kategorieë: Blogs

Waarheen swaai jy?

Daar hang hy – die binnebandswaai. Nie eens ‘n regte een nie, net in ‘n prentjie. Onmiddellik kry ek kleintyd se stofreuk, voel ek die rubberkromming onder my maag, en vreet die grond my kaal voete wanneer ek tot stilstand skuur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ek onthou hoe ek my op ‘n plankswaai kon opdraai totdat die toue so kort was dat hulle skaars kon asem kry. Met die losdraaislag het die wêreld in ‘n waas van kleur om my geswiep en áltyd te gou tot stilstand gekom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wie onthou nie die benoude gevoel as jy en jou maatjie te rof op ‘n tweesitplekswaai met ‘n metaalraam tekere gaan en die ding dreig om om te slaan nie?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Grootmense wat nie meer erg het aan ‘n swaai nie, bedink soms ander planne. Hulle word sweefstokartieste in ‘n sirkus, of dryf geruisloos boontoe in ‘n skistoeltjie teen ‘n sneeuwit berg se hang.

Toe ek 21 was, is my pa vir sake oorsee. Hy het nie teruggekom nie; die vliegtuig waarin hy was, het neergestort.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek wonder steeds wat sy ervaring was. Was dit ‘n angswekkende vryval, of het ‘n onverklaarbare vrede sy val gebreek?

Soms kyk ek na die foto van my pa as ‘n witkopseuntjie, die ogies die ene lewenslus. En na die bon voyage-kaartjie wat ek vir hom gegee het voor sy vertrek op sy laaste reis; een met ‘n prentjie van ‘n blondekuifkind wat tussen die sterre skoppelmaai.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

17 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

18 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

19 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

20 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

22 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.