kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Len Muller oor sy passie vir musiek en sy gesin

Buiten vir sy uitsonderlike talent as musikant en liedjieskrywer, is Len Muller ook bekend as ’n man wat passievol is oor sy gesin en veral pa-wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit is daarom heel gepas dat sy jongste kortspeelplaat “Arende en engele” aan sy vrou en seun opgedra word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hierdie album, wat hy beskryf as ’n “akoestiese ballade-album met diep lirieke en intieme stemopnames”, is geïnspireer deur sy reis as ’n pa, eggenoot, musikant en mens.

“Ek dink luisteraars gaan aanklank vind by die eerlikheid en die emosie van die liedjies. Dit bied ’n diep insig in die emosionele reis van vaderskap, en ek glo dat dit nie net ouers sal raak nie, maar enigeen wat met dieper lewensprobleme worstel. Die liedjies is intiem en ek hoop dit bied luisteraars troos en bemoediging,” verduidelik hy oor die nuwe vrystelling.

Foto: Willem Foster Photography

Al die snitte kom uit sy eie pen, behalwe vir sy weergawe van die Prime Circle-treffer, “She always gets what she wants”.

“Ek is baie opgewonde dat hierdie vrystelling my eerste Engelse opnames insluit. Ek het gevoel dat die temas van die liedjies so persoonlik is dat dit my toegelaat het om ook in Engels te sing, wat vir my ’n nuwe en verfrissende uitdaging was. Ek hoop dat die kombinasie van tale die kortspeler ’n breër aantrekkingskrag sal gee en dat dit mense sal bereik wat dalk nog nooit na my musiek geluister het nie,” vertel hy.

Volgens Muller is die sentrale liedjie “Verwagtings” ’n liefdesbrief aan sy seun, Arend, en een van die persoonlikste liedjies wat hy nog geskryf het.

“Ek wou iets skep wat Arend sal herinner aan hoe lief ek hom het en hoe ek altyd die beste vir hom wil hê,” sê Len. “Die liedjie is gevul met hoop, liefde en die vrese wat elke ouer vir hul kind se toekoms het. Ek het dit baie intiem en opreg probeer hou, en hoop dat die liedjie mense sal herinner aan die belangrikheid van familie en die klein oomblikke wat dikwels die grootste impak het.”

“Verwagtings” volg in die voetspore van “Jy’s Okay”, die eerste vrystelling vanaf sy kortspeelplaat. Nadat hy en sy vrou, Chanél, deur ’n moeilike en hartseer tyd gegaan het, het hy die lied geskryf in ’n poging om haar en homself te troos.

“Jy’s Okay” se musiekvideo is by Len se huis in die Kaap verfilm en sluit tonele van hom alleen voor die klavier én saam met ’n orkes in.

“Ons het besluit dat die lied baie persoonlik is en daarom wou ons dit ‘close to home’ hou. Om ’n stukkie van my hart te probeer uitbeeld soos wat die lied reeds doen,” voeg hy by.

Foto: Willem Foster Photography

Karlien Meiring het meer oor sy reis as musikant en pa gaan uitvind.

Hoe het die rol van pa-wees jou perspektief op die lewe en jou musiek verander?

Om ’n pa te wees, het my hele wêreld op sy kop gekeer, maar op die mooiste manier moontlik! Dit het my meer gefokus en doelgerig gemaak in die manier waarop ek die lewe en my musiek benader. Ek glo my liedjies het meer gewig en betekenis gekry.

As jy terugdink aan jou eerste paar liedjies, hoe sou jy sê het jou styl en klank oor die jare ontwikkel?

Ek dink die grootste verandering is in die volwassenheid van my lirieke en die diepte van my stories. My vroeë liedjies was eenvoudig en dikwels op ligter temas gegrond, maar met die lewe se opdraandes en uitdagings, het my musiek begin reflekteer wat ek ervaar en verstaan. Ek is meer geneig om nou my hart, eerlik en rou, in my lirieke te ontbloot. Musikaal gesproke het ek ook geleer om dinge nie te forseer nie en eerder op eenvoud te fokus om emosie oor te dra.

Jy het vir die eerste keer ’n Engelse lied opgeneem. Wat het jou geïnspireer om dit te doen en hoe was die ervaring vir jou?

Ek het gevoel dat sekere emosies en boodskappe dalk beter in Engels sou oorkom, veral met die cover van “She Always Gets What She Wants”. Engels het vir my ’n nuwe platform geskep om myself op ’n ander manier uit te druk, en dit was eintlik opwindend om iets vars te probeer. Ek was eers ’n bietjie uit my gemaksone, maar dit het gevoel asof dit my kreatiewe grense verbreed het, en ek dink dis goed vir enige kunstenaar om soms daardie perke te toets.

Foto: Willem Foster Photography

Wat hoop jy mense sal voel as hulle na “Jy’s okay” luister?

Met “Jy’s okay” wil ek mense herinner dat daar hoop is, al voel dinge donker of uitdagend. Die liedjie is bedoel om ’n troos, ’n drukkie en ’n skouer te wees vir almal wat deur moeilike tye gaan. Ek hoop dit herinner mense dat hulle nie alleen is nie, dat dit soms regtig oukei is om nie oukei te wees nie, en dat daar altyd lig aan die einde van die donker tye is.

Hoe hou jy jou kreatiwiteit aan die gang, veral in tye wanneer dinge moeilik raak?

Ek probeer om deur alles wat ek ervaar, insig te vind. Wanneer dinge moeilik raak, is dit dikwels die beste tyd om kreatief te wees, want dis wanneer die rou emosies die hardste praat. Ek probeer ook om myself gereeld te herinner waarom ek begin het en wat musiek vir my beteken. Soms is dit die klein dingetjies soos ’n mooi oomblik saam met my gesin, of ’n geselsie met ’n vriend, wat my weer inspireer.

Foto: Willem Foster Photography

Len se kortspeelplaat is nou op alle digitale stromingsplatforms beskikbaar.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Chereé oor haar terugkeer na countrymusiek

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Vinnige salmpasta

Genoeg vir 4. Bestanddele   500 g vars pasta, soos tagliatelle of spaghetti 250 ml…

8 hours Gelede

Hoe om jou hond se ore skoon te maak

Om jou hond se ore skoon te maak is ’n noodsaaklike deel van sy basiese…

9 hours Gelede

Gevulde soetrissieslaai

Bestanddele   3-4 groot rooi soetrissies, middeldeur gesny, en wit vliesies en pitte verwyder. sout…

9 hours Gelede

10 goed wat jy kan doen om slegte gewoontes hok te slaan

Ons almal het een of ander slegte gewoonte. Die goeie nuus is dat jy dit…

11 hours Gelede

Van speelskool na grootskool: 5 wenke

Van speelskool na grootskool: 5 wenke deur Mariette Snyman. Foto Pixabay   Om by die…

12 hours Gelede

Verleng die lewe van jou swembroek

Met die strandseisoen op ons, kyk ons na die moets en moenies om te verseker…

12 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.