kategorieë: VegetariesKos

Waatlemoen-pizza met gebraaide feta

Waatlemoen-pizza met gebraaide feta deur Vickie de Beer. Foto: Charles Russel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Genoeg vir vier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • 400 g (4 ringe) fetakaas, met kombuispapier drooggeklad
  • 60 ml (¼ k) olyfolie
  • 12 lekker vet kersietamaties, in kwarte gesny
  • 2 jalapeño-rissies, in dun ringetjies gesny
  • 1 rooi-ui, geskil en in dun ringe gesny
  • 4 dik gesnyde, ronde skywe van ’n ryp waatlemoen
  • 8 klein (baba) komkommers op die skuinste in die lengte deurgesny
  • 60 ml (4 e) olyfolie
  • 30 ml (2 e) balsemiekasyn
  • gemaalde swartpeper

Metode

  1. Sny die fetaskywe middeldeur en verhit die olie in ’n kleefwerende pan.
  2. Pak die waatlemoenskywe op 4 opdienborde uit en sny soos ’n pizza in skywe.
  3. Braai die fetaskywe in sarsies in die warm olie. Moenie die feta te gou omdraai nie. Die kaas smelt eers voor dit bruin word, en as jy te haastig is met die omdraaislag, breek dit en word nie bruin nie. Verlaag die hitte as die feta te vinnig donker braai.
  4. Lig met ’n gaatjieslepel uit die olie en dreineer op handdoekpapier.
  5. Sprinkel al die ander bestanddele oor die waatlemoen saam met die olyfolie en balsemiekasyn. Maal die swartpeper oor.
  6. Pak die warm fetaskywe op die slaai en sit dadelik voor.
Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Skuinskoek

Genoeg vir 8   Bestanddele   625 ml (2½ k) koekmeel 125 ml (½ k)…

20 hours Gelede

Vinnige Peppermint Crisp-tert

Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…

21 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Anton Goosen oor die verloop van tyd en sy nuwe musiek

Die Liedjieboer Anton Goosen is terug met ’n storie wat die hart tref. Anton, een…

22 hours Gelede

Die beste wenke om jou huis en lewe uit te sorteer

Die voordele wat ontklottering vir ons inhou, word wyd besing. Om te ontklotter beteken nie…

1 day Gelede

9 tekens wat wys jy is dower as wat jy dink

Dink gou oor hierdie vraag: Moet jy mense sien om hulle te kan hoor? Dan…

1 day Gelede

Bak op vuur? ‘Kokkedoor’-wenspan deel hul wenresep

  Dit was die woorde waarmee glanssjef Bertus Basson die deelnemers aan vanjaar se naelbyt-seisoen…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.