kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Joshua na die Reën & Karlien van Jaarsveld oor hul nuwe liedjie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Danksy die musiektalent van Joshua na die Reën en Karlien van Jaarsveld het die maand van liefde op ’n hoë noot afgeskop. Hul liefdesduet “Beter vir ons albei” is pas vrygestel. Hierdie popballade, wat deur Gideon Botes vervaardig is, delf in die mylpale wat ons vir onsself in die lewe stel – ’n treffende herinnering aan hoekom ons hier is en wat ons doel is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Oor die inspirasie vir die liedjie, verduidelik Joshua na die Reën oftewel Jacques de Villiers: “Ná ’n optrede ’n paar jaar gelede het ek die hartverskeurende nuus ontvang dat ’n vriend se pa oorlede is. Hy was iemand na wie ek baie opgekyk het, en ek het myself in ’n donker plek bevind. Wanneer iemand met so ’n beduidende impak op ’n mens se lewe sterf, laat dit ’n leemte, en ek het al hierdie vrae vir God gehad. Die lewe is so onseker, en jy weet nooit wat volgende gaan gebeur nie. Nadat ek by die gastehuis aangekom het, het ek met my kitaar op die kombuisvloer gesit en gevoel hoe God vir my sê om te onthou wat my doel is. Ek glo dat Hy hierdie oomblikke skep as bakens om ons op koers te hou.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Joshua na die Reën – oor sy nuwe album

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jacques vertel dat die idee om saam met Karlien aan die liedjie te werk, sy vrou, Danelle, se idee was. “Toe ek die liedjie vir haar speel, het sy gesê sy hoor Karlien se stem daarin, en ek het dadelik geweet dit is wat moet gebeur. Ek was opgewonde toe sy ingestem het om dit saam met my te doen.”

Hierdie samewerking is vir hom ’n groot voorreg, want hy het groot bewondering vir Karlien se menslikheid, talent en stem. Hy deel dat albei van hulle die persoon geken het waaroor die liedjie handel. “Dit is nie ’n duet wat mense sou verwag nie, maar ek bewonder iemand wie se uitkyk op musiek nie net vir vermaak is nie, maar om iets mooi en heilig na die wêreld te bring.”

Karlien stem heelhartig saam en sê dat sy baie gemaklik gevoel het om saam met Joshua na die Reën te werk. “Hy sien die wêreld anders, kyk dieper as net wat voor hom is, en laat jou toe om net jouself te wees. Hy is ’n diep denker, soos ek, en so musikaal! Ek weet nog altyd hy is een van my gunstelingmusikante, maar ná hierdie samewerking weet ek hy kan enigiets doen!”

Jacques sluit af: “Ek dink mense is mal oor musiek en ’n boodskap waarmee hulle kan vereenselwig, en dit is beslis so ’n liedjie. Dit sal jou ook herinner om daardie oomblikke te soek waar jy alleen en vreedsaam is, sodat jy waarlik tot in die kern kan ontdek wie jy as mens is.”

Karlien Meiring het met die ongewone wenkombinasie gesels:

Vier julle Valentynsdag?

K: Nie regtig nie, maar my man doen! My man sal altyd iets spesiaals doen en dan sal ek daarmee saamgaan, want ek is glad nie romanties nie. As ek iets moet kies, sal dit iets onder die sterre wees, ver weg van mense en geraas.

Ek dink wanneer ’n mens jonger is, is dit ’n goeie herinnering om waardering vir mekaar en vir jouself te wys. Soos jy ouer jy word, weet jy dat alles in en uit liefde die hoogste vorm van uitdrukking en groei is. Dan is dit deel van ’n daaglikse in- en uitasem en nie tydverbonde nie.

J: Ek en my vrou vier nie eintlik Valentynsdag nie. Ons probeer elke dag belangrik maak en ons liefde vir mekaar wys. Ons is maar teenstanders van ’n tradisie wat net ’n tradisie is. ’n Mens sien ongelukkig dat mense vreeslik moeite met mekaar op sulke dae doen, maar dan die res van die tyd mekaar afskeep. As ’n mens regtig lief vir mekaar is, sal elke dag dit weerspieël. Dit bly vir my lekker om te sien hoe mense dit vier en dis veral spesiaal om ’n optrede op die dag te kan doen.

Op watter maniere beïnvloed of inspireer jou aanhangers jou musiek?

K: Ek is sommer net verstom met hoeveel jongmense al my liedjies ken. Dis so lekker om veral kinders in die oë te kan kyk by my vertonings terwyl ons die liedjies vir mekaar sing. Dan sing ek nie meer alleen nie. Ek dink daar is ’n “heel” gevoel in sulke oomblikke en dit laat my aanhou op verhoë klim.

J: Ek waardeer veral waardevolle gesprekke met my aanhangers. Ek is baie bly my loopbaan is nie gebou op wie ek is nie, maar eerder op dit wat ek skryf en as ’n musikant skep.

Wat is jou gunsteling-liefdesliedjie?

K: “Forever Young” van Rod Steward.

J: “A Case of You” van Joni Mitchell en “Hoe ek voel” van Johannes Kerkorrel

Is daar ’n spesifieke genre of styl van musiek wat jy nog nie verken het nie, maar graag wil?

K: Ek doen nogal ’n redelike verskeidenheid genres by my vertonings, maar ek sou graag net diep musiek wou sing, wat ware stories vertel. Dis egter nie altyd die gewildste liedjies nie.

J: Miskien sal funk iets wees, wat ek in my toekomstige musiek sal wil inwerk.

Al twee van julle het aansienlike sukses in die bedryf behaal. Wat sou jy as die hoogtepunt van jou loopbaan tot dusver beskou?

K: Net waar ek vandag is. Saam met my band in ’n repetisielokaal of op ’n verhoog voor duisende mense. Albei dele is vir my ewe lekker.

J: Dis regtig net vir my amazing om saam met my vriende musiek te kan maak en om mense daardeur weg te voer. As ek op die verhoog staan en kan sien hoe die belewenis iets in iemand se oë laat begin lewe, is dit vir my ’n hoogtepunt. As dit by samewerkings kom, is ek veral dankbaar om saam met mense soos, Janine Neethling, Amanda Strydom, Coenie de Villiers, Richard van der Westhuizen, Liani Reynolds, Leon Gropp, Simoné Roets en nou Karlien, te kon werk.

Foto: Hendri van Skoll Photography

“Beter vir ons albei” is nou op alle digitale stroomplatforms beskikbaar.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met ‘Die Kontrak’ se naaswenner, Mirandi

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

2 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

7 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

9 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

9 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

9 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.