kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Janey en Waney

Hooffoto: Casper Willemse

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dié twee TikTok-grapjasse, Jana Jooste (Janey) en Rynhardt Schoeman (Waney) is al 15 jaar goeie vriende en het van dag een af ‘n liefde vir “nonsens praat” gedeel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ons het nog altyd te veel vir ons eie grappies gelag – en eendag, terwyl ons op die stoep gesit en ons gunstelingvonkelwyn gedrink het, het ons onsself weereens bevind waar ons huil van die lag vir iets simpels.”

Hulle het toe besluit om ‘n video daarvan te maak en dit op TikTok te laai: “Ons wou eintlik maar net sien of daar ander mense is wat dieselfde simpel sin vir humor as ons het. En wragtig! Ons het soveel positiewe terugvoering op daardie video gekry dat ons besluit het om nog te maak.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sedertdien daardie eerste video in Julie 2021, het hulle meer as 294 video’s op hul TikTok-blad vir hul 134 700 volgelinge gelaai!

Karlien Meiring het meer oor hierdie skreeusnaakse span gaan uitvind.

1. Hoekom dink julle is jul video’s só gewild?

Kykers hoef nie te hard te dink wanneer hulle ons video’s kyk nie. Dis lig, positief en sommer net laf – iets wat baie mense in 2022 nodig het. Ons video’s is Afrikaans en mense hou daarvan om in hul eie taal te lag. Die Afrikaanse mark op TikTok is nog lank nie versadig nie! Ons grap gereeld oor Afrikaanse musiek, TV-programme en mense se maniërismes. As jy Afrikaans is, het jy definitief al iets van jouself in ons video’s raakgesien!

2. Wat is die moeilikste deel daarvan om humoristiese video’s vir duisende volgelinge te maak?

Ons al twee het ons eie families en moet plan maak om by mekaar uit te kom wanneer ons wil inhoud skiet. Dis nie altyd maklik om ‘n tyd te kry wat ons albei se skedules toelaat nie. Die moeilikste is egter wanneer ons die dag vasgesit het en dan moet maak asof ons van mekaar hou. Ons het minstens twee video’s al geskiet waarin ons ongelooflik hard moes probeer om nie te lyk asof ons mekaar verpes nie. Ons baklei darem min, maar wanneer ons doen, is dit ‘n goeie “fight”!

Ons hardloop ook minstens elke twee weke uit idees uit en dan wonder ons: “Is dit nou dit? Is ons nou klaar met Janey & Waney?” Gelukkig kry een van ons dan weer ‘n idee in die middel van die aand en bel die ander een opgewonde wakker om dit te deel!

Ons sit nie druk op onsself om aan nuwe idees te dink nie, dit gebeur soos ons iets snaaks sien of iets onthou wat lank terug gebeur het. Een van ons video-idees het al in Janey se droom na haar toe gekom. Hoekom sy gedroom het oor wat ‘n piesangskil in Engels genoem word, weet ons nie, maar ons is bly sy het!

3. Wie en wat laat júlle lag?

Ons het eendag met ‘n stukkende kar in ons buurt rondgery. Die passasiersdeur kon nie toe nie en het oopgeswaai elke keer as ons om ‘n draai gegaan het. Die kar het ook ‘n skreeugeluid gemaak as ’n mens reverse het. Ons het ‘n hele middag deurgebring om te kyk om hoeveel draaie ons kan gaan en by hoeveel besige plekke ons kan reverse sodat ons mense se gesigte kon sien wanneer dit gebeur. Ons het gelag dat die trane loop! Daar is nie baie mense wat die heeldag so saam met jou sal rondry en nog lag ná die 400ste keer wat die deur oopswaai nie. Ons kan dus met veiligheid sê – ons vind mekaar baie snaaks!

4. Wat sal mense verbaas wees om van julle uit te vind?

Waney is ‘n reuse- Beyoncé-aanhanger. Hy ken elke liriek en elke danspassie van haar uit sy kop uit!

Janey wil nie hê mense moet die weet nie, maar sy het sanglesse tot in matriek gehad. Sy en haar suster het ‘n CD uitgebring en het al opgetree op ‘n verhoog in die middel van Centurion-winkelsentrum. En nee, julle sal nóóit die CD hoor nie … Dit is te “cringy”!

5. Julle lyk altyd so modieus en Jana se grimering so mooi! Doen jul alles self? Het julle enige mode-ikone?

Janey kyk gereeld grimering-“tutorials” op YouTube. Sy doen haar eie grimering, en jy sal haar nie sommer daarsonder sien nie! Haar mode-ikoon is die winkelpoppe in haar gunstelingklerewinkel, Forever New.

Waney het nog altyd ‘n baie goeie sin vir styl gehad en is ‘n bietjie van ‘n metro-man. Hy volg verskeie mode-ikone, soos Daniel Ocean, op Instagram vir inspirasie oor hoe om uitrustings by mekaar te sit. Waney is baie veelsydig en volg nie net een styl nie. Een dag lyk hy boere-chic en die volgende dag lyk hy soos ‘n hip-hop-ster. Dis altyd interessant om hom iewers te sien aankom!

Volg hulle op TikTok en Instagram!

Lees nog: rooi rose gesels met Ludik-aktrise Diaan Lawrenson

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is jy dalk uitgebrand? Toets jouself

Toets 1 Ek voel emosioneel dood. Dit is asof ek my werk en my kollegas op…

1 day Gelede

6 oefeninge wat snork stop sit

Ons snork omdat ons keelweefsel pap raak. Spiere wat nie gebruik word nie raak pap…

1 day Gelede

5 dekorflaters om te vermy

Dit is nie altyd maklik om jou eie huis te versier nie. Ons het gaan…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met André de Villiers oor nuwe seisoen van ‘4×4 Met André’

Maak jou reg vir ’n onvergeetlike Namibiese 4x4-avontuur met die bekende 4x4-spesialis, André de Villiers.…

1 day Gelede

Marciel groet vanjaar ‘Boer soek ’n vrou’

In ’n eksklusiewe onderhoud met Landbouweekblad het die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Hopkins onthul…

1 day Gelede

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.