kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met ‘Op pad met my potjie’ se Joalette De Villiers oor haar reis deur Namibië

Joalette De Villiers kuier sedert September in kykers se sitkamer met Op pad met my potjie waarin sy haar tuisland, Namibië, deurkruis op soek na die lekkerste potjiekos. Gewapen met haar driebeenpot en ’n nuuskierige gees, verken sy nie net die unieke koskultuur van elke bestemming nie, maar raak sy ook in vervoering oor die mense en stories agter elke gereg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Dis ongelooflik dat mense die program so goed ontvang. Ek is so trots op die reeks en dankbaar vir almal wat gehelp het om dit moontlik te maak,” sê sy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Joalette beskryf die reeks as ’n viering van kultuur en kos. “Die driebeenpotjie is vir menige Suider-Afrikaner ’n gewilde apparaat vir kosmaak en elke potjie is ’n kans om mense se harte en hul manier van leef te verstaan.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Van die Kalahari se droë vlaktes tot die kusdorpie Walvisbaai, leer sy die geheime vir geregte soos seekosbredie en skaapafvalpotjie ken, maar vir hierdie kosliefhebber gaan dit nie net oor die kos nie – dit gaan oor die lewenslesse wat sy langs die pad opdoen en die verhoudings wat sy met haar gasvrye Namibiese medemens bou.

Ek kon sien hoe mense leef. Ons is almal op een of ander manier in dieselfde bootjie,” deel Joalette. “Dit was vir my so mooi om te sien hoe ons menswees ons verbind. Om mense se lewens beter te leer ken en saam met hulle te kook, was vir my ’n transformerende ervaring.”

Met elke episode wat die potjie weer aan die prut is, nooi Joalette kykers uit om saam met haar nuwe resepte en smake te ontdek – en dalk hul eie avonture met ’n driebeenpot te begin.

“Die meeste van die disse is nie moeilik om self te maak nie. Kykers kan dus nuwe resepte kry vir verskillende soorte potjies en dit self tuis probeer,” vertel sy opgewonde.

Ons het by haar gaan inloer om te hoor waarmee sy alles besig is.

Hou jy van kosmaak? Wat is jou gunstelingdis om te maak?

Ek geniet kosmaak vreeslik baie. Dis nie vir my werk nie, dis ontspanning en ’n kreatiewe uitlaatklep. Dis vir my heerlik om mense te sien smul aan ’n lekker gereg wat ek voorsit. Ek hou van eksperimenteer met kossoorte. Tans is bruschetta my gunstelingdis om te maak. Dis verfrissend en vullend.

Wat is jou gunstelingpotjie?

Ek is mal oor ’n hoenderpotjie én ’n skaappotjie. En as ek daarmee saam dumplings (kluitjies) of ’n potbrood kan maak, is ek in my noppies.

Watter besoek was jou gunsteling en hoekom?

Sjoe … Almal vra gewoonlik wat is jou gunstelingpotjie, maar hierdie is vir my ’n moeiliker vraag omdat Namibië net so ongelooflik mooi is. Al die plekke was vir my op hul eie manier besonders. As ek móét kies, sal ek sê die noorde van ons land. Daardie gedeelte is pragtig. Dis baie bedrywig met mense, donkies en beeste. Die beste tyd was langs die Okavangorivier. Dit was grasgroen, die lopende water salig vir die siel en die mense so rustig en vriendelik. Dit het meer soos vakansie as werk gevoel.

Hoe was jou ervaring op stel?

Ek het 95% van die tyd ’n baie goeie ervaring op stel gehad. Ek was die enigste vrou saam met ’n groep mans as kameramanne, maar hulle het almal my broers geword. Ons het ’n hegte span geraak, en teen die einde het ons dinge seepglad laat verloop. Die 5% van die tyd wat onaangenaam was, was dae waarop die Namibiese son ons in ons kanon probeer brand het of ons te veel geëet het. Niemand wil met ’n vol maag werk nie, maar die werk moes gedoen word. Verder was dit regtig net ’n plesier.

Vir enigiemand wat ’n droom het, wil ek sê: Maak nie saak hoe lank dit vat nie, fluister daai droom elke dag in jou oor, bid daaroor en vertrou dat die Here dit op die regte tyd vir jou sal gee. Hou moed.

Wat doen jy as jy nie kykers op die kassie vermaak nie?

In dié stadium is my skedule redelik vol met skoolgee. Ek kry dus nie regtig tyd vir ander goed nie, maar as die geleentheid hom voordoen, gaan kuier ek bietjie by vriende of die res van my familie in Swakopmund. Ek het ook ’n hekelgroep waaraan ek behoort, en ons klomp vroue saam is groot pret. Die res van die tyd is ek en my kêrel saam, en doen ons goedjies saam. Ons huis is vol diere. Dis georganiseerde chaos, en partykeer net chaos!

Op pad met my potjie is elke Maandagaand om 21:30 op kykNET (DStv-kanaal 144). Die episodes is ook op DStv Catch Up en DStv Stream beskikbaar.

Lees ook: Iets om na uit te sien: Desember op kykNET is propvol spesiale vermaak!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Die akteurspaar Mila en Bennie is ouers!

Foto's: Instagram/Mila Guy     Klein Karoo BCG Fourie weeg 3,4 kg en is 52…

12 hours Gelede

Dr Adé Maré gee glimlagte terug

Deur Rentia Mynhardt. Foto’s: Gerduan Kemp     Dr Adé Maré maak reg wat in…

17 hours Gelede

Raak ontslae van jou emosionele bagasie

Emosionele bagasie rus swaar op jou skouers. Dit kleur jou gemoed en keer dat jy…

18 hours Gelede

Beste biltongslaai

Bestanddele   Granaatslaaisous 180 ml (¾ k) avokado-olie 20 ml balsemiekasyn 5 ml (1 t)…

21 hours Gelede

Europa se topverkoperformule het in Suid-Afrika aangekom!

Ons verstaan die daaglikse stressors wat Suid-Afrikaners in die gesig staar – die vol skedules,…

23 hours Gelede

Greteli de Swardt ‘Jubel’ oor tweede kind se koms

Deur Karlien Meiring. Foto's: Greteli de Swardt/Instagram     Die aktrise Greteli de Swardt (23),…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.