kategorieë: Blogs

Vyf weke

Ek sit met my bestralingsprogram in my hand. Vir die volgende nege-en-twintig dae is ek die radiologie-afdeling s’n. My sessie is elke dag op ’n ander tyd, maar dit beteken hoegenaamd nie dat dit wel op die gestipuleerde tyd sal plaasvind nie. Die masjien (ek doop haar Ziggy) is die baas. En Ziggy, vind ek uit, is baie temperamenteel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Reg in die middel van die wagarea is ’n groot naaldwerkmandjie met breinaalde, wol, en breiprojekte in wisselende grade van vordering. Daar is ’n bordjie wat pasiënte uitnooi om aan te gaan met die breiwerk waar die pasiënte voor hulle opgehou het. Die stukke breiwerk word verander in komberse en dies meer. Dié word dan vir behoeftiges geskenk. Briljante idee. Daar is ook ’n koffiestasie, ’n boekrak vol boeke en ‘n hele spul tydskrifte.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die rede vir al hierdie vorme van afleiding word op die eerste dag al duidelik. Ziggy het (weer) gebreek. Sy is nie die soort masjien wat noodwendig ’n man in ’n oorpak benodig wanneer sy besluit om te staak nie. Daar word van iewers oorkant die waters ingeskakel op haar elektroniese binnegoed en die slim mense daar maak haar dan reg oor ’n afstand van derduisende kilometers. Sy is nie sommer net ’n gewone masjien nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Toe ek by die wagkamer instap op daardie eerste dag van bestraling, het byna elke stoel ’n pasiënt op. ’n Paar vroue sit en brei terwyl hulle met mekaar gesels, ander lees en sommige pasiënte is doenig met boodskappe op hul selfone. Dis nou ten spyte van die talle bordjies wat mens inlig dat selfone nie toegelaat word nie. Na omtrent vyftien minute se wag, haal ek my selfoon uit my handsak en ek beantwoord die boodskappe en e-posse waarvoor ek gewoonlik nie tyd kry nie. Ek kan nie meer onthou hoe om te brei nie.

Uiteindelik is daar beweging. Pasiënte se name word een na die ander uitgeroep. Ek bêre maar weer my selfoon en sit en wag vir my beurt terwyl my kop by die spul werk is wat ek nog moet afhandel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Na nog ’n halfuur word my naam geroep. In hierdie afdeling is daar ’n definitiewe worsmasjiengevoel. Mens stap in ’n lang, donker gang af en gaan sit halfpad na die bunker op ’n stoel en wag. Regoor die stoel is ’n kennisgewingbord met die afdeling se reëls en regulasies, maar daar is ook motiverende frases en advertensies van geleenthede met kanker as fokus tussen-in gedruk. Sodra die pasiënt wat voor jou was by jou verbystap terug na die wagkamer se kant toe, moet jy opstaan, by die bunker ingaan, uittrek en op Ziggy se bed gaan lê. Ná agt maande waarin ek voor vreemdes moet ontklee, is ek nog steeds nie daaraan gewoond nie. Die skamele handoekie waarmee mens jou skaamte moet bedek, voel piepklein. My gesonde verstand vertel my dat die personeel my lyf nie eens raaksien nie, dat dosyne lywe met geamputeerde borste dag na dag na dag by die bunker in-en-uit paradeer, maar nogtans. Ek was nog altyd meer skugter as die gewone vrou oor kaal wees voor vreemdes.

Die soort kanker wat mens het, sowel as die graad daarvan, bepaal hoe lank die bestraling duur. Sommige pasiënte is woerts-warts in en uit by die bunker, ander bly ’n rukkie langer in Ziggy se geselskap. Vir my is dit vyftien minute. Dit neem omtrent drie minute om uit te trek, vyf minute om so rondgemaneuver te word dat Ziggy die regte plekke zap en dan die eintlike behandeling. Almal verlaat die bunker, so dit is net jy en Ziggy wat mekaar geselskap hou. Ziggy sê ZZZZZZ en GRRRRR en zap elke mikroskopiese kankersel wat wintie genoeg was om chemo te oorleef.

Ek maak my oë toe en visualiseer hoe die selletjies kook. Mens kan aan die slaap raak hier in Ziggy se arms, dink ek.

En toe slaap ek.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

38 mins Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

51 mins Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

2 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

2 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

5 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

5 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.