kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Luandri Reynders oor haar bittersoet Binnelanders-afskeid en nuwe begin

Ná byna vier jaar op Binnelanders het Luandri Reynders, geliefd vir haar vertolking van Karen Kriel, vandeesweek afskeid van die gewilde sepie geneem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Haar tyd as die formidabele verpleegster op Binnelanders was gevul met onvergeetlike oomblikke op en van die skerm af. Van die verhoudings wat sy met haar mede-akteurs opgebou het, wat sy as familie beskryf, tot die intense en emosionele storielyne wat kykers geboei het, Luandri neem baie herinneringe saam met haar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ek was baie hartseer om Karen te groet, veral daardie laaste dag! Ek het stel toe gegaan om my laaste toneel te skiet, maar was so emosioneel dat ek skaars my woorde kon uitkry,” vertel sy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Al sal aanhangers dit mis om Karen in Binnelanders se hospitaalsale te sien, is Luandri opgewonde vir die volgende hoofstuk in haar toneelspelloopbaan.

Sy het as enigste kind in Pretoria grootgeword en het onlangs na Kaapstad verhuis, ’n skuif waarvan sy lank gedroom het. Ná sy aan die Afrikaans Hoër Meisieskool gematrikuleer het, was Luandri se toneelreis ’n bietjie van ’n verrassing, selfs vir haarself. Maar toe sy eers hierdie passie ontdek het, was daar geen omdraaikans nie en sy het kop eerste in die wêreld van drama ingeduik en in 2017 haar opleiding by Performing Arts Lifestyle Institute (PALI) voltooi.

“My droom vir my loopbaan is net om die geleentheid te hê om stories te kan vertel. Ek sien uit om weer die vryheid te hê om nuwe projekte te kan aanpak,” verduidelik sy.

Karlien Meiring het meer oor haar bittersoet afskeid en nuwe hoofstuk in die Kaap gaan uitvind.

Foto: Cornél van Heerden

Wat het jou laat voel dis die regte tyd om Binnelanders te groet?

Dit was ’n baie moeilike keuse, want ek is so geheg aan die mense en dis ’n heerlike omgewing om elke dag in te wees! Omdat ek nog altyd graag Kaap toe wou trek, het ek geweet dis nou of nooit, ek wou nie die besluit aanhou uitstel nie.

Ek mis klaar vir Karen, maar ek dink dis goed om jouself uit te daag en nuwe dinge aan te pak.

Hoe het jou tyd op Binnelanders jou as aktrise beïnvloed? Wat was van die hoogtepunte van die vertolking van hierdie rol?

Binnelanders was ’n flippen goeie leerskool vir my! Ek was skaars 24 toe ek die rol van Karen gekry het en het dadelik besef ek is nie so voorbereid soos wat ek gedink het ek is nie, daar was altyd ‘room for growth’. Omdat ons teen so ’n vinnige pas geskiet het, het dit my voorberei om goed te raak met woorde leer en uiters aanpasbaar te wees. Om daar te kon werk, het my ’n sterker aktrise en mens gemaak.

Daar was so baie hoogtepunte, maar die tonele saam met David Viviers (wat die rol van dr. Liam Vorster vertolk het) staan veral uit. Dit was heerlik om teenoor hom te speel en dit het altyd vir my gevoel dat hy my konstant uitgedaag het om ’n beter aktrise te wees. Die tonele wat ek saam met Deon Lotz en Natasha Sutherland gedoen het, was ook ongelooflik. Dit was ’n groot voorreg om saam met sulke amazing mense in ons bedryf te werk.

Wat gaan jy die meeste daarvan mis om deel van die Binnelanders-familie te wees?

Ek mis veral die mense en die gesels tussen tonele verskriklik. Omdat ons soveel tyd elke dag saam deurbring het, het ek so geheg aan die tegnici, die grimeerkunstenaars, die haarstiliste, die regisseurs en die rolverdeling geraak. Dit voel behoorlik soos om deel van een groot familie te wees.

Watter aspekte van jou lewe in Pretoria mis jy die meeste, en wat het jy tot dusver van Kaapstad geniet?

Ek mis die vertroudheid met Pretoria en die bekende gesigte by wie ek vir ’n koffie maklik kon inloer. Pretoria was 28 jaar lank my huis, so om nou Kaap toe te trek, was ’n groot verandering.

Die Kaap is so mooi, maar heeltemal anders. Dit voel soos ’n ander wêreld! Sover geniet ek dit baie en voel asof ek meer kan asemhaal as in Gauteng. Ek sien uit na nuwe dinge ervaar. Ek en David is al klaar aan ’n paar interessante dinge blootgestel, ons was nou die dag selfs by ’n cocoa breathing ceremony!

Watter nuwe uitdagings en projekte hoop jy om in Kaapstad aan te pak?

Ek is opgewonde om weer met vryskutwerk te kan begin. Ná vier jaar se permanente werk by Binnelanders gaan dit lekker (en vreesaanjaend) wees om die vryheid te hê om verskillende projekte te kan aanpak. Soveel opwindende projekte word konstant in die Kaap geskiet, ek sal mal wees daaroor om deel daarvan te kan wees.

Maar vir nou, vind ek nog my voete en herlaai ná die groot trek. Everything in due time.

Skakel weeksaande om 19:30 in op kykNET (DStv-kanaal 144) vir die jongste drama en intrige wat in die gange van Binnelanders uitspeel.

Lees ook: Terug in die kollig: Heléne Lombard in ‘Binnelanders’ as Rentia Smit te sien

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Nuwe restaurant in Kaapse Waterfront fokus op Afrika-kos

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts    Die restaurant staan onder leiding van die bekwame…

14 hours Gelede

Van Tienertoneel tot Showmax: Graad 11-leerder slaan rol in Spooksoeker-verwerking los

Rico vertolk Warno Alberts in die Showmax Original-tienerreeks Spooksoeker, wat op die topverkoperboeke deur veelbekroonde…

15 hours Gelede

Espressokoekies

Maak 36 koekies   Bestanddele   500 ml (2 k) koekmeel 60 ml (¼ k)…

16 hours Gelede

5 maklike veranderinge wat jy tydens Hartbewustheidsmaand kan maak om jou gesondheid te verbeter

September is die maand van hernuwing en positiewe verandering. Dit is ook wanneer Suid-Afrika Hartbewustheidsmaand…

1 day Gelede

Om weer in Andries se skoene te klim: De Klerk Oelofse oor sy pad met ‘Nêrens, Noord-Kaap’

De Klerk Oelofse en Andries Adendorff kom al ’n lang pad – van 2017 met…

1 day Gelede

Laat die kurke vir dié wenners klap!

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts    Plettenbergbaai se Newstead Wines stap vanjaar vir die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.