Hooffoto: Stavros Cassapis
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het die reeks kykers landwyd aangegryp. Nie net omdat dit gegrond is op die ware, ontstellende moordsaak wat die land in die jare sestig geskok het nie, maar ook weens die kragtige vertelling wat die gebeure van dekades gelede opnuut laat herlewe.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Ná die spanning en hartseer van die vroeë episodes, word kykers nou in die middel van die jare tagtig geplaas – ’n tyd van onstuimigheid in Suid-Afrika, maar ook van aanhou soek na geregtigheid. Dis hier waar aktrise Kristen Raath haar toetrede tot die reeks maak in die rol van Ria Fourie, die lojale vrou van speurder André Fourie (Beer Adriaanse) en ma van hul twee kinders.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“Hoe dinamies sy is, het my eerste opgeval,” sê sy oor haar karakter, Ria. “Sy is die rots vir haar gesin wat duidelike grense stel en tog is sy ook die sagte kombers wat hulle koester. Dit vat ’n baie sterk karakter met ’n gesonde ego om onderdanig te wees, maar tog die pot aan die kook te hou.”
Lees ook: Kokkedoor Vuur & Vlam: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne
Kristen, wat vir haar veelsydigheid op die klein skerm bekend is, het reeds ’n stewige plek in Suid-Afrikaners se harte met haar rolle in 7de Laan, Tydelik Terminaal en Wyfie verower.
Vir Kristen was Ria egter meer as net nóg ’n rol.
“Dit is ’n ware verhaal en dit het gemaak dat daar ’n magiese ‘risiko’ in die lug was,” vertel sy. “Alles het bestem gevoel, asof ons ’n verskil maak. Ek bid dat almal daardie tasbare seën eens in hul lewe ervaar.”
As deel van Niggies se indrukwekkende rolverdeling onder regie van die veelbekroonde Jaco Bouwer, help Kristen om lig te werp op die emosionele prys wat families soos dié van Issie Fourie moes betaal – en steeds doen.
Karlien Meiring het meer oor Kristen se ervaring op stel en haar ander talente gaan uitvind.
Dat hulle plek maak vir jou. Ek was ’n gelyke. En hoewel my kop gespin het en my vingers geknyp het wanneer ek die magtigheid van die oomblik besef, was dit mý kop en mý vingers. Om nederigheid by sulke sterre te ervaar, maak ’n mens opgewonde vir die pad wat jy nog moet stap om by hul gehalte te arriveer.
Haar toewyding tot klippe kou vir haar huwelik het die haas in my verminder. Nie omdat ek dit nie wil hê nie, maar omdat ek deur haar weer besef het dit vat ’n volle blikbeker om die lewe saam iemand aan te pak.
En eerlikwaar, die kinders was vir my ’n verrassing. Ek was nog nooit een wat dagdroom oor ma-wees nie, maar hoe gemaklik dit gevoel het en hoe lekker dit was om te aanvaar, laat my nou meer vashou aan die gesegde: “Never say never.”
Lees ook: Antoinette Louw gesels oor Suidooster se nuwe feeks: “Sy vermy haar eie seer”
Definitief. IT word as swart en wit gesien, maar dit is eintlik hoogs kreatief. Om ’n program te skryf, is soos om ’n persoonlikheid te verstaan en te bou. Jy moet die taal eers verstaan voor jy kan kommunikeer. Net so moet jy jou karakter se motivering en intensies verstaan voor jy in hul skoene kan leef.
Ek is redelik ’n oop boek, maar iets wat ek nie noodwendig op grootskaal deel nie, is my geestelike liefde. Ek sit meestal met my kop en hart tussen God en my engele, en het redelik al ’n paar dinge geleer. Om my mening te deel en ander sin te ervaar, gee my ’n groot ‘kick’. Almal se waarheid is anders, en ons moet dit vier en nie skaam wees daaroor nie.
Foto: Stavros Cassapis
Ek skiet die jaar my eerste fliek waaroor ek bitter dankbaar en opgewonde is. Ek manifesteer onophoudelike werk voor en ná dit, maar intussen hou my musiek my besig. Ek weet dat ek binnekort musiek moet vrystel; ek weet nog nie waar of hoe nie, maar ek weet ek gaan. So, julle gaan my definitief hoor sing!
Niggies is Dinsdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.
Lees ook: PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…
Genoeg vir 4 Bestanddele 15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…
Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…
Hierdie webwerf gebruik koekies.