenne, die korporatiewe wêreld en vriendskap, en stap uit met ‘n lewensles.

In elk geval, as jy Christian Bale wil sien lag, Matt Damon wil sien praat oor Ben Affleck en die regisseur in ‘n motortoneel wil sien, kyk na my YouTube-video.

En teken sommer in – dis gratis!

My onderhoud met James Mangold

My onderhoud met Christian Bale en Matt Damon

Volg gerus Margaret se blog vir rooi rose waar sy ons vertel oor haar interessante en besige lewe. Jy kan haar ook volg op Instagram, facebook, twitter en haar YouTube-kanaal waar sy met bekendes gesels – dis als gratis om haar te volg.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

9 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

15 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

16 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

16 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

16 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

16 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.