Wanneer jou selfvertroue wankel en jy jou glans verloor, kan ’n bietjie hulp van kundiges jou lewe heeltemal verander. Die tweede seisoen van die gewilde kykNET-leefstylprogram, Stralend, is hier, en hierdie keer is dit selfs meer dinamies en inspirerend as tevore. Onder leiding van die TV-persoonlikheid Angelique Gerber en haar span, insluitend die talentvolle grimeerkunstenaar en stilis Fafa de Klerk, wag daar op 12 vroue ’n ongelooflike transformasie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Sê ’n Suid-Afrikaanse bekende se naam en Francois de Klerk, beter bekend as Fafa, het haar waarskynlik al opgetof. En hy speel weereens ’n sleutelrol in die proses om hierdie vroue te help om die beste weergawe van hulself te word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Volgens Fafa gaan die program nie net oor voorkoms nie, maar oor dieper temas soos selfliefde, vergifnis en om jou eie uniekheid te omarm.
“Ons fokus hierdie seisoen daarop om die deelnemers regtig uit hul gemaksone te kry. Ek en Angelique is ook gemakliker met wat ons wil doen en hoe ons die ongelooflike vroue kan help,” sê hy.
Wat hierdie seisoen besonders maak, is die span se klem op selfliefde en aanvaarding. Kobus die Viking, ’n motiveringspreker, help die vroue om hul grense te verskuif, terwyl Lizan Zondagh se skeppings en Simone Joost van Zoët se moderne mode tot hul nuwe voorkoms bydra.
Fafa sê dit is ’n voorreg om deel van ’n program te wees, wat werklik ’n positiewe verskil in vroue se lewe maak. “Die vroue het my lewe geïnspireer en my oë oopgemaak vir hoe dankbaar ons kan wees vir die lewe wat ons het.”
Fafa se boodskap aan elke vrou wat in haar waarde wil glo? “Jy is genoeg. Jy is sterk. Jy is uniek. En jy verdien om te skitter.”
Karlien Meiring het met Fafa gesels om sy beste wenke vir jou transformasie uit te vind.
Dit is so moeilik om net een uit te lig, want elke mens is uniek in hul styl. Byvoorbeeld, met Leandie du Randt gaan dit alles oor ’n “glowy”, natuurlike vel wat vars lyk. Met Corlea Botha fokus ons op haar oë en gebruik ons wimpers om haar oë meer gelig te laat lyk. By iemand soos Minki van der Westhuizen gaan dit oor die perfekte lipomlyner, haar gunsteling is Mac se “Soar”. Die geheim is om te weet wat die beste vir jou werk en wat jou unieke skoonheid gaan beklemtoon.
Ek is iemand wat konstant nuwe grimering toets en probeer, maar ek is gek oor L’Oreal se Telescopic Maskara en True Match onderlaag, Weleda se Skin Food, Nars se Longwear Radiant Foundation, Huda Beauty se Concealer, en alles van P.Louise, ’n onafhanklike handelsmerk van Engeland.
Ek dink die beste raad is om elke dag iets spesiaals aan jouself uit te sonder. Miskien is dit vandag jou glimlag, môre jou hare, en die dag daarna dat jy kan loop en proe. Probeer om die klein dinge raak te sien en vier dit. Hoe meer jy dit doen, hoe makliker sal dit wees om al die dele bymekaar te sit en te besef dat dit jý is wat spesiaal is. Al die klein dinge saam maak jou ongelooflik.
Vir my is dit beslis die kleur van hul onderlaag. Moenie jou onderlaag op jou hand toets nie! Toets dit op jou gesig en moenie dit dadelik koop nie. Loop eers rond en kyk hoe dit in natuurlike lig lyk.
As dit by hare kom, wil ek net sê: Moenie jou hare heeltyd in ’n bolla dra nie. Jou hare het ook rus nodig van rekkies en knippies. Probeer iets wat jou natuurlike haartipe of tekstuur komplementeer, en maak seker jy voed jou hare met ’n goeie masker of haarolie.
Maskara, wenkbroue, en lipglans! Jy sal dadelik vars en opgekikker lyk.
Stralend is Sondae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).
Lees ook: Die sosiale media-ster Ruben Lambrechts gesels oor sy kaalvoet-plaaslewe en vreemde versoeke
Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…
Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…
Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…
Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou. [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…
Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…
In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…
Hierdie webwerf gebruik koekies.