kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met komediant Shimmy Isaacs oor haar Showmax-sitkom, Mince jou hare

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wat het jy vir jou ma vir Moedersdag gegee?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die bekroonde komediant Shimmy Isaacs het vanjaar bo almal met haar geskenk aan haar ma uitgestyg: Haar ma, Frieda, het haar eie Showmax Original-reeks gekry!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Mince jou hare, die goedvoel-Showmax-sitkom, wat in die fiktiewe dorpie van Hex-vallei in die Wes-Kaap afspeel, volg Frieda se verhaal soos sy haar pos in ’n fabriek bedank om ’n haarsalon vanuit haar huis te bedryf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Shimmy, die skepper, vervaardiger en skrywer van Mince jou hare, vertel dat die program, deur haar familie en gemeenskap geïnspireer is en ‘n persoonlike huldeblyk aan haar ma is, wat op 17 swanger met Shimmy geword het.

Met slegs ’n paar episodes beskikbaar, is dit reeds een van die toptienreekse wat die meeste op Showmax gekyk word. Shimmy, wat haarself reeds as suksesvolle stand-up-komediant en aktrise gevestig het, het ook in die Showmax-komedie Koek, die dramareeks Arendsvlei, en die gewilde Netflix-programme Unseen en Blood & Water gespeel. Sy was ook in Magda Louw te sien.

Die rolverdeling sluit die komediant Dugald Pieterse as Frieda se man, Vincent Klaasen, Bianca Flanders as haar beste vriendin, Julia September en Franka Kirby in ’n deurbraakrol as haar dogter, Jody Klaasen, in.

Keenan Arrison, Lee-Ann van Rooi, Euodia Samson, Gershwin Mias en Emile Smit, voltooi dié talentvolle rolverdeling.

Spinners se David Isaacs (die medeskepper van Joe Barber en G.I.L., Swartwater- en Sara se Geheim-regisseur) behartig die regie, met die YouTube-fenomeen Early B wat die reeks se temalied geskep het. Die veelbekroonde Roberta Durrant en Penguin Films dien as vervaardigers – dieselfde span wat Stokvel en Home Affairs (wat albei vir internasionale Emmy-toekennings benoem is) gemaak het. Só ook was hulle die vervaardigers van Diepe waters en Arendsvlei, en die dramareekse Projek Dina en Sara se geheim.

Melissa de Vries as Frieda en Lee-Ann van Rooi as Suzette (Foto: Verskaf)

Caryn Welby-Solomon het met Shimmy gesels oor die betekenis wat die reeks vir haar inhou:

My ma se storie maak ’n groot deel van my storie uit, en dit het gevoel soos ’n belangrike een om te vertel.

Worcester was ’n fabrieksdorp en my ma was ’n fabriekswerker. Toe sy haar werk by die fabriek bedank, en sê dat sy klaar is daarmee om vir iemand anders te werk – dít was ’n noemenswaardige oomblik in my lewe.

Sy het alles gedoen wat sy voorgeneem het. Ek was ’n kind, so dit was die eerste keer wat ek gesien het hoe iemand ’n belofte aan hulself maak én dit hou. Dit het my geïnspireer om ook groot te droom en om dít te bereik wat ek aan myself belowe het. My ma verteenwoordig geloof vir my.

Ek wou dus ander mense blootstel aan die inspirasie wat my ma, Frieda, is, en aan die lewendige wêreld van klein dorpies soos Worcester.

Hex-vallei is deur Worcester, waar ek grootgeword het, geïnspireer, so dit sal altyd ’n spesiale plek in my hart hê.

Maar dit gaan eerder daaroor om karakters en mense uit te lig wat dikwels oor die hoof gesien word; wat nie klink soos waaraan ons gewoond is nie. Ek sê altyd dat bruin mense nie monolitiese mense is nie; hulle kom nie net van Kaapstad en die Kaapse Vlakte nie. Hulle praat selfs Afrikaans anders in Worcester.

Ek het ook gedink dit is belangrik om die kleindorpse waardes, soos op Worcester waar dit steeds gebruiklik is om byvoorbeeld vir bejaardes op te staan, en tannies oor die pad te help, te vier. Ons moet teruggaan na die ruimtes wat respek en vriendelikheid waardeer.

Ek dink nie dit is iets waarop ek spesifiek gefokus het nie. My ma is regtig ’n haarkapper, maar ek moet sê, ek het net drie haarstyle gesien terwyl ek grootgeword het. Hierdie storie is uiteindelik oor ’n vrou wat net sukses in die lewe wil behaal en bereid is om te doen wat ook al sy moet om dít te bewerkstellig.

Melissa [De Vries], wat Frieda speel, is sedert dag een, sedert ek die oorspronklike loodsepisode vyf jaar gelede verfilm het, by die projek betrokke. Ek het oorspronklik die draaiboek geskryf met ’n ander akteur in gedagte, maar toe stap Melissa by die oudisie in, en sy neem die karakter in ’n heel nuwe rigting. Ek het dit omhels. Ek het geleer om oop te wees vir haar interpretasie van die karakter. Sedertdien het ons almal gegroei en ek en Melissa het saam aan ander TV-programme gewerk. Ek het haar baie beter leer ken. Dit is goed om my akteurs te ken as ek van plan is om vir hulle te skryf sodat ek die karakters met die eienskappe van die akteur kan deurdrenk.

Nog ’n akteur saam met wie ek reeds gewerk het, is Gershwin [Mias], wat die karakter van Oompie vertolk. Ek kon spesifiek vir hom skryf omdat ek besluit het dat hy die perfekte akteur vir die rol is, nog voordat Showmax ja gesê het. En toe ons begin rondspeel met sy klerekas – wat deur Johnny Depp in Fear and Loathing in Las Vegas geïnspireer is – het hy waarlik in die karakter verander.

Die enigste akteur saam met wie ek nog nie voorheen gewerk het nie, is Bianca Flanders, wat Julia speel. Sy is splinternuut op my radar. Ek het oorspronklik die karakter van Julia geskryf om dit self te speel. Maar toe ek Bianca se video sien, het ek daaroor gebid en God gevra om vir objektiwiteit te gee. Dit het my toegelaat om te sien dat Bianca reg vir die rol was, want sy was nie soos enige van die akteurs wat ons gesien het nie en dit het die diversiteit van mense in Worcester vertoon. Bianca wys die meer Engelse kant van die mense van Worcester. Ek is mal oor die sagtheid wat sy aan die karakter van Julia gee, maar daar is ook hierdie element van hartseer omdat sy ongelukkig in sake van die hart is. Jy wil net hê sy moet geluk en liefde vind.

Melissa de Vries en Bianca Flanders as Frieda en Julia (Foto: Verskaf)

Eerstens wil ek hê dat hulle moet leer dat dit goed is om hulself te wees. Maar ek sê altyd: “Wees jouself met doelwitte.”

Kyk na Vincent, Frieda se man. Hy is daardie tevrede ou. En dan kyk jy na sy vrou. Yin en yang. Jy het balans in die lewe nodig. Jy het die een nodig wat oukei is en wat sê ons is genoeg en dan het jy die ander een nodig wat sê dis oukei, ons kan harder werk, sodat ons meer vakansies kan hê.

Wat ek wil hê mense van Mince jou hare moet neem, is dat hulle albei kan doen. Hulle kan hard werk én ’n goeie tyd hê. En weet dat hulle genoeg is, maak nie saak wat dit is nie.

Die eerste drie episodes van Mince jou hare stroom nou op Showmax, met nuwe episodes op Maandae beskikbaar.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Trix Vivier oor die dapper dramareeks ‘Juffrou X’

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

3 hours Gelede

Villa Rosa-ster nou in Suidooster: ‘Die poppe gaan dans…’

Die aktrise Elsje Slabbert, alom bekend vir haar rol as Carina Rautenbach in die destydse…

6 hours Gelede

Ons 6 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek

Bak vir ’n slag die heerlikste sjokoladekoek! Hier is ons 5 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek.

7 hours Gelede

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

1 day Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

1 day Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.