kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Melissa Willering oor ‘Nêrens, Noord-Kaap’

Melissa Willering is geen vreemdeling vir uitdagende rolle nie, en haar vertolking van die Nederlandse Fleur in Nêrens, Noord-Kaap is geen uitsondering nie. Die trefferreeks het die harte van Suid-Afrikaanse kykers verower toe dit die eerste keer in 2021 uitgesaai is, en het aanhangers gretig vir meer gelaat. Soos die langverwagte tweede seisoen ontvou, voeg Melissa se karakter ’n vars dinamiek by die ingewikkelde Adendorff-familiesage. Vir Melissa was die geleentheid om aan hierdie emosionele reeks te werk en in ’n karakter so anders as haarself in te klim, ’n droom wat waar geword het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sy vertel dat die uitdagende karakter haar onmiddellik aangetrek het, veral omdat Fleur se persoonlikheid só van haar eie verskil. “Rolle waarin ek uitgedaag kan word, trek my altyd aan,” sê Melissa, wat haar Nederlandse aksent met die hulp van haar familie in Nederland vervolmaak het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek was baie opgewonde om die aksent te leer en saam met my Nederlandse familie daaraan te werk. Ek hou daarvan as iets my uit my gemaksone kan neem. Fleur se persoonlikheid het my ook aangetrek, want ek kon reeds in die teks vir die oudisie sien wie sy is en dat sy baie van my verskil.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sy het ook die onderskrifte van haar Nederlandse woorde en die vertaling daarvan na Engels behartig.

Melissa, gebore en getoë in Waverley, Pretoria, het onlangs na Kaapstad verhuis. Sy balanseer haar groeiende toneelloopbaan met die getroude lewe en is met die redigeerder Regardt Botha getroud.

“Ek geniet die getroude lewe baie! Ons was gelukkig genoeg om ’n paar keer saam te werk, soos met Nêrens, Noord-Kaap. Hy was deel van die span wat saam Nederland toe was. Wanneer daar nie projekte is nie, werk ek ook meestal van die huis af en ons is dus darem nie te veel weg van mekaar af nie,” vertel sy.

Karlien Meiring het meer oor haar indrukwekkende werk aan die reeks en haar nuwe lewe in Kaapstad gaan uitvind.

Hoe was dit om van die tonele in Nederland te verfilm?

Dit was ongelooflik spesiaal en iets wat ek nooit sal vergeet nie. Ons was ’n klein span wat almal dieselfde passie vir die storie deel. Amsterdam is een van my gunstelingstede ter wêreld en dit voel steeds vir my onwerklik dat ek die voorreg gehad het om daar te skiet. Ek het gereeld tussen tonele vir ’n oomblik net stil gestaan om alles in te neem. Dit was ook oorweldigend om in so ’n besige stad se strate te skiet – ons het nou en dan nuuskierige toeskouers gehad. Almal het ingespring om te help waar hulle kon, of dit nou was om ’n “boom” vas te hou of om die kostuums en grimering te behartig.

Jou karakter, Fleur, is iemand wat nuwe verhoudings en omgewings navigeer. Was daar oomblikke in jou lewe waar jy soos ’n buitestander gevoel het?

Ja, definitief. Ek voel gereeld soos ’n buitestander. Ek het nie die tipe persoonlikheid waar ek maklik by ’n nuwe groep mense aanpas nie. Ek is aanvanklik baie skaam en teruggetrokke wanneer ek mense vir die eerste keer ontmoet. Dis iets waaraan ek nog werk, maar dit leer my dat ek altyd net myself moet wees, en ek hoef nie te verander om “in te pas” nie.

Wat kan kykers nog van Fleur in Deel II verwag?

Ek dink kykers mag dalk voel Fleur hanteer die feit dat Andries op die plaas agtergebly het verkeerd, maar dan verras sy ’n mens weer! En verder kan ek niks sê nie!

Wat was die beste aspek van die werk aan Nêrens, Noord-Kaap saam met hierdie rolverdeling, veral De Klerk Oelofse as Andries?

Die feit dat ek saam met so ’n sterk rolverdeling kon werk en saam met legendes soos Frank Opperman kon speel, is wonderlik. Dis waarvan ’n mens droom as jy in die bedryf begin werk. De Klerk was nog altyd een van my gunsteling- Suid-Afrikaanse akteurs, ek dink hy is ongelooflik veelsydig. ’n Mens kan nie anders as om op stel by hom te leer nie.

Lees ook: Om weer in Andries se skoene te klim: De Klerk Oelofse oor sy pad met ‘Nêrens, Noord-Kaap’

Wat was die grootste aanpassing vir jou van die trek Kaap toe?

Om my familie en vriende in Pretoria en Johannesburg agter te laat. Ons het almal baie naby mekaar gebly en ek kon net oorstap om by hulle te gaan kuier. Dis ’n uitdaging om nuwe mense te ontmoet en om dieselfde bande te vorm.

Nêrens, Noord-Kaap Deel II wys Dinsdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Episodes is ook beskikbaar op Catch Up op DStv Stream.

Lees ook: Daneel van der Walt gesels oor vasbyt en ‘Nêrens, Noord-Kaap’ se sterk Suzette

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Maak tuin op jou balkon

Baie mense woon in wooneenhede sonder ’n tuin. Tog is meeste van hulle met geseën…

2 hours Gelede

Alto vier 100 jaar van uitmuntendheid met 2022 vrystelling

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf      Die middag het nie net…

2 hours Gelede

Swartbessie-en-roosmaryn-sangria

Deur Vickie de Beer. Foto: Lee Schwagele: CRPhotographic   Genoeg vir vier.   Bestanddele 2-3…

3 hours Gelede

Spooktastiese Halloween-winskopies met MSI wag op jou!

Vanaf die 1ste tot die 31ste, kan jy die bonatuurlike wêreld van hoë- prestasie-skootrekenaars ontdek…

3 hours Gelede

Kerrie-herderspastei

Bestanddele   Vir die bolaag 1 patat, geskil en in blokke gesny 2 aartappels, geskil…

5 hours Gelede

Oop sampioenpastei

Resep: Vickie de Beer   Genoeg vir 6-8 porsies   Bestanddele   Deeg 150 g…

6 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.