Dis sy tweede vollengte album binne twee jaar en beloof om net so introspektief soos sy eerste aanbod, Sangoma Sandilands & Jou Pa se Posse – Maanskyn te wees.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Volgens Sandilands was musiek ’n liefde lank voor hy begin toneelspeel het. “Dit was moontlik die eerste vreugde in abstraksie wat ek as mens kon beleef. Dis miskien vanweë hierdie ‘liefde’ dat dit my omtrent ’n halwe leeftyd gevat het om by die beoefening en aanbieding daarvan uit te kom.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Die album word 1 Mei bekend gestel en bevat temas van protes, odes, hartstog, twyfel, metafisika, geskiedenis, gatvolheid, behoud, verganklikheid, vriendskap en menswees. “Dis die inklusiefste, mees universele album wat ek moontlik kon maak terwyl dit terselfdertyd ’n onmiskenbare aanvaarding is van hoe my bakkies oor tyd vervorm het. Dit is vir man, vrou, kind en brak en dit sêvra bloot: “Hier is ons nou. Wat nou?”” sê hy.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Allegaarkie vir ’n Askeet gee krediet aan invloede soos CJ Langenhoven, NP Van Wyk Louw, Ingrid Jonker, Koos Kombuis, Anton Goosen, Bob Dylan, Gert Vlok Nel, Jan Blohm, Johnnie Cope en Tennessee Whiskey.
Sandilands sê die album is ’n samewerkingsproduk. Aanhangers sal Tarryn Lamb, Gian Groen, Qadasi & Maqhinga, Hanna de Wet, Lelethu Zulu en Sibongiseni Wani se stemme hoor. Daar is snare, strykinstrumente, blaasinstrumente, klawers, dromme en tromme, ’n trompie, elektronika en selfs ’n saag wat tot die klankverskeidenheid bydra.
Karlien Meiring het meer oor sy jongste musikale meesterstuk gaan uitvind.
Dis ’n enorme vraag. Daar is net soveel nuanses waarop ek kan uitbrei, maar ek sou sê dat hierdie album “doelbewus” was, waar die vorige een amper “terloops” was. Die aanbod op Allegaarkie vir ’n Askeet is ryk in die sin dat dit al die elemente van vorige werke wat ek op Sangoma Sandilands & Jou Pa se Posse, Die Groot 5 en Die Groot Niks, wat goed gewerk het, weer ingespan het. Soos die musikante, die veelvuldige gebruik van inheemse tale en so meer. Die nuwe album se lirieke is baie getrou aan my eie lewenservaring, dis persoonliker. Theo Crous het die stem droër en rouer gemeng. Die lirieke is so uiteenlopend soos die instrumente wat gebruik is (waar ’n mens van ’n saag en trompie kan hoor!) Ek glo ek sal dié tipe album net een keer só kon maak. Ons het onsself so ver gedruk as wat menslik moontlik was binne die beskikbare tyd was.
Dis ’n onregverdige vraag, maar ek sal probeer. Uhm, nope. Kan nie. Ek kan bloot nie. Hulle is almal my kinders. Die een waarvoor ek miskien effens minder voel, is die enkel-dekweergawe van Bob Dylan se “The Times They Are A’Changin’”. Die ander 13 snitte kom almal uit my pen. Daar is natuurlik altyd die vraag of ’n mens werklik elke lied tot sy reg laat kom het? Ek dink elke kunstenaar voel in ’n stadium só. Dis baie makliker om uit te wys waarvan jy nie hou nie, of wat jy moontlik sou heroorweeg. Ek is trots op elke snit op die album. Hulle staan elkeen op hul eie bene, skewe neuse en al.
Eerstens het ek weer saam met Theo Crous gewerk, net soos met die vorige werke. Ons het probeer om alle selfopgelegde of sistemiese inhibisies sommer van meet af aan in die asblik te gooi. Meeste van die werke is in die buiteland geskryf terwyl ek met projekte in Meksiko, Nieu-Seeland, Australië en Amerika besig was. So daar’s natuurlik daardie “andersheid”…’n tipe universele weerspieëling.
Ek vat die opnames wat ek sommer op my foontjie gemaak het ateljee toe, en ons neem dan “guide tracks” op. Dis net ek en my stem met ’n kitaar of my ukelele. Dan stuur ons dit vir die musikante wat ons graag wil gebruik. Van hulle het ateljee toe gekom, ander het verspreid in ander ateljees gewerk en vir ons hul aanbod deurgestuur. Qadasi en Maqhinga vanuit KwaZulu-Natal, Shannon Mowday vanuit Noorweë, Mauritz Lotz vanuit Johannesburg. Moenie van loadshedding vergeet nie.
Dis ’n lekker komplekse legkaart om te bou. As al die instrumente in plek is, voeg ons die vokale by. My stem, sowel as die ander stemme wat ’n mens op die album hoor. Ek noem graag ’n paar name: Tarryn Lamb, Hanna de Wet, Gian Groen, Qadasi & Maqhinga, Lelethu Zulu en Sibongiseni Wani.
Dan pleeg Theo sy toorkuns met die klankvermenging en ander geheime speserye. Laastens stuur ons die gemengde snitte na Rogan Kelsey om “meestersnitte” van te maak. Dis min of meer om te sorg dat die totale album samehangend in dieselfde klanklandskap woon.
Dis nie eers die einde nie. Die kreatiewe proses? Ek werk al 48 jaar daaraan.
Ritme kom eerste. Elke mens begin mos met ’n hartklop. Ek dink akteurswerk help omdat ek die liedjies “vertolk” eerder as om dit bloot te sing. Ek vertel myself maar dis hoekom die mense daarvan hou, omdat ek hulle ietsie laat voel. My stem het beperkings, maar ek het geleer om dit min of meer aan te wend om die luisteraar se aandag te kry.
Ek dink my ervarings as akteur en die roetes waarna dit my gelei het, kom deur in die lirieke en die emosionele reikwydte wat in die album vervat is. Elke karakter wat ek al gespeel het, en daar was baie, het mos sy unieke persoonlikheid en emosionele begrip. Dit help om die menslike kondisie beter te verstaan. Seg ek.
Hoe die musiek my akteurswese beïnvloed het, was nog altyd ’n implisiete gegewe. Ek dink enige vertolker wat sy sout werd is, behoort musikale aanvoeling te hê. Veral om te weet waar jy in die ensemble pas. As jou werk bloot is om die piccolo (klein dwarsfluit) te speel, sorg dat jy op tyd is en speel dit met oorgawe. ’n Cow bell kan miskien te veel wees.
Ek hoop my totale oeuvre raak stapelvoedsel. Dit kan moontlik die wêreld red. Whahahaha! Daar’s mos nou net een antwoord vir dié tipe vraag. Ek hoop mense luister daarna en voel ná die luister daarvan ietwat beter. Iets soos dit.
Ek wil egter noem dat die aanbod die album is, nie die onderskeie snitte nie. Daar’s ’n rede hoekom ek snit een plaas as snit een en snit 14 as snit 14. Die album is ’n reis. Sit die ligte af, gooi ’n knerts, sit gemaklik. Kom saam.
Kry die album op 1 Mei hier: https://linktr.ee/neilsandilands
Sy is nie net die eerste dowe vrou om as Mej. Suid-Afrika gekroon te word…
Het jy geweet dat meer vroue jaarliks aan hartvatsiektes en beroertes sterf as mans? Gelukkig kan…
Resep: 'Dairy Gives You Go' Bestanddele 1 ½ koppie gladde medium-vet maaskaas – kamer…
Daar is baie maniere en wenke om vetplante te laat gedy. Hier is nege wenke…
As Karlien van Jaarsveld die horlosie kon terugdraai, sou sy dieselfde keuses gemaak het, want…
Resep: 'Dairy Gives You Go' Bestanddele 2 koppies koekmeel ¾ koppie Amasi ¼…
Hierdie webwerf gebruik koekies.