Dit is die skoolvakansiedag voor Jeugdag. ’n Dag wat seker bedoel is vir ons oumense om asem te skep en uit te rus om môre saam met die jonges te vier, maar vanweë ’n stryende jongspan wat weens ’n stormwind binneshuis moet bly, het dit juis die teenoorgestelde effek.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Dit lyk asof die Lego-fabriek op my sitkamermat ontplof het. ’n Nare affêre wat ek net op ’n afstand gadeslaan. Om in dié koue selfs met ’n wolsokkievoet ’n Lego-blokkie raak te trap, is amper so pynlik soos die vroegopstaan na ’n langnaweek.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Daar lê ’n paar leë Lego- en namaakselblokkiebokse op die kombuistafel. My oog vang die vetgedrukte skrif op een se sykant: “Content not suitable for children.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Skuus? Nou vir wíé is die inhoud dan geskik om mee te speel?
Ek besluit om ’n paar ander waarskuwingsetikette in my huis van nader te beskou:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }• Op die strykyster se boks staan: “Never iron clothes on the body”. Eerder gekreukel as om brandwonde op te doen, ja. Maar, ek het self al op hierdie manier ’n letsel opgedoen kort voor my troue. As mens hou van laatslaap en dan boonop ’n innige verhouding met jou wekker se snoes-knoppie het, kan dit gebeur dat mens ’n halfuur voor ’n groot vergadering wakker skrik en gou ’n paar kreukels uit jou werkshempie se voorpante probeer kry nádat jy dit aangetrek het. Om tyd te bespaar, sien?
• ’n Oosterse kombuismes se omhulsel verklaar filantropies: “Keep out of children.” Vir daardie dae wat die hoeveelste “Maar, Mamma…!” sy tol eis?
• Op die kinderhoestroop: “Moenie na gebruik motor bestuur of met swaar masjienerie werk nie.” Boeta, Mamma gaan eers jou Hot Wheels-karretjies bêre tot jou hoes opgeklaar is, hoor?
• Op ’n 1 000 stuk-legkaart: “Loose parts. Some assembly acquired.” Haal hulle nou ámper die pret uit legkaartbou!
• Op die kartonomhulsel om pizzadeeg: “Remove box before putting topping on.” Tot tyd en wyl iemand die kartondieet uitvind én gewig verloor, is hierdie raad seker smaakvol.
• Op die feëtjieliggies waarmee die huis oor die feestyd versier word, se boks staan: “For indoor or outdoor use only.” Dalk is daar in Feëtjieland ’n ander plek as binne en buite?
• My seuntjie se superheldpak se verpakking haal die wind skoon uit ’n klein superheld se aspirasies: “Wearing this cape will not enable you to fly.”
• ’n Mens kan seker gerus wees dat jy darem nie ’n kat in die sak gekoop het nie as die pakkie blitsige vuuraanstekers noem dat die inhoud “Vlambaar” is?
Die lys gaan skynbaar aan en aan en ’n mens se oë is naderhand seer gerol. Maar, as jou paranoiameter soos myne in elk geval pal in die rooi is, waardeer mens enigiets of –iemand wat veiligheid verkondig.
Daar is immers ’n rede hoekom dié tipe etikette van belang geraak het. Party potlode het té min lood en moet eenvoudig voorgeskryf word.
Dalk moet ons die Amerikaners bedank wat gesorg het dat daar vir elke moontlike menslike fiasko ’n hofsaak en miljoendollar-eis, en daarna ’n voorkomende waarskuwing gevolg het.
Die stigter van die bekroonde webwerf www.DarwinAwards.com, Wendy Northcutt, versamel al sedert 1993 inligting oor voorvalle en ongelukke wat, soos sy dit stel “show(s) us anew how uncommon common sense can be.”
Die naam van dié Darwin-toekennings is afgelei van Charles Darwin, die vader van evolusie, wat die oorlewing van die sterkstes onderskryf. Diegene wat met ’n Darwin-toekenning beloon word, ontvang dit dus post humus, dit wil sê nadat hulle hulself op uitermate idiotiese manier uit die genepoel verwyder het.
Tot die Spesie Stommerik uitgesterf het en die genepoel dus glashelder is, sal vervaardigers waarskuwings moet aanbring om diegene wat nie vir hulself kan dink nie, te help oorleef.
Intussen moet ons net onthou om die messe uit die kinders te hou en nie met Superman se mantel op die motorhuis se dak te speel nie.
Deur Rentia Mynhardt. Foto’s: Verskaf Om ma en dogter op papier te wees is…
Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…
Deur Mariette Snyman “Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die…
Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier! Modern 14 F13MG Kleinhandelaar:…
Foto's: Instagram/Bernice West Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…
Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.