kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae met Mienke Ehlers oor haar rol as ‘Suidooster’ se nuwe waaghals

Die geliefde kykNET-sepie Suidooster kry binnekort ’n opwindende nuwe toevoeging wanneer die talentvolle Mienke Ehlers (28) permanent by die rolverdeling aansluit!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Foto: Verskaf/ kykNET/ Gys Loubser

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vanaf 11 Maart maak sy haar verskyning as Frankie van Wyk – ’n karakter wat, volgens Mienke, ’n vars briesie in Ruiterbosch is.

“Frankie is impulsief, onvoorspelbaar en die persoon namens wie jy om verskoning moet vra aan ’n tafel vol uitgelese mense,” vertel sy. “Sy dink nie twee keer voordat sy praat nie en sy is beslis nie op haar mond geval nie. Tog skuil daar ’n sagte siel vol geheime onder daardie harde dop.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Met haar waaghalsige en spontane geaardheid gaan Frankie definitief vir groot opskudding sorg. “Sy is nie gepla oor die who’s who’s nie. Sy duik aan die diep kant in nog voor sy weet of daar water in die swembad is. Sy het net een doel voor oë en dis om uit te vind waar haar volgende avontuur op haar wag.”

Mienke, ’n boorling van die Paarl, is geen vreemdeling op die kassie nie. Verlede jaar het sy gehore as Mia in die Showmax-reeks Wyfie bekoor, ’n rol wat haar die gesogte titel van beste nuweling in ’n telenovela of sepie by die kykNET Silwerskermfees besorg het. Sy is ook vir ’n Suid-Afrikaanse rolprent- en televisietoekenning benoem en het reeds haar stempel in produksies soos Fraksie, Magda Louw, Dinge van ’n kind en die film Ek gee op afgedruk.

Sy vertel dat die erkenning haar diep geraak het. “’n Mens werk nooit vir erkenning nie, maar dié een was ’n groot bederf omdat ek só lank gewag het vir die geleentheid om ’n sterk rol te vertolk,” sê sy oor haar Silwerskermfees-toekenning.

“Ek is dankbaar vir wat dit vir my loopbaan beteken en ontsettend geëerd om deel te kan wees van ons land se storievertellers.”

Foto: Verskaf/ kykNET/ Gys Loubser

Nou is sy gereed vir die volgende hoofstuk – en as Frankie van Wyk beloof sy om vuur onder die inwoners van Ruiterbosch te maak!

Mienke het vyf vinnige vrae oor haar karakter en pad na aktrise-wees, beantwoord.

Is daar iets wat met jou en Frankie se persoonlikhede ooreenstem?

Ek dink Frankie is een van die borrelendste karakters wat ek al vertolk het. Hoewel ek self ook die lewe baie lief het, is ek beslis konserwatiewer oor waar ek wortel skiet en wie ek naby my toelaat.

Sy is wel dapper en baie onafhanklik, en ek vind daarby aanklank, maar die girl maak my ook elke nou en dan bang oor wat volgende uit haar mond gaan kom. Ek geniet haar vreeslik!

Jy het destyds in Suidooster se kunsdepartement gewerk en nou is jy voor die skerms. Hoe voel dit vir jou?

Tydens Covid was ek op soek na werk in die rolprentbedryf. Ek het sommer direk vir een van die vervaardigers ’n e-pos gestuur en hulle het my die geleentheid gegee om agter die skerms as rekwisiete-assistent te kom werk.

Dis die mooiste storie van ’n kringloop wat voltooi word. Daardie tyd het ek gehoop en so mooi vir die Here gevra om my die kans te gee om vóór die kamera te kan speel. En op die regte tyd, vir die lekkerste karakter, het Hy my na Ruiterbosch toe teruggebring.

Hoe verskil die sepiegenre vir jou van jou tyd by Wyfie waar julle ook vyf dae ’n week moes skiet?

Soos dag en nag. Sepies is nie ’n grap nie. Ek leer elke dag só baie. Ek dink nie ’n mens kan die twee vergelyk nie. Beide mediums is enig in hul soort.

Ek dink wel sepies vereis ontsettend baie dissipline. Daar is nie soveel ruimte vir vryheid en rondspeel nie, maar ek geniet die genre omdat ek die geleentheid kry om op tegniek staat te maak.

Hoekom dink jy vind kykers soveel aanklank by Suidooster?

Drama! Mense is mal oor drama, veral as dit nie hul eie is nie. Suidooster verteenwoordig ook baie van die verskillende kulture van ons land en daarom vind baie mense aanklank by die program.

Die akteurs benader spel met hul eerlike vertolking. Ons vloerbestuurder, Jess Kleinhans, sê gereeld “vind die kortste pad na die waarheid”. Dit maak dat die kykers werklik aanklank vind by dit waardeur die karakters gaan. Hulle kan in ons glo en in ’n mate deel wees van die ervaring.

Hoe bly jy gemotiveerd?

“Klein Mienke” hou my kop sterk as lang dae te veel raak. Ek doen dit vir die twee blonde boksterte wat groot gedroom het.

My gesin (Pa Johan, Ma Lana, en sussie Landi) is die sterkste grondslag en anker waarop ek kan steun.

En ek draf elke dag om my kop skoon en vars te hou, en geniet so nou en dan ’n glasie wyn saam met vriende om seker te maak ek neem nie die lewe te ernstig op nie.

Foto: Verskaf/ kykNET/ Gys Loubser

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET, DSTv-kanaal 144, en om 18:30 op kykNET & Kie, DSTv-kanaal 145, uitgesaai. Dit is ook beskikbaar op DStv Stream en Showmax.

Lees ook: The Mommy Club: Van die Hoofstad se Louise Volschenk:”Dinge is nie altyd so glansryk nie!”

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Papawersaad-en-suurlemoen-koek

Bestanddele   Susan sny elke laag deur en vorm so ’n vierlaagkoek. Ons het die resep…

15 hours Gelede

‘Suidooster’ storm voort met hul immergewilde Stomsterk-konsert!

Die kykNET-sepie Suidooster se sterre skitter weer helder by vanjaar se Suidoosterfees by die Kunstekaap.  …

16 hours Gelede

Vyf voetsorgwenke om jou voete tydens jou ouer jare gesond te hou

Daar is ’n ou stukkie Chinese wysheid wat sê: “Jy sterf van jou voete af…

16 hours Gelede

Heerlike kuierkos-spyskaart vir Paasfees

Vier Paasfees met ’n lang, uitgerekte kuier in die buitelug. Hier is heerlike en maklike…

17 hours Gelede

Vyf planne vir kwaliteittyd met jou kind

Ontglip jou kind jou elke keer as jy wil gesels? Hier is ’n paar wenke…

18 hours Gelede

Die Wincklers kuier by Rian: ‘Dit was moeilik om daardie tyd stil te bly, maar dis wat die Here vir my gesê het’

Heinz en Aletté-Johanni Winckler was vandeesweek Rian van Heerden se gaste op Laataand by Rian. Dié…

19 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.