Oor die jare het Wynand Strydom, die talentvolle sanger en liedjieskrywer, afkomstig van Pretoria, se kenmerkende styl en gevoelvolle musiek vir hom ’n prominente posisie in die Afrikaanse musiekbedryf besorg.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Sy jongste enkelsnit, “Terug Na Jou,” belowe om ’n blywende indruk op luisteraars te maak. Wynand se aangrypende stem en ontroerende musiek neem luisteraars op ’n emosionele reis, terwyl hy sing oor die verlange na die plek waar sy hart werklik tuis is. Hierdie hartroerende liedjie, deurweef met sy unieke styl en stem, skep ’n emosionele band wat dit werklik onvergeetlik maak.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Sy ander onlangse vrystelling van “Duiwel Op Jou Skouer,” gaan oor iemand wat ’n leeftyd van lesse opgedoen het. Die lied beklemtoon dat almal foute maak, maar jy kan juis uit hierdie foute leer en groei. “Duiwel Op Jou Skouer” vertel ’n kragtige storie ervarings gedeel word om ander te inspireer.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Weereens kry Wynand dit reg om met sy musiek, unieke klank en opregtheid gehore se harte aan te raak.
Karlien Meiring het meer oor dié geliefde sanger se nuwe musiek gaan uitvind.
My klank oor die afgelope jare het maar redelik konstant gebly as gevolg van die genre van musiek wat ek maak. Ek het wel die afgelope paar jaar meer aan verwerkings aandag gegee en om ’n definitiewe verbintenis tussen ballades en meer kommersiële musiek te maak.
Ek is soos altyd gesteld op die waarde van my lirieke. Die algemene gevoel van die liedjies is dat dit nog meer liriekgedrewe as ooit is, hoewel daar ook ’n meer kommersiële aanslag tot die liedjies is. Ek skryf en sing musiek wat vir my betekenis dra, ongeag of mense daarvan gaan hou of nie.
Die kreatiewe proses is altyd baie lekker. Van die skryf van die liedjie tot die verwerking en opname. Dit is belangrik dat elke aspek tyd en respek verdien. Die een kan nie sonder die ander een nie. Dit verg deurlopende gesprekke en die deel van idees om uiteindelik ’n produk te kan lewer waarmee ek gelukkig is.
Vir my is dit ’n inspirasie-liedjies. My begeerte is dat almal wat dit luister sal uitgaan en mense se lewe sal raak. Ons word deur ons eie seerkry bemagtig om ’n helpende hand te bied, aangesien baie mense hulp nodig het en ons die vermoë en krag het om hul lewe positief te beïnvloed.
Ek sou graag saam met Koos du Plessis wou sing, maar ek is op my gelukkigste saam met my vrou, Chereé, op die verhoog!
Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Simoné Pretorius oor Hartklop
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.