kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf vrae aan Casper de Vries

Casper de Vries neem deel aan Comedy Central se reeks, Famous Last Words, waar komediante en plaaslike bekendes in spanne opgedeel word en sekere take moet uitvoer –  met skreeusnaakse resultate. Casper en ProVerb se verskyning sal op 4 September 2017 om 21h00 op Comedy Central uitgesaai word. Ons het met Casper gesels om te hoor oor dié ervaring en hoekom humor so belangrik is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jy verskyn eersdaags op Famous Last Words saam met ProVerb. Hy leer jou kletsrym en jy leer hom hoe om standup comedy te doen. Wat het julle by mekaar geleer?

Dis die eerste keer dat ons langer as ses sinne met mekaar kon praat en dit was duidelik hoe baie ons ooreenstem met dinge – hoe eenders ons is. ProVerb is ’n gentleman en ek is ’n gomtor, maar as ons die lae van die ui moet afskil sou ek sê dat albei van ons in ons talent en professionaliteit glo.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat dink jy is die belangrikste eienskap van ’n komediant?

Ob-jek-ti-wi-teit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoekom, dink jy, is komedie belangrik en hoekom hou mense daarvan?

Onder al ons mede-diere is humor iets wat ons as mens tot ’n intelligente manier van reaksie op dinge kon ontwikkel. Humor is negatief! ’n Mens lag nie vir iemand wat nie oor ’n piesangskil gly nie, maar jy lag wel vir iemand wat op ’n piesangskil gly. Dit is negatief; maar dit is in essensie daardie ding wat ons altyd preek en wat baie min mense eintlik kan regkry. Dit is om in ’n spieël te kan kyk en vir jouself te kan lag.

Jy spot gereeld met taboes. Is daar iets waaroor jy baie ernstig voel? Of dink jy ’n mens moet kan lag oor die ernstige goed?

Danksy die onmiddellike blootstelling wat ons van oral kry, en danksy iets soos die internet of televisie, sien ons die reaksie van verskillende nasies, kulture en denkwyses op ’n gespot van sogenaamde taboes. Dis ’n baie belangrike rol wat ’n ernstige komediant moet vervul en dit hang natuurlik af of sy gehoor volwasse en ontwikkeld genoeg is om daarop te reageer deur daaroor te lag; deur oor waarnemings wat taboe is van die mensdom te lag. Ek dink die komediant wys juis dat alles wat taboe is in die wêreld uitgedink is deur mense. Vat byvoorbeeld nou vloek. Hier skep jy woorde self – dit het nie uit die lug geval nie! Jy as ’n volk, as ’n taal, skep woorde waarvoor jy dan onmiddellik sê, “Nee, ons kan dit nie gebruik nie. Kom ons sit dit eenkant, maar ons het dit self ontwikkel.” [Lag]. Dit is hoe absurd dit later raak as ’n mens ingaan op dit wat vir mense so verskriklik heilig is en ek geniet dit ontsettend baie om sulke dinge te ontleed en daarna te kyk uit verskillende hoeke.

Om ’n komediant en bekend te wees gee jou die geleentheid om ander mense aan te vat oor hul sienings. Maar as openbare figuur is jy ook blootgestel aan mense wat jou aanval. Jy is nie bang om oor jou seksualiteit en sieninge te praat nie: op twitter sê jy: “This is MY life after all!” Jy hanteer diegene wat jou aanval oor wie jy is of wat jy sê op ’n slim manier en met goeie humor. Watter raad sou jy gee aan mense wat gereeld in die openbaar aangeval word?

’n Mens lewe net een keer en ek gaan liewer deur die lewe deur te sê: “Die Keiser dra nié klere nie,” eerder as om te lieg en te sê hoe pragtig dit vir my alles lyk as hy kaal is. ’n Mens moet ook weet wie die tipe mense is wat kommentaar lewer en wat hulle agtergrond is en of hulle opgevoede mense is. Helaas is dit so dat die meeste mense nie eintlik verstaan wat jy sê nie. Ek het net geleer om baie vere van eende op my rug te sit en sodoende val die water af sonder dat ek myself te veel daaraan steur. Ek steur my wel aan kritiek van mense van wie ek ’n hoë agting het, so dis nie asof ek hierdie blinde-dowe-prins-diva is wat nie luister na wat mense sê nie. Maar dit is juis dit wat meer humor stimuleer as ’n mens hieroor volwasse kan spot en praat en grappies maak. Dit is my persoonlikheid. Dis ’n persoonlikheid wat ek moes ontwikkel om ’n beter mens te word oor die jare heen maar ek voel ek het dit reggekry. Mense wat aangeval word in die openbaar moet besef dat die meeste van daardie optrede deur die “sterflinge” daarbuite is omdat hulle op ’n manier die Groen Monster [van jaloesie] in hulle ronddra. Mense kan verskriklik vicious wees en sodra jy dit besef, sal jy weet waaraan jy jou moet steur en nie moet steur nie. Ek kan nie help om soms ’n stoute skoen aan te trek en een of twee mense wat ’n eier te lê het terug te gooi met hulle eie eier nie. Jy kan dit nie die heeltyd doen nie, maar jy kan dit soms once in a blue moon doen en dit is humor opsigself.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

7 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

13 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

14 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

14 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

14 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

14 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.