Hier is ons topvyf wenke om elke dag meer water te drink!
- Maak dit interessant – Voeg ’n paar skyfies suurlemoen, komkommer of aarbeie by jou water. Dit gee water ’n verfrissende smaak en sal jou motiveer om daagliks 8 glase water te drink. Die beste van alles, dis ook ’n goeie nierreiniger!
- Hou ’n waterbottel langs jou – Sit elke dag ’n bottel water langs jou lessenaar by die werk of tuiskantoor neer (gooi sommer ’n paar kruisementblaartjies by). Sê vir jouself jy mag nie opstaan om tee of koffie te maak voor die bottel nie leeg is nie.
- Begin jou dag met water – Maak seker dat jy ten minste een 750 ml-bottel water drink voordat jy soggens by die huis uitstap, so begin jy jou dag gehidreer. Hou ook ’n botteltjie water in die kar vir wanneer jy in verkeer sit.
- Stel die alarm – Somtyds raak ’n mens se dag vinnig besig en voor jy jou oë uitvee, is vier ure verby sonder dat jy eens een glas water gedrink het. Stel jou selfoon se alarm vir elke twee uur en drink dan elke keer twee glase water.
- Drink uit glas – Gooi water in ’n glasbottel en hou dit by jou. Die glas help om die water koel te maak in die yskas en dit bly koud. Water in glas proe ook soveel beter!
Lees ook: Alles wat jy van dehidrasie moet weet