kategorieë: Ontspanning

Waardige grondbaron op Groot Phesantekraal gehuldig

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

‘n Geskiedkundige geleentheid op Groot Phesantekraal buite Durbanville verleen ekstra glorie aan Durbanville se 200ste herdenking wat vandeesweek begin het en die res van die jaar gevier word. ‘n Blou erfenis gedenkplaat is teen die restaurantmuur onthul om Anna de Koning te huldig.

Anna de Koning was Suid-Afrika se eerste vroulike grondbarones van kleur. Sy het Groot Phesantekraal besit, jare nadat sy as slaaf aan die Kaap aangekom het. Sy is iewers tussen 1656 en 1661 in Batavia (Jakarta, Indonesië) gebore.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Haar skets pryk al vir 11 jaar op die Anna de Koning Chenin Blanc etiket, maar sedert 8 April het sy amptelike erfenisstatus op die plaas.

Anna de Koning pryk die afgelope 11 jaar op die Anna de Koning Chenin Blanc.

Die plaatjie is agter ‘n klein gordyntjie weggesteek voor dit deur die huidige eienaars van die plaas, André (Oubaas) Brink en sy vrou, Ronelle en Ian Pretorius, voorsitter van die Kaapstad Erfenisstigting, onthul is.

Nadat die plaat onthul is, gaan ons vir die eerste maal die heerlike streekskos van sjef Germaine Esau geniet. Een van die disse wat hy vir die vieringsmaand gekies het, is lam-afval met rys. Van die ander disse bring ook hulde aan die streek se ryk erfenis.

Heerlike tuisgebakte brood sodos ouma dit gemaak het.
Die dubbel-gebakte kaassouffle met appel, organiese pekanneute en bitterblare is met die Groot Phesantekraal Anna de Koning Chenin Blanc bedien.
Die lam-afval met confit aartappel, krakerige uie en komyn Basmatirys is met die Groot Phesantekraal Pinotage bedien.
Die seisoenale Pavlova met geposjeerde koejawel en gemmerroomys is met die Groot Phesantekraal Noble Late Harvest bedien.

Ian wens die Brinks geluk met hul erfenis-bewaring en vertel dat die blou gedenkplaatskema in 1866 in Londen ontstaan het. Vandag is dit wêreldbekend.

Op die plaat voor die restaurant staan: “Anna de Koning – het aan die Kaap arriveer as dogter van die slavin Angela van Bengal, wat in 1666 bevry is. Anna het Olof Bergh – die voorvaders van die Bergh-familie getrou. Ongewoon vir die tyd, bestaan daar ‘n dubelportret van die paartjie. Anna het Olof se hele rykdom, waaronder Groot Phesantekraal, in 1724 geërf.”

Ian Pretorius, voorsitter van die Kaapstad Erfenisstigting en André (Oubaas) Brink, vierde geslag en huidige eienaar van die plaas.
Voor die plaatjie staan die huidige eienaars van die plaas, André (Oubaas) Brink en sy vrou, Ronelle.

Groot Phesantekraal is sedert 1897 in die Brink-familie en erfenis is van groot belang. Die plaas dateer uit 1698 en het ‘n groot erfenis-opknapping gehad. Vandag huisves die ou muil- en perdestalle die gesellige restaurant en die proelokaal spog met handgeverfde teëls wat hulde bring aan die Kaap-Hollandse erfenis van die plaas. Die sesde geslag Brinks loop reeds hier op die plaas rond.

Benewens die gedenkplaat, is Anna de Koning vereer met haar eie Chenin Blanc wyn, die plaas se witwyn-vlagskip. Die plaas se bekroonde wynmaker, Richard Schroeder, skink vir ons elkeen ‘n glas van die Anna de Koning Reserve Chenin Blanc om die geleentheid te vier.

Anna was die dogter van die slavin bekend as Angela van Bengal van die Gangesdelta in Indië en moontlik François de Koninck (de Coninck) van Gent, nou deel van België. Daar is uit sommige rekords afgelei dat sy saam met haar ma deel uitgemaak het van die huishouding van die Kaap se eerste Oos-Indiese bevelvoerder, Jan van Riebeeck.

“Sy het in 1678 met Bergh, ‘n Sweedse ontdekkingsreisiger en amptenaar van die Nederlandse Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC), getrou. Hy het ‘n aansienlike fortuin bymekaar gemaak. Al het hy langs die pad verskeie terugslae gely, het sy dit verduur en deurgaans aan sy sy gebly.”

Ronelle Brink (vierde geslag Brinks saam met haar man, Oubaas), klink ‘n glasie met Maryna Calow van WoSA.
Natasha de Villiers (Durbanville Wynvallei voorsitter), Johann Theron (Groot Phesantekraal handelsmerk-ambassadeur) en Richard Schroeder, wynmaker.

Die vlagskip Anna de Koning Chenin Blanc, kan tydens die spesiale Durbanville tweehonderdjarige vieringe tot 10 April by die plaas geproe word. Om die herdenking te vier, sal die plaas tot 21:00 oop bly, en besoekers verwelkom vir proeë en etes.

Richard vertel: “Wynliefhebbers kan ‘n heildronk op die merkwaardige Anna kom drink,  wanneer die huidige oesjaar van die Anna de Koning Chenin Blanc op vanjaar se #DrinkChenin-dag in Junie, op die plaas te proe is. Die druiwe kom uit  wingerde wat in Malmesbury-skalie groei, bo-op ‘n mengsel van klei- en ystergrond. Dis ons vlagskip en daar is ‘n beperkte hoeveelheid bottels beskikbaar. Die wyn staan uit vir sy ryk en gekonsentreerde, heuning- en sitrusgeure, maar elegante profiel en verfrissende balans.”

Lees ook: WEN twee boeke vol liefde en gevaar!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Voel jou tiener eensaam?

Al meer tieners en jong volwassenes erken hulle is eensaam. Waarop moet ouers bedag wees?

2 days Gelede

Spaanse chorizo-pasta

Genoeg vir 6.   Bestanddele   15 ml (1 e) olyfolie 100 g repiesspek, in…

2 days Gelede

6 dinge wat jy nou in jou tuin moet doen om voor te berei vir die winter

Ons het by Julie van Deventer van Stilbaai se Busy Lizzie tuinbouklub gaan kers opsteek.

2 days Gelede

ontbytSAKE vier 25 jaar!

Suid-Afrika se geliefde sake- en kuierprogram, ontbytSAKE, het op 7 April ’n kwarteeu op die…

2 days Gelede

Nuwe dokumentêre kykNET-reeks oor die geskiedenis van Afrikaans gaan jou nuwe oë en ore gee

Almal wat Afrikaans praat, ken ’n storie oor waar hulle en die taal vandaan kom,…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nadia Beukes oor haar eerste rol as regisseur in nuwe teaterproduksie

Nadia Beukes, wat bekend vir haar veelsydige loopbaan as aktrise, stemkunstenaar en televisie-aanbieder is, het…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.