kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jak de Priester oor KoppieTeeFontein se nuwe seisoen

Maak vir jou ’n warm koppie tee en raak gemaklik, want die gewilde geselsprogram KoppieTeeFontein, met Jak de Priester as onderhoudvoerder, is terug vir ’n vyfde seisoen. Jak gaan weer hartsgesprekke oor ’n koppie tee met bekendes die land vol hê, om wat dit beteken om Suid-Afrikaans te wees en hul inspirerende lewensreise te verken.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

In hierdie seisoen kan kykers uitsien na gesprekke met ikoniese figure, soos Anton Goosen, Pierre van Pletzen, en Johan Stemmet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Elke gas het ’n unieke storie en ek het nog nie een keer ná ’n onderhoud huis toe gegaan sonder om totaal en al geïnspireerd te wees nie,” vertel Jak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die oorsprong van die reeks het ontstaan toe Jak graag vir sy en sy gesin se huis ’n naam wou gee.

“Ek het gedink om dit ‘Koppieteefontein’ te noem aangesien ons baie tee drink en stories en herinneringe in ons woning maak.”

Gedurende die Covid-19-pandemie het Jak die behoefte gehad om ’n uitlaatklep te hê, en het besluit om ’n Facebook-blog te skep, ook met die naam “KoppieTeeFontein”. Hy het sy lesers genooi om ’n koppie tee saam met hom te drink terwyl hy oor verskillende onderwerpe geskryf het.

“Dit was ’n wonderlike hulpmiddel tydens die inperkingsperiode om steeds by mense uit te kom en betekenisvolle gesprekke te voer, al was dit aanlyn,” sê hy.

In dieselfde tyd het Jak se vorige program, Reis na gister, ten einde geloop, en hy het besluit om ’n nuwe program te skep onder dieselfde titel, KoppieTeeFontein.  Hierdie keer sou hy egter in persoon by sy gaste tee drink en deur middel van foto’s in hul verlede terugreis.

Karlien Meiring het meer by Jak oor die vyfde seisoen gaan uitvind.

Ons probeer elke seisoen ’n verskeidenheid van gaste hê, wat wissel tussen sport, sake, vermaaklikheid en ook gaste wat al diep spore in Suid-Afrika se landskap getrap het. Ons probeer ook ’n balans handhaaf tussen mans en vroue as dit enigsins moontlik is. Dis vir my belangrik dat die gas al ’n pad in die lewe gestap het en dat hul stories ’n verskil in die wêreld waarin ons leef kan maak.

Ek sal graag met Roger Federer ’n onderhoud wil voer. Ek is ’n groot aanhanger van tennis en ek dink dit sal interessant wees om met so wêreldbekende, ikoniese, beste-van-alle-tye- persoon te gesels, veral ook omdat hy Suid-Afrikaanse en veral Afrikaanse wortels het.

Ons is steeds besig om ’n verskeidenheid gaste vir die nuwe seisoen vas te maak, maar ek wil graag met Dricus du Plessis binne-in ’n veghok tee drink!

Die simbool van tee is om stil te raak en te gesels, wanneer ’n mens koffie drink, is jy gewoonlik “on the go”. As jy ’n koppie tee drink, moet jy rustig raak en gesels; tee het van kleins af ’n groot rol in my lewe gespeel.

’n Gesprek is sinvol wanneer mense eerlik is en hul harte deel.

Die nuwe seisoen van KoppieTeeFontein wys Dinsdae 21:30 op kykNET.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met André de Villiers oor nuwe seisoen van ‘4×4 Met André’

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

4 hours Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

4 hours Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

8 hours Gelede

Duncan Johnson oor ‘Skemergrond’ se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

    In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…

10 hours Gelede

Skuinskoek

Genoeg vir 8   Bestanddele   625 ml (2½ k) koekmeel 125 ml (½ k)…

3 days Gelede

Vinnige Peppermint Crisp-tert

Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.