kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Trix Vivier oor die dapper dramareeks ‘Juffrou X’

As jy terugdink aan jou skooldae, is daar altyd ’n paar dinge wat uitstaan. Die hoogtepunte. Die tawwe tye. Daardie een onderwyser wat uit hul pad gegaan het om vir jóú die pad na ’n blink toekoms oop te maak. Die goeie ou dae van skooldanse, vriendskappe, eksamens, mislukkings en suksesse.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sommige skole het al hierdie eienskappe, maar ook ’n donker kant wat vir leerders die lewe ekstra moeilik maak. In die dapper nuwe kykNET-dramareeks, Juffrou X lê die leerders van Victory Heights Hoërskool in die Suid-Kaap se toekoms aan die ander kant van struikelblokke, soos armoede, bendes, misdaad en dwelms. Gelukkig is daar ’n handjie vol onderwysers en mense in die gemeenskap wat alles sal doen om die kaf van die koring te skei en daardie klippe vir hulle uit die pad te rol.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Trix Vivier, bekend vir haar oortuigende rolle in Trackers, Waterfront, Legacy en Fraksie is Juffrou X oftewel Inge Bester, die hardekwas-wiskunde-onderwyseres wat aan haar werk en haar kinders toegewyd is. Sy kom dalk sinies en outoritêr voor, maar in haar hart is sy ’n idealis wat potensiaal in elke kind sien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wanneer ’n nuwe, dodelike dwelm die plattelandse dorp tref, word dit ’n saak van lewe en dood en sy bevind haarself in die middel van ’n oorlog, met die skool as prys. Kort voor lank begeef sy haarself in die wêreld en rol van ’n vigilante, totdat sy sélf moet veg vir haar lewe.

Wie kan sy vertrou? En wie gaan uiteindelik oorwin?

Juffrou X wys ’n outentieke kant van die onderwys wat in min Suid-Afrikaanse stories gesien word. Die reeks, met draaiboek en regie deur Hertzogpryswenner Tertius Kapp, bestaan uit agt episodes.

Karlien Meiring het met Trix oor die aangrypende reeks gesels wat “die snykant van skole en onderwysers wat ’n verskil probeer maak,” wys.

Dis eenvoudig: Tertius Kapp se skryfwerk, en die feit dat ek nog nooit ’n anti-hero-vigilante-onderwyseres gespeel het nie.

Geloofwaardigheid. Ek hoop hulle herken nie vir Trix daarin nie, maar sien slegs vir Inge. Dis hoe ek op die ou einde van die dag ’n indruk sal maak en mense wil raak. Verder hoop ek dat die feit dat Suid-Afrika se kinders meer verdien as wat hulle kry, mense bybly.

Ons het die eerste twee weke by ’n hoërskool in Wildernis deurgebring. Ek het elke dag 14 dae lank die daaglikse doen en late van die onderwysers dopgehou. Ek het besef dat die storie wat ek uitbeeld deur my verbeelding te gebruik, húl werklikheid is. En so ’n werklikheid kos toewyding en baie, baie passie. Anders sal ’n mens dit nie maak nie.

Ja, Juffrou Mauermann, my Engels-huistaalonderwyseres. Dis in haar klas waar ek leer debatteer, leer krities dink en myself deur digkuns ontdek het. Ek het ook in haar klas besef dat ek ’n groot liefde vir skryf het – iets wat ek nie vantevore van myself geweet het nie.

Ek was iets van alles: aanvanklik cheeky en vol selfgeloof, toe rebels en skynbaar verlore tot ek op hoërskool toneel gevind het. Daarna was ek absoluut toegewyd en vasbeslote om A’s te kry en ’n prefek te word.

Juffrou X wys Dinsdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en is ook op DStv Stream en CatchUp beskikbaar.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met liedjieboer, Anton Goosen – oor sy nuwe musiek

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

4 hours Gelede

Villa Rosa-ster nou in Suidooster: ‘Die poppe gaan dans…’

Die aktrise Elsje Slabbert, alom bekend vir haar rol as Carina Rautenbach in die destydse…

7 hours Gelede

Ons 6 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek

Bak vir ’n slag die heerlikste sjokoladekoek! Hier is ons 5 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek.

8 hours Gelede

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

1 day Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

1 day Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.