kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jana Kruger oor ‘Een keer om die son’ se komplekse Lani

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In daardie twaalf maande kan geweldig baie, bitter én soet, gebeur. Die nuwe kykNET-dramareeks, Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die loop van ’n kalenderjaar. Elk van die twaalf episodes beeld ’n maand in hul lewe uit met terugflitse wat wys hoe hulle beland het waar hulle is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Jana Kruger bring die komplekse karakter van Lani van Wyk tot lewe in hierdie emosionele reis. Lani, getroud met Ruan van Wyk, ’n neurochirurg, is die ma van drie kinders en probeer om die voorkoms van ’n gelukkige gesin te handhaaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Lani is die spreekwoordelike gom wat die Van Wyk-gesin aan mekaar hou. Sy is waardevol vir elke gesinslid en die hart van die huis. Haar gesin is die kosbaarste ding in haar lewe en ma-wees is deel van haar identiteit,” sê Jana.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wanneer Lani onverwags in die eerste episode sterf, en haar gesin se wêreld op sy kop draai, laat sy duidelik ’n leemte in elke gesinslid se lewe. Dit is dan wat kykers in terugflitse sien hoe Jana Lani se versteekte seer en innerlike stryd met angs en depressie vertolk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Een keer om die son is Ivan Botha en Donnalee Roberts se eerste TV-reeks wat hulle onder die vaandel van 17 Films vervaardig het. Bekend vir trefferflieks soos Pad na jou hart, Stroomop, en Blindelings, het hulle hierdie keer die medium van televisie aangepak om die komplekse verhaal van die Van Wyk-gesin te vertel en temas van liefde, verlies, en innerlike stryd aan te raak.

Karlien Meiring het meer by Jana oor haar diep emosionele reis as Lani gaan uitvind.

Dit was vir my baie natuurlik om Lani te vertolk. Dis interessant hoe die lewe nog altyd rolle na my kant toe gebring het, wat met my of my geslagslyn te doen het. Dit gaan baie keer gepaard met ’n sekere gevoel van bekendheid, asof ek al reeds iets van die karakter ken nog voor ek haar op die bladsy ontmoet het. Ek kon dadelik op Lani se binnewêreld en vibrasie intap.

Woorde dra energie wat ’n karakter se frekwensie bepaal. Soos die teks dit vir my uitlê, begin ek ’n gevoel kry vir hoe sy aan die binnekant voel, dink en is. Ek het  navorsing gedoen oor angsaanvalle, depressie en oor die verskillende maniere hoe dit kan verskyn. As jy jou karakter verstaan, kan jy jouself as spreekbuis oorgee, en jy word een met wat jy dink die karakter voel en beleef.

Ek hoop kykers sal besef hoe belangrik dit is om dit waarmee ons in die donker worstel, in die lig in te bring. Om werklik vrede en geluk te vind, is dit noodsaaklik om eerlik te wees, eerstens met jouself,  maar ook met jou gesin of binnekring. As jy ’n gesin is, is jy ’n eenheid; elke lid het ’n invloed op die res. Jou beste welstand is ook my beste welstand en as ek jou seermaak, kry die gesin ook seer. Dis hoe ’n mens emosionele intelligensie, sterk familiebande en waardes kweek. Geheime het die vermoë om die gehalte van jou lewe onbewustelik te saboteer. Dis in die donker waar dit vrylik kan beweeg sonder dat jy werklik in beheer is.

Lees ook: Karlien gaan saam met dogter terug in tyd in nuwe enkelsnit & musiekvideo

Dit was ’n fees! Ek en Jacques het by Technikon Pretoria saam geswot, so ons kom al jare saam en dis nie die eerste keer wat ons teenoor mekaar speel nie. Ek is mal oor Jacques, ek ken hom en voel 100% veilig en op my gemak by hom, so dit was ’n heerlike ervaring. Liam, Alma en Klara is fantasties! Hulle het al drie sonder om te skroom hulself heelhartig in hul rolle ingegooi en ek glo hulle gaan nog hoë hoogtes as akteurs bereik.

Die dag toe ek ’n ma geword het, was daar ’n geleidelike verskuiwing van waardes binne my aan die gebeur. My bewustheid het buite myself begin strek en ek het tot dieper insigte gekom oor die ware betekenis van woorde soos liefde, empatie en samehorigheid. Party mense groei in hul ma-wees in, vir ander kom dit baie natuurlik. Lani het haar alles in haar moederskap en gesinslewe ingestort, maar sy het nooit haar verlede verwerk nie. Vandaar die ‘donker’ wat veg om sy bestaan, wat kop uitsteek en vir Lani met geheime treiter. Ons as mense kan nie heelheid ervaar as ons nie al die dele van ons binnewêreld erken, aanvaar en integreer nie. Dit is altyd uitdagend wanneer ons werklik ons seerplekke verken – wanneer ons sonder weerstand oopmaak vir die ongemak van voel wat dáár is. Maar dis juis wanneer ons met eerlikheid voel, dat ons genees.

Een keer om die son wys Dinsdae om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144. Episodes is ook op Catch Up op DStv Stream beskikbaar.

Lees ook: Voorblad-gereed: Hoe Donnalee Roberts op haar beste lyk en voel

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Hoe om ’n trae kind te motiveer

Menige ouer gooi hande in die lug oor ’n kind wat nie wil leer nie,…

3 days Gelede

8 maklike breinoefeninge wat vir almal werk

Breinoefeninge is net so deel van goeie gesondheid as om jou lyf te oefen. Gelukkig…

3 days Gelede

Karlien gaan saam met dogter terug in tyd in nuwe enkelsnit & musiekvideo

Karlien van Jaarsveld het pas haar nuwe enkelsnit, Katrientjie Katryn, uitgereik, waarin sy ’n diepgaande…

3 days Gelede

Winter is die beste tyd om te snoei!

Winter is die beste tyd om struike te snoei aangesien dit die russeisoen is, en…

4 days Gelede

Diepe Waters-akteurs bederf kinders op Mandela-dag

Op 18 Julie word daar regoor Suid-Afrika Mandela dag gevier, met Suid-Afrikaners wat 67-minute van…

4 days Gelede

Gee om – dis goed vir jou!

Kan vriendelikheid en vrygewigheid jou gesondheid verbeter, depressie verlig of veroudering rem? Die feite kan…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.