kategorieë: Blogs

Waag daai kans!

So bevind ek my hierdie week op pad na Nederland. Daar waar Willem-Alexander en sy skone Máxima as Koning en Koningin van Oranje pas die leisels by Moeder Beatrix oorgeneem het.
Met my aankoms die oggend ná die groot gebeurtenis is koerante en tydskrifte is vol pragfoto’s van die “troonswisseling”. Geen steen is onaangeroer gelaat nie. En in die welbekende kruidenierswinkel Albert Heijn in Groningnen, Noord-Holland, waar ek my bevind is alles oranje – tot my geliefde stroopwafels is in oranje te koop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Op die rak lê skinderblaaie vergeel en vergete, vol foto’s en stories wat geen stukkie van die nuwe koningspaar se lewe in die aanloop tot die groot dag ongemerk laat verbygaan het nie: Wat Beatrix verbied, Alexander se sexappeal en selfs ‘n storie oor Máxima se sus en haar stryd teen anoreksie. Die hopie vergete tydskrifte bewys vandag maak die skinder nie meer saak nie. Nou is die oë op die pad vorentoe en die hoop wat die nuwe koning vir sy land en sy mense uitspreek.
Ek dink as jy ‘n nuwe reis aanpak soos Willem-Alexander sy en Máxima, moet dit só wees. Vriend en vyand staan agter hul nuwe koningspaar. Met arendsoë en groot afwagting word hulle dopgehou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In besigheid gebeur dieselfde. Daar word van jou verwag om nuwe perde op te saal. ‘n Nuwe koers in te slaan. ‘n Nuwe reis te onderneem. Jy word fyn dopgehou, kritiek word gelewer, elke stukkie van jou pad geanaliseer.
Die kuns, dink ek, is om jou juis dan koninklik te gedra. As die geleentheid jou hart vinniger laat klop en die avontuurlus in jou wakker maak dan móét jy luister. Jou paadjie stadig en statig stap met jou kop omhoog, gefokus op dít wat jy wil bereik.
Willem-Alexander en Máxima se taak is om dít waarvoor die koningshuis staan met nuwe energie te bestuur en bewaar. En ek? Jy? Ons taak is om elke kans – of dit nou ‘n sake-geleentheid, ‘n nuwe manier van doen of ‘n verhouding met onbekende moontlikhede is – met entoesiasme aan te gryp.
Wie weet wat wag? ‘n Kroon? ‘n Kruis? Dis die reis, die vryheid van die avontuur. Dít is wat tel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tot volgende week,
Marí

www.incontext.co.za

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Fluit-fluit, dié deelnemers se storie is uit…

In vandeesweek se episode het glanssjef Bertus Basson en koskenner Kobus Botha met nog ’n…

10 hours Gelede

Bruintjie-kolwyntjies

Hierdie bruintjie-kolwyntjie-resep is baie maklik en regtig smullekker! Deur Vickie de Beer

19 hours Gelede

Twee karakters, een aktrise: Sandi Schultz se mees uitdagende rol tot nou toe

Sandi Schultz verras weer in Diepe Waters (kykNET, DStv kanaal 144), maar dié keer as…

2 days Gelede

Romerige hoenderlasagne

Deur Vickie de Beer. Foto deur CRPhotographic

2 days Gelede

Rob Hersov op ‘Laataand by Rian’: “Raak van sosialistiese- en rasgedrewe wetgewing ontslae”

Rob Hersov is vir sommige ’n held, en vir ander ’n omstrede figuur as gevolg…

2 days Gelede

Schané Fouché: Skoonheid wat straal

Deur Maretha Botes. Foto’s: Hanneri de Wet           Wanneer Schané Fouché (32) haar hare…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.