Dit is verbasend lig vanoggend toe ek my oë oopskroef. Deur skrefies bekyk ek die wekkerradio wat langs my bed staan. 6:32 staan daar in vermakerige rooi reghoekige syfers.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }O wee! O néé! Ek tel my selfoon op om te kyk hoekom die alarm nie 5:45 afgegaan het soos hy moes nie. Die foon het alweer in die middel van die nag besluit om sy stewels uit te skop en ander aan te trek – die dekselse ding het reboot. Wat beteken dat hy steeds geduldig met ’n helder wit skermpie vir my wag om die PIN-kode in te tik.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Blessitste BlackBerry. Ons is ’n driekwartier later as gewoonlik. En enige volbloed skoolma weet wat dit beteken: Die driekwartier vir vinnig deur die stort spring en hare was, beddens opmaak, sorg dat kinders alles aanhet wat hulle moet, Weetbix en vitamienpille voorsit, skoolkosblikkies pak en hare droogblaas is nou weg.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Gone with the wekker.
Ek swets binnesmonds, maar hard genoeg dat die slapende skone langs my die omvang van die vroegoggend krisis kan besef, en strompel na die eerste kinderkamer. Kwilt en komberse en kind word sommer so eenskoot van die bed afgetrek en daar word aangejaag badkamer toe en om te kom aantrek. Na ’n effense soektog na die skooltrui, is Ouboet reg aangetrek en Kleinsus se komberse vlieg saam met haar van die bed af.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Ek ignoreer haar gebruiklike “net nie alweer ’n JEAN nie. Ek HAAT jeans. Ek wil my feëtjierok aantrek!” en trek die gordyne oop. Dit stortreën buite en daar waai ’n wind soos net in die windfabriek op Woester gemaak kan word.
Ek hardloop terug hoofslaapkamer toe, gly op die teëls in die deurkosyn vas, maar daar is nie nou tyd vir ’n verminkte kleintoontjie nie. Die wekker wys dit is al 6:49. Gewoonlik die tyd wat ek ’n sluk koffie vat so tussendeur die kinders se veters en my eie hare droogblaas. Maar, vandag is daar nie tyd vir koffie, veters of hare droogblaas nie. Ek gryp vir myself ’n jean – het drie dekades gelede gelukkig reeds afgesien van feëtjierokke op winderige dae – en ons laat spaander by die trap af.
Terwyl die Weetbix in die mikrogolfoond warm word, plak ek vir elkeen ’n piesang en handvol kersietamaties in hulle kosblikke en sien dat die sap vir hulle skoolbottels op is en ek dus ’n keuse het van wyn of water in die yskas. Ek besluit op laasgenoemde – onder groot protes, want water op ’n reënerige dag is glo “nie cool nie”. “Nee,” snip ek terug, “Water is nie koel nie, dis koud. En dis gesond. Só.”
My oog vang die horlosie teen die muur. Gelukkig is hy 8 minute voor, so dis nou eers 7:00. Manlief groetsoen my en die kinders in die verbydraf en ek dink so by my half-histeriese, erg iesegrimmige self dat dit darem maar lekkerder is om ’n pappa te wees wat soggens net vir homself hoef te sorg. Maar, daar is nie nou tyd vir mor oor moederskap nie.
Toe val ’n effense bommetjie met ’n skril seuntjiestem: “Mamma, ek het nou net onthou dis vandag civvies-dag! Ons moet R3 vat en dan kan ons gewone klere aantrek!” Ek gaap hom ’n oomblik oopmond aan – so dís hoekom die skooltrui vanoggend nie op die hopie klere gelê het wat ek gisteraand so sorgvuldig reggesit het vir civvies-dag nie… Ek het vanoggend skoon vergeet. Ek jaag hom weer op met die trap en hy bring sy hopie gewone klere ewe vinnig af met die trap.
Hy sal maar noodgedwonge die nie-civilized ding moet doen en sy civvies in die motor op pad skool toe aantrek.
Dit is 7:10 toe ons skooltasse, vegetariese kosblikke, tennisrakette, hokkiestokke, civvies en al by die kombuisdeur uitstorm. Ons kan dálk nog betyds wees.
Dog ek. Toe my oog die motorhorlosie vang, sien ek dit is reeds 7:20 en dus ’n minuut voor die eerste klok lui om aan te tree in rye. Nog nooit vantevore kon ek daarin slaag om die rit skool toe in minder as 8 minute af te lê nie – en dit was buite skoolverkeer. Watwou nog in die reën in spitstyd. En ek onthou dat ek die naweek om een of ander absurde rede besluit het om die kombuishorlosie reg te stel.
Ek kalmeer effens tot op die vlak van gelate aanvaarding dat die koeël deur die kerk – of dan nou die skoolklok – is. Vanoggend is ons laat, dis nou maar so.
7:25 toe die tweede skoolklok al aan die anderkant van die dorp lui, trek ons darem al halfpad en ons stop netjies saam met die 7:30 kerkklok se geklingel voor die skool.
Vlieg weer tasse en al by die motordeure uit en draf al groetende soos ’n pakdonkie-propvol-energie saam met die twee na hulle onderskeie klaskamers. Waai nog half skaapagtig vir die skoolhoof wat verbystap en seker gesien het dat die Genade-kroos vandag vyf en ’n half minute laat is vir skool.
Met albei kinders veilig in die hande van hulle juffroue, slaak ek ’n uitasem sug van verligting en koes vir ’n modderplas.
En kyk af op my bene en voete – nog baie knus geklee in my purperpers slaapbroek en helderblou pantoffels.
Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…
Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…
Het jy geweet jou baba of peuter moet letterlik leer om sintuiglike inligting te filtreer…
Genoeg vir 6 Bestanddele 625 ml (2½ k) tee-en-vrugtesap 30 ml (2 e) gelatienpoeier…
Buiten vir sy uitsonderlike talent as musikant en liedjieskrywer, is Len Muller ook bekend as…
Hierdie webwerf gebruik koekies.