Liezl de Kock, bekend vir haar kragtige vertolkings in teater en rolprente, betower (en frustreer) tans kykers met haar rol as Sally Strydom, ’n nuwe komplekse antagonis in die gewilde sepie Binnelanders. Liezl is ’n veelsydige aktrise met ’n agtergrond as regisseur, teatermaker en dosent, en is al telkemale bekroon vir haar werk in verskeie produksies.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
In haar rol as Sally, speel Liezl ’n geharde krimineel en dwelmhandelaar, wat bewys dat haar vermoë om intense, gelaagde karakters tot lewe te bring, steeds net sterker word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
“Sally se veerkragtige, baanbreker- en entrepreneursgees het my baie geïnspireer,” vertel Liezl wat deur ’n enkelma grootgemaak is en ’n diep verbintenis met haar karakter se vindingrykheid en onafhanklikheid voel.
“Sally se lewe was nooit plain sailing nie. Sy het vroeg besef dat as sy wil oorleef, gaan sy haar eie instink moet vertrou en so onafhanklik as moontlik wees. Vir ’n vrou beteken finansiële onafhanklikheid sy besit haar vryheid, en daardie prys is nooit te groot nie. Ek geniet en bewonder dat sy haar eie morele kompas volg, nie die een wat die samelewing vir haar voorskryf nie,” sê sy.
Sally se skerp instinkte en vasberadenheid het haar juis gehelp om ’n gevreesde reputasie op te bou, insluitend die skepping van ’n fiktiewe baas, mnr Simons, wat sy gebruik om lojaliteit en vrees by haar volgelinge in te boesem.
“Dit was ’n uitdaging om Sally geloofwaardig uit te beeld,” sê Liezl, “sodat haar menslikheid deurskemer en kykers glo sy is in staat om ’n sindikaat te lei.”
Volgens Liezl heg Sally groot waarde aan vriendskap en lojaliteit, dis om hierdie rede wat sy Marissa genoeg vertrou het om die waarheid mee te deel.
“Die herontdekking van Marissa was vir haar ’n groot geskenk. Hulle het mekaar beskerm en was soos familie. Ek dink om Marissa weer te verloor, met die besef dat dit toe al die tyd Ella was, was vir Sally ’n harde slag.”
Met Sally wat volgende jaar weer op die kassie gaan verskyn, wag daar nog baie drama vir Binnelanders-aanhangers soos sy haar kriminele net verder spin.
“Ek is só opgewonde vir wat voorlê!” sê Liezl, wat terg dat Sally se bondgenootskappe vir heelwat nuwe kinkels in die reeks sal sorg.
Karlien Meiring het met Liezl gesels oor wat haar motiveer, haar gedagtes oor Sally, en haar reis as aktrise.
Dit maak my verlig! Dit beteken sy doen haar werk. Sy is so ’n multidimensionele karakter, ’n droom-uitdaging vir enige akteur. Dit was vir my belangrik dat sy geloofwaardig oorkom en dat ek haar intelligensie justice doen.
Presies dit! Haar aanpasbaarheid, taaiheid, kritiese denkwyse, en kreatiewe behendigheid. Dit maak nie saak hoe hopeloos of vasgekeer sy in ’n situasie voel nie, met ’n bietjie improvisasie kry sy weer haar kop bo water. Haar speelsheid en ondeundheid herinner ’n mens om die lewe nie te ernstig op te neem nie – goeie raad vir ’n angstige mens soos ek.
Dit is ’n massiewe eer om by studente te leer hoe om mens te wees. Die druk wat studente deesdae ervaar, is kompleks en oorweldigend. Die raad wat ons probeer oordra, is wat Brené Brown so mooi in haar boek The Power of Vulnerability artikuleer. Daar is soveel courage in jou egtheid en kwesbaarheid, en om dit met die wêreld te kan deel. Jou kapasiteit vir empatie met jouself en ander is ’n super power.
Ek is by tye baie hard en krities op myself, en ek oordink ’n ding in die grond in. My ondervinding in clowning het my al so baie gehelp om my eienaardighede en tekortkominge te aanvaar en oop te bly wanneer dinge skeefloop, want daar is altyd ’n versteekte geskenk wat jy nooit op ’n ander manier sou kon ontdek nie.
My ma het my elke jaar na die Grahamstown Festival toe gevat, en daar het Philippe Genty se Dédale my lewe verander. En toe sien ek Baobabs Don’t Grow Here met James Cunningham en Helen Iskander. Die clowning chemistry en alchemy wat hulle geskep het, het my hart laat sing. Ek was gelukkig genoeg om ná my vierde jaar by FTH:K, ’n doof- en horende geïntegreerde teatergroep wat op visuele teater en clowning fokus, te begin werk. Daardie ervaring het my die mens gemaak wie ek vandag is.
Ek is so opgewonde om weer teater te doen! Ek is op pad Kaap toe vir die Unima Puppetry Workshops en Conference en gaan daarna in Brett Bailey se Summer Dream by die Spier-wynplaas speel. Ek was vanjaar deur die ATKV genooi om werkswinkels in maskerwerk, poppespel, objekteater en clowning aan te bied. Ek wil dit volgende jaar verder vat en by soveel skole moontlik uitkom.
Ek is ook besig om te broei op my eie teaterstuk …
My droomprojek? ’n HBO-reeks saam met Cillian Murphy! A girl can dream!
Skakel weeksaande om 19:30 in op kykNET (DStv-kanaal 144) vir die jongste drama en intrige wat in die gange van Binnelanders uitspeel.
Lees ook: Ontmoet Megan Vorster,’Binnelanders’ se vurige nuwe verpleegsuster
Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…
Deur Mariette Snyman “Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die…
Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier! Modern 14 F13MG Kleinhandelaar:…
Foto's: Instagram/Bernice West Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…
Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Hierdie webwerf gebruik koekies.