Gerookte sout, vleis en selfs botter en kaas is deesdae volop op die winkelrakke en restaurantspyskaarte. Deur alle eeue is rook gebruik om kos te geur, gaar te maak of te preserveer.
Smeulende hout, teestokkies of enige ander geurige materiaal wat kan brand, word vir die doel gebruik.
Sampioene se hoë voginhoud maak hulle ideaal vir rook.
– Pak soos ons ’n hand vol eksotiese sampioene oor ’n smeulende pan teestokkies, maak liggies met foelie toe en rook vir 3 minute.
– Gerookte sampioene gee ’n dieper geur aan jou sampioenroomsous.