kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae met Laura-Lee Mostert oor haar droomrol in ‘Binnelanders’

Jy herken waarskynlik Laura-Lee Mostert vir haar komiese talent as die flambojante drama-onderwyseres, Driena, in die gewilde laerskoolreeks Pronk Primêr, maar sy is nou gereed om kykers met ’n splinternuwe kant van haarself te verras.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sy het Donderdagaand by die geliefde sepie Binnelanders as Amor Prinsloo, ’n skerpsinnige sakevrou, aangesluit. Maar moenie dink jy het haar al deurgrond nie – soos Laura-Lee dit stel: “Kykers sal later al Amor se maskers ontdek.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Haar karakter begin as ’n korporatiewe konsultant wat Binneland-kliniek se sake kom reg ruk, maar dit raak gou duidelik dat sy haar eie agenda het. Laura-Lee beskryf haar as “’n veelsydige, briljante en ambisieuse vrou met ’n geskiedenis wat by haar spook” en verklap dat daar groot onthullings oor haar karakter wag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Foto: Verskaf/kykNET

“Ek wou nog altyd ’n karakter soos Amor in ’n sepie speel so dis waarlik ’n dream come true,” vertel die aktrise wat ook as vervaardiger by Bouwer Bosch en Bennie Fourie se produksiemaatskappy, Freckle Agency, werk.

Vir Laura-Lee was dit ’n ongelooflike ervaring om by Binnelanders aan te sluit, al het dit sy eie uitdagings gehad. “Binnelanders is ’n Suid-Afrikaanse instelling – legendaries in sy soort – so ek was redelik op my senuwees om seker te maak ek eer die program, die akteurs en crew wat al lank daar is, die kykers en my karakter,” sê sy.

Hoewel sy haar hart op komedie verloor het, was sy opgewonde om hierdie dramatiese rol aan te pak. “Dit was ’n aanpassing om nie so baie te kan improviseer nie, maar ek was gereed om myself uit te daag,” erken sy. En dít is presies wat sy gedoen het.

Foto: Blyde Smit, Sowaar Studios

Laura-Lee het vyf vinnige vrae oor haar ervaring, karakter en die TV-wêreld beantwoord.

Amor begin aanvanklik as ’n buiteperd, maar wen uiteindelik mense se vertroue. Het jy al ooit self in ’n situasie beland waar jy ander van jou waarde moes oortuig?

Male sonder tal! Vroue word mos maar as ’n reël onderskat; veral as jy in ’n meer senior posisie is waar jy mense moet bestuur. Ek het wel al geleer dat ’n mens soms ook net kan “wees”, en nie die heeltyd so hard hoef te probeer om jouself te bewys nie. Meeste van die tyd is jy waardevol genoeg.

Foto: Blyde Smit, Sowaar Studios

Is daar ’n akteur met wie jy nog nie tonele gehad het nie, maar graag sou wou hê?

Ek het onlangs eers vir die eerste keer saam met oom Hans (Strydom) tonele gehad – ek glimlag elke keer van oor tot oor – wat ’n legende! Ek sal graag meer tonele saam met Roberto Kyle wil doen; ons ken mekaar van studentedae af en dit sal lekker wees om nou in ’n professionele ruimte ook saam te kan speel.

Jy is nie net ’n aktrise nie, maar ook ’n vervaardiger by Freckle Agency en werk saam met kreatiewe geeste soos Bouwer Bosch en Bennie Fourie. Wat is van die snaaksste of mees onverwagse projekte waaraan julle gewerk het?

Om saam met Bennie en Bouwer te werk, is altyd snaaks en meestal onverwags. Ek leer elke keer iets nuuts by die twee manne – ons snaaksste advertensies is gewoonlik dié wat vir my die meeste slapelose nagte gee. Daar is net soveel reëlings! Die onlangse LekkeSlaap-advertensie met Siya, Eben en Drikus was beslis een vir die boeke.

Dink jy jou ervaring as aktrise help jou om ’n beter vervaardiger te wees?

Ek dink my ervaring as vervaardiger help my om ’n beter aktrise te wees. Om in produksie te werk, gee jou ’n goeie insig van hoe ’n stel werk, watter rolle mense speel, en hoe belangrik elkeen se rol in die storievertelproses is. Ek het baie meer respek vir elke departement vandat ek agter die skerms werk. Ek neem my rol as aktrise baie ernstig op, maar ignoreer nie die feit dat alles ’n spanpoging is nie.

Wat is die grootste wanopvatting oor akteurs wat jy graag sal wil regstel?

Sjoe! Ek dink die meeste akteurs wat ek ken, is “ook maar net mens”. Ek dink mense aanvaar omdat jy in die kollig is dat jy outomaties ’n dik vel moet hê, en dinge soos aaklige kommentaar op Facebook net moet aanvaar, maar akteurs het ook hul dinge: Kinders by die huis, hartseer, drome en gevoelens wat beslis seergemaak kan word.

Foto: Blyde Smit, Sowaar Studios

Skakel weeksaande om 19:30 in op kykNET (DStv-kanaal 144) vir die jongste drama en intrige wat in die gange van Binnelanders uitspeel.

Lees ook: Kokkedoor Vuur & Vlam: Potjie-roer-my-nie se wenners gesels oor vaalkos en ’n molpot

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

3 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

3 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

3 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

3 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.