Waldorf-slaaitjies in bakkies
Serves: Genoeg vir 6-8
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Meng al die slaaibestanddele in ’n groot bak en verdeel in klein, weggooibare bamboesbakkies - kraakvars, smullekker en maklik verby.
- 2 hoenderborsies, oopgevlek
- 5 ml gekapte knoffel
- 5 ml heuning
- 15 ml olyfolie
- 30 ml botter vir braai
- 2 groen appels, in dun ringe gesny. Sprinkel suurlemoensap oor sodat dit nie verkleur nie
- 2 selderystokkies, met ’n groenteskiller in dun repies gesny en in yswater laat lê om op te krul
- 80 ml okkerneute, liggies gerooster en ruweg gekap
- ’n hand vol jong kruie- en slaaiblaartjies, gewas
- 6 lappies pancetta of strepiespek, in die oond gerooster tot bros
Instructions
Slaaisous
1 Meng 125 ml suurroom, 10 ml witwynasyn en 10 ml korrelmosterd.
2 Geur met sout.
3 Kap ’n hand vol Italiaanse pietersielie en voeg by.
1 Meng die knoffel, heuning en olyfolie en vryf oor die hoender-borsies.
2 Verhit ’n pan oor matige hitte en braai die hoender vir 5 min. aan ’n kant tot goudbruin en gaar.
3 Haal uit en laat afkoel.
4 Meng die res van die slaaibestanddele in ’n groot bak.
5 Trek die hoender met jou vingers in repies en meng ook deur die slaai.
6 Skep porsies slaai in klein bakkies en sit ’n klein vurkie in elke bakkie.
7 Skep laastens ’n skeppie van die sous op elke slaaitjie en tooi met ’n stukkie bros pancetta.
Rooi Rose
Lees Meer
Geroosterde aartappel-en-spek-slaai
19/12/2024
Gevulde soetrissieslaai
18/12/2024
Spogspyskaart vir Kersfees
18/12/2024