Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met haar- en grimeerkunstenaar Amori Birch

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

As leerder het sy nie eens geweet grimeerkuns is ’n “regte” beroep nie, vertel Amori Birch.

“Ek het op skool kuns as vak gehad en was absoluut mal daaroor om te skilder. Dit was eers aan die einde van my oorbruggingsjaar wat my suster my na ’n grimeerskool gevat en vir my gesê het dat sy dink ek wonderlik daarmee sou wees. Ek het ingestap, inligting oor hul kursusse gekry, ingeskryf en twee maande later begin studeer,” sê sy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vandag is Amori Birch ’n wreedheidvrye haar- en grimeerkunstenaar, en sy het onlangs haar eie skoonheidsalon in Seepunt, Kaapstad, oopgemaak. In hierdie self gedoopte “Pienk Paradys” van haar, bied sy deesdae ook nael- en velbehandelingsdienste aan.

Ons het meer oor die kleurryke persoonlikheid agter die grimeerkwas en pragtige (tweedehandse) uitrustings gaan uitvind.

Wat maak jou werk uniek?

Ek sou hoop dis omdat ek daarvan hou om met kleur en tekstuur te werk. Ek dink dit wys regtig in my werk. Ek spesialiseer ook in die gebruik van wreedheidvrye, natuurlike produkte.

Wat sal jou raad aan ’n aspirant-grimeerkunstenaar wees?

Dit klink soos ’n cliché, maar jy moet toegewyd wees, bereid wees om harde werk in te sit en ’n dik vel ontwikkel. Klim ook van jou foon af as jy op stel werk. Moenie negatief wees nie. Niemand hou daarvan om by iemand te wees wat heeltyd kla nie. Vra vrae. Dit is die enigste manier waarop jy gaan leer. Hierdie tipe werk is uitdagend omdat dit ’n seisoenale beroep kan wees, en geen seisoen is dieselfde nie. Dit is ’n baie onvoorspelbare bedryf.

Ons ken jou ook as ’n ywerige thrifter. Waarom geniet jy dit?

Ek voel, wanneer dit by mode kom, is thrifting die beste manier om omgewingsvriendelik te wees. Ek geniet die feit dat bekende mode-ontwerpers se handelsmerke meer bekostigbaar is wanneer ’n mens hul klere tweedehands koop. Ek is ook heeltemal gekant teen fast fashion, en maak meer doelbewuste besluite as gevolg daarvan.

Wat is jou topwenke om goeie kledingstukke tweedehands te koop?

Daar is geen ware wenresep as dit by thrifting kom nie. As ’n mens dit aanlyn koop, is dit dikwels ’n waagstuk. Ek sou jou aanraai om te kyk na die mates wat die verkoper in die kledingstuk se beskrywing deel (of vra daarvoor). Dit sal jou ’n beter idee gee of die klere jou sal pas of nie.

Is daar enige lekker thrift-winkels wat jy vir ons lesers kan aanbeveel?

Ek het vele aanlyn aanbevelings!

@amused_sa

@goldretold

@retro.club.thrift

@dreamland_vintage

@maven.sustainable

Volg haar gerus op Instagram by @thats_amori @amoribirch

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Fraksie-akteur Edwin van der Walt

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.