Dié skildery genaamd, Arab in Black,was in 1939 deur die Suid-Afrikaanse kunstenaar, Irma Stern, geskilder en die verkope daarvan was gebruik om wyle oudpresident Nelson Mandela se regskostes te help dek. Dié skildery was in die laat 50’s deur versamelaar, Betty Suzman, aan ’n liefdadigheidsveiling geskenk om fondse hiervoor in te samel.
Die kunswerk was deur Hannah O’Leary, ’n spesialis van die Bonhams veilinghuis wat in Suid-Afrikaanse kuns spesialiseer, tydens ’n waardasie besoek aan die betrokke woonstel, erken.
Die pragtig versierde raam waarin die kunswerk geplaas was, is opsigself ’n skaars en waardevolle voorwerp. Dit is van antieke deure vanuit Zanzibar gemaak, waarvan dié hout tans nie meer uitgevoer word nie.
Die skildery sal by Bonhams se veiling van Suid-Afrikaanse kuns op 9 September in Londen verkoop word.