kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nadia Beukes oor haar eerste rol as regisseur in nuwe teaterproduksie

Nadia Beukes, wat bekend vir haar veelsydige loopbaan as aktrise, stemkunstenaar en televisie-aanbieder is, het onlangs ’n opwindende nuwe rol betree – dié van teaterregisseur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

In haar regisseursdebuut neem sy die leisels saam met Tiaan Kirsten-Lubbe en Lian Sachse in die aangrypende produksie Ingrid: ’n Vlam in die Sneeu, wat die hartroerende liefdesbriewe tussen die ikoniese Ingrid Jonker en André P. Brink na die verhoog bring.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit is ’n produksie wat nie net hul roerende liefdesverhaal vertel nie, maar ook Ingrid se passie, poësie en haar innerlike stryd op ’n diep, menslike manier uitbeeld.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vir Nadia is hierdie projek veel meer as net ’n kreatiewe uitdaging. “Dit is vir my ’n ongelooflike voorreg om vanuit ’n kreatiewe oogpunt betrokke te wees by die ontwikkeling van hierdie produksie. Dit is ’n storie wat nie net eer betoon aan twee mense se liefdesverhaal nie, maar is ook ’n inspirasie vir almal wat dit gaan beleef,” sê sy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hierdie teaterproduksie, aangebied deur Scenario Productions en die Centurion-teater, is geïnspireer deur die gepubliseerde versameling briewe Vlam in die Sneeu: Die liefdesbriewe tussen Jonker en Brink (Penguin Random House).

Behalwe vir Nadia aan die stuur, spog die produksiespan ook met Lizelle Pike wat die komplekse rol van Ingrid Jonker vertolk. Die teks en nuwe musikale toonsettings is die werk van die bekroonde digter en skrywer Jak J. Brits. Die musikale landskap van die produksie word deur Chanie Jonker gevorm, wat as musikale regisseur en pianis optree.

Lees ook: 10 redes waarom jy die April-uitgawe van rooi rose móét lees!

Nadia vertel vir Karlien Meiring meer oor haar regisseursdebuut en wat hierdie produksie vir haar beteken.

Ingrid: ’n Vlam in die Sneeu bring vir die eerste keer die liefdesbriewe van Ingrid Jonker en André P. Brink na die verhoog toe. Wat van hierdie projek het jou aangetrek?

Buiten vir die materiaal, wat die mooiste briewe tussen Ingrid en André, Ingrid se gedigte en die hartstogtelike verhaal insluit, was dit aanvanklik die span van mense wat by die projek betrokke is. Jak J. Brits wat die teks geskryf het en gedigte getoonset het; Chanie Jonker wat die musikale verwerkings gedoen het; Tiaan Kirsten-Lubbe en Lian Sachse van die Centurion-teater wat die produksie vervaardig het; en later ook natuurlik Lizelle Pike wat ons Ingrid vertolk – hierdie is mense waarmee ek baie graag wou werk. Om dit te kan doen met Ingrid Jonker en André P. Brink se woorde was ’n geleentheid wat ek nie kon laat verbyglip nie.

Wat hoop jy neem die gehoor saam huis toe ná hulle hierdie produksie beleef het?

Wat hierdie produksie vir my verfrissend maak, is dat ons in Ingrid: ’n Vlam in die sneeu nie net ’n literêre ikoon, politiese aktivis en kontroversiële kunstenaar voorstel nie. Die produksie is nie ’n outobiografie of karakterstudie nie, maar eerder ’n kykie na die essensie van wie Ingrid as ’n vrou, ’n ma, ’n dogter, ’n minnaar en blote mens was. Ek hoop dat die gehoor iets van dit saam met hulle sal huis toe neem. Mag hulle met meer begrip van Ingrid en ook van hulself uitstap, en gemotiveerd wees om ook hul ware self lief te hê en net soos Ingrid, aan te hou glo in die mooi van die lewe.

Wat was die grootste uitdaging vir jou as regisseur, en wat was die vervullendste oomblik van die skeppingsproses?

Dit was ’n uitdaging om sowat twee jaar se gebeure in ’n uur en 15 minute vas te vang. Die vervullendste oomblik was om te sien hoe alles (van die stel tot kostuums, ligte, musiek en Lizelle se vertolking) uiteindelik ’n volledige prentjie vorm waarop ons as span geweldig trots is.

Het jy ’n gunsteling- Ingrid Jonker-gedig?

Daar is soveel pragtige gedigte om van te kies en keur, en ek het werklik ’n opregte waardering vir Ingrid Jonker se werk, die lig en donker, wat dit vir my baie moeilik maak om te kies. Ek kan wel sê in die konteks van ons produksie en die musikale verwerkings van die gedigte uit Ingrid se Rook en Oker-bundel, hou ek die meeste van “Gisteraand in jou arms”.

Het jy ’n droomprojek – iets wat jy nog altyd wou doen, maar nog nie kans voor gekry het nie?

Ek wou nog altyd baie graag die stem van ’n animasiekarakter wees; ’n enkelsnit opneem; in ’n produksie wees wat op ’n internasionale platform verskyn; en eendag as ek groot is, wil ek myself ook ’n vervaardiger kan noem… om maar net ’n paar te noem! Tog weet en vertrou ek dat dít wat vir my bestem is, uiteindelik oor my pad sal kom en dat dit heel moontlik my verwagtinge sal oortref wanneer die tyd daarvoor reg is, mits ek dít waarmee ek tans besig is met integriteit en dankbaarheid koester en aanhou hard werk. Die Here ken die begeertes van ons harte en my lewe tot dusver staan beslis as ’n getuienis van God se goedheid en guns.

Ingrid: Vlam in die Sneeu se vertonings:

  • 9 – 17 April: Debuut Speelvak: Die Centurion Teater, Gauteng
    Kry kaartjies hier
  • 29 Mei 2025: Die Boer Teater en Restaurant, Durbanville
    Kry kaartjies hier
  • 30 Mei 2025: Die Koelkamers Teater, Paternoster
    Kry kaartjies hier
  • 31 Mei 2025: The Drama Factory, Strand
    Kry kaartjies hier
  • 1 Junie 2025: Drostdy Boutique Teate, Stellenbosch
    Kry kaartjies hier

Lees ook: Twee karakters, een aktrise: Sandi Schultz se mees uitdagende rol tot nou toe

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Voel jou tiener eensaam?

Al meer tieners en jong volwassenes erken hulle is eensaam. Waarop moet ouers bedag wees?

2 days Gelede

Spaanse chorizo-pasta

Genoeg vir 6.   Bestanddele   15 ml (1 e) olyfolie 100 g repiesspek, in…

2 days Gelede

6 dinge wat jy nou in jou tuin moet doen om voor te berei vir die winter

Ons het by Julie van Deventer van Stilbaai se Busy Lizzie tuinbouklub gaan kers opsteek.

2 days Gelede

ontbytSAKE vier 25 jaar!

Suid-Afrika se geliefde sake- en kuierprogram, ontbytSAKE, het op 7 April ’n kwarteeu op die…

2 days Gelede

Nuwe dokumentêre kykNET-reeks oor die geskiedenis van Afrikaans gaan jou nuwe oë en ore gee

Almal wat Afrikaans praat, ken ’n storie oor waar hulle en die taal vandaan kom,…

2 days Gelede

Waardige grondbaron op Groot Phesantekraal gehuldig

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts      ‘n Geskiedkundige geleentheid op Groot Phesantekraal buite…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.