Wenke
- Kies eerder blindings as gordyne.
- Sorg vir ’n wasbare vloeroppervlak.
- Dubbel-bankbeddens is deel van die avontuur.
- Genoeg vloerspasie om treine uit te pak en motorresies te hou.
- Sy kamer is deel van sy identiteit, nie joune nie.
- Kies eenvoudige soliede meubels en hou dit min.
- Vermy karakter-temas en gee so die kamer ’n langer leeftyd.
- Indien jou kind ’n superheld-aanhanger is, kan jy die tema implementeer sonder om die spasie te oorweldig met oordadige gebruik.

As daar spasie is, is dit ‘n baie oulike idee vir ‘n seun se kamer.

Gee vrye teuels aan jou verbeelding en maak die kamer tydloos.