Serves:Genoeg vir 6-8Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Meng al die slaaibestanddele in ’n groot bak en verdeel in klein, weggooibare bamboesbakkies - kraakvars, smullekker en maklik verby.
2 hoenderborsies, oopgevlek
5 ml gekapte knoffel
5 ml heuning
15 ml olyfolie
30 ml botter vir braai
2 groen appels, in dun ringe gesny. Sprinkel suurlemoensap oor sodat dit nie verkleur nie
2 selderystokkies, met ’n groenteskiller in dun repies gesny en in yswater laat lê om op te krul
80 ml okkerneute, liggies gerooster en ruweg gekap
’n hand vol jong kruie- en slaaiblaartjies, gewas
6 lappies pancetta of strepiespek, in die oond gerooster tot bros
Instructions
Slaaisous
1 Meng 125 ml suurroom, 10 ml witwynasyn en 10 ml korrelmosterd. 2 Geur met sout. 3 Kap ’n hand vol Italiaanse pietersielie en voeg by.
1 Meng die knoffel, heuning en olyfolie en vryf oor die hoender-borsies. 2 Verhit ’n pan oor matige hitte en braai die hoender vir 5 min. aan ’n kant tot goudbruin en gaar. 3 Haal uit en laat afkoel. 4 Meng die res van die slaaibestanddele in ’n groot bak. 5 Trek die hoender met jou vingers in repies en meng ook deur die slaai. 6 Skep porsies slaai in klein bakkies en sit ’n klein vurkie in elke bakkie. 7 Skep laastens ’n skeppie van die sous op elke slaaitjie en tooi met ’n stukkie bros pancetta.