kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Hykie Berg oor sy nuwe boek 

Die bekroonde akteur, entrepreneur en skrywer Hykie Berg se jongste boek, Geroep vir meer – Hoe om suksesvol te leef, is nou op die rakke.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die boek is geïnspireer deur alles wat Hykie, wat sy stormagtige geskiedenis met mense deel, die afgelope twee dekades oor die idee van sukses geleer het en hoe om dit te bereik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Die dag toe ek besluit het om persoonlike verantwoordelikheid vir my lewe te neem, was die dag wat my lewe verander het. Ek het besef ek is nie magteloos nie, maar dat ek die vermoë het om my eie toekoms te bou. Net só het elke mens daardie vermoë,” verduidelik hy. “Ons is nie slagoffers van ons omstandighede nie, ons is die argitekte daarvan.”

“Ons moet net ons denkwyse en perspektief oor die lewe verander. Elkeen van ons is geroep vir meer as wat ons besef of dink. Almal sukkel met beperkende gedagtes, maar jy is waar jy is as gevolg van die storie wat jy jouself vertel. As jy die storie verander, sal jou lewe ook verander.”

Volgens Hykie is Geroep vir meer – Hoe om suksesvol te leef geskryf vir dié “wat bereid is om uiteindelik ’n kans te waag, God met totale toewyding te vertrou en in geloof die rigting van hul lewenskoers te verander. Dit is geskryf vir elkeen wat weer hoop wil hê en werklik suksesvol wil lewe. Dis vir diegene wat bereid is om aksie te neem, uit hul gemaksone te tree en hul vrese in die gesig te staar.”

Hykie spreek gereeld gehore toe en is elke keer verstom hoe min mense werklik doelgerig lewe. “So baie mense het geen visie vir hul lewe nie en sal dus nooit hul volle potensiaal bereik nie. Hulle weet nie wat hulle uit die lewe wil hê nie. Hulle weet nie waarheen hulle op pad is nie. Hulle het ophou droom en het geen doel, plan of eindbestemming nie. Maar daar is ’n beloofde land vir elkeen van ons, die droom wat God oor ons lewe het. Hy het vir elkeen van ons gawes, talente en verhoudinge gegee wat wag om ontgin te word. Elke mens het dus die vermoë om ’n veelvlakkige droom vir hul lewe te skep én dit ’n werklikheid te maak,” vertel hy.

Sy nuwe boek vorm deel van Hykie en sy vrou, Gerridene, se visie om in die volgende vyf jaar 100 nuwe miljoenêrs te skep en 100 gesinne weer saam te bring deur pa’s en ma’s toe te laat om die rotresies te ontsnap.

Hykie en sy vrou, Gerridene (Foto: Verskaf)

“Om ’n buitengewone impak te maak en ’n lewe van ware betekenis te lei vat meer as net passie en verbeelding om tot vervulling te kom. Ek hoop dat my boek mense sal inspireer om weer te begin droom en opgewonde te raak oor die eindelose moontlikhede wat die lewe bied, om verantwoordelikheid te vat vir hul besluite, en om die krag te ontdek wat binne elkeen van ons lê om ’n impakvolle lewe te leef.”

Hykie was ook in 2010 die wenner van Survivor Maldives. Sedertdien het hy verskeie suksesvolle projekte aangepak en is vandag nie net ’n bekroonde akteur en TV-aanbieder nie, maar ook ’n internasionale spreker, ’n suksesvolle entrepreneur en ’n topverkoperskrywer.

Sy eerste boek, My storie van hoop (Ultimate Survivor is die Engelse vertaling hiervan) is gebore toe hy aan Survivor deelgeneem het en tot die besef gekom het dat die Here hom nie in die vermaaklikheidsbedryf geplaas het om ’n Oscar te wen nie, maar om vir hom ’n platform te gee om mense te bedien. Hierdie topverkoper is met die Andrew Murray Desmond Tutu-prys bekroon.  

“My vorige twee boeke het albei oor my uitdagings met my verslawing sowel as my geestesongesteldheid gegaan. Hierdie boek is ’n tipe selfhelpboek met baie van die temas wat ek die laaste 20 jaar geleer het rakende prestasie en die wil om weer op te staan en nie te gaan lê nie. Die boek is opbouend, vol liefde en inspirasie!”

Karlien Meiring het meer oor Geroep vir meer – Hoe om suksesvol te leef gaan uitvind.

Wat is die kernboodskap wat jy graag wil hê lesers van hierdie boek moet wegneem?

Die besef dat ek en jy nie stuck is nie. Ons kan ons lewe op alle vlakke verbeter as ons graag sou wou. En dat dit van kardinale belang is om ’n droom en visie vir jou lewe te hê. Daar’s ’n roeping en ’n plan met jou lewe, jy moet dit net ontdek.

Hoe het die proses om dit te skryf jou uitgedaag?

Ek wy twee hoofstukke aan die beginsels van selfdissipline en konsekwentheid wat uiters belangrik in die proses van uiteindelike prestasie is, want selfdissipline is die brug tussen jou begeertes en resultate. Sonder die selfdissipline om konsekwent te wees, kan niemand werklik enigiets noemenswaardig bereik nie. Die skryf van hierdie boek het my selfdissipline en konsekwentheid tot die uiterste beproef, want daar was baie dae wat ek nie wou skryf nie, maar ek moes. Mike Tyson het altyd gesê: “Discipline is doing what you hate to do, but nonetheless doing it like you love it.”

Wat dink jy is die grootste struikelblok wat mense verhoed om hul droomlewe te leef?

Meeste mense wil nie deur die ongemak en pyn gaan wat gepaardgaan met die opofferings wat gemaak moet word om hul drome te bereik nie. Daar is ’n prys om te betaal, en daai prys moet eers betaal word voordat die droom ’n werklikheid kan word, en vir meeste mense is dit ’n te groot prys.

Jy en jou vrou het ’n doelwit gestel om 100 nuwe miljoenêrs in vyf jaar te skep. Hoekom is hierdie missie vir julle so belangrik?

Een van die groot redes hoekom gesinne uitmekaar val, is as gevolg van ma’s en pa’s wat nie teenwoordige ouers is nie. In baie gevalle is dit omdat die druk en werk van vandag so baie vereis dat hulle nie by die belangrike dinge in die lewe uitkom nie. Wat is dus die antwoord? Die antwoord is die gig-ekonomie en ’n deeltydse onderneming wat passiewe inkomste genereer sodat jy die rotresies kan ontsnap. Dis in hierdie omgewing wat ons mense bemagtig om vir hulle ’n tweede vorm van inkomste te genereer sodat hulle wel weer kan droom en ’n lewe van vryheid kan geniet.

Watter raad sal jy vir iemand gee wat in die lewe vasgevang voel en nie weet waar om te begin op hul reis na sukses nie?

Eerstens, ken jou Bybel en bid. Tweedens, figure uit wat jy uit die lewe wil hê. Meeste mense weet nie wat hulle wil hê nie, dus is hulle soos ’n skip sonder seile wat nooit by ’n beplande bestemming gaan uitkom nie. Sodra jy weet wat jy wil hê, gaan kry mense wat het wat jy wil hê, en vra hulle om jou te mentor. Moet nooit raad vra van iemand wat nie het wat jy wil hê nie. En dan laastens, lees soveel as moontlik boeke oor mense wat het wat jy wil hê. Alle leiers en mense wat ongelooflike dinge vermag, is lesers.

Die boek is landwyd by uitgesoekte boekwinkels beskikbaar en kan ook hier bestel word.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met ‘Diepe waters’ se twee nuwe gesigte

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Skep ’n voëlvriendelike tuin

Skep ’n voëlvriendelike tuin deur Liesl van der Walt. Foto: Kiekie & Kie vir Pexels…

2 hours Gelede

Eksamentyd: Hoe betrokke moet ouers wees?

Die eindeksamen is om die draai en dis nie ongewoon dat ’n gevoel van angstigheid…

2 hours Gelede

Sjokolade-yskastert

Genoeg vir 6. Tyd: 30 minute. Bestanddele   150 ml dubbeldikroom 100 g botter, in…

3 hours Gelede

Die 8 grootste foute wat jy kan maak as jou vel sensitief is

Vermy hierdie agt foute en keer dat jou sensitiewe vel ‘n reaksie toon.

5 hours Gelede

Heuningkraaklekkers met sjokolade

Mmmm, heuningkraaklekkers met donkersjokolade! Resep deur Vickie de Beer

1 day Gelede

Geslagte se erfenis op Groot Phesantekraal gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts   Daar is baie om op die historiese Durbanville-plaas,…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.