kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met grimeerkunstenaar Donique Leonard

As 18-jarige het sy nie geweet wat sy wil studeer nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Ek het gevoel dat almal in sulke wonderlike rigtings, soos dokters en rekenmeesters, ingaan. Ek wou nie enige van daardie dinge word nie, maar het ook geen idee gehad wat anders nie. Gelukkig het my liewe ma presies geweet wat ek moes doen en my toe grimering laat studeer,” sê sy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Donique het op Mosselbaai grootgeword en kan onthou hoe haar voorskoolse onderwyseres haar ma eendag by die bank gaan sien het, net om haar vriendelik in te lig (of eerder te verplig) om haar kunstige dogter vir skilderklasse in te skryf. Daar het Donique vinnig besef dat sy nie diere wil verf nie, maar gesigte.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Foto: Carlos Frazao Photography
Foto: Carlos Frazao Photography

Vandag is Donique Leonard ’n uiters suksesvolle grimeerkunstenaar, bekend vir haar romantiese, tydlose en stylvolle grimeerstyl, wat daagliks wanopvattings oor die beroep uitdaag en regstel.

“Ek het, soos baie mense, hierdie vooropgestelde idee gehad dat ’n grimeerkunstenaar nie goed genoeg gaan wees of genoeg geld gaan maak nie. Min het ek geweet hoe ’n belonende werk dit in alle opsigte is.”

As mede-bestuurder, leef sy en haar beste vriendin, Bianca Terblanche hul droom by hul eie grimeerskool,  Flawless Make Up Academy in Johannesburg, uit.

“Ek maak mense mooi vir ’n lewe, het ’n aandeel in mense se spesiaalste geleenthede, soos matriekafskeide, verjaarsdae, troues, en babafotosessies, die lys is lank. Ek beheer my eie skedule en ek bemagtig ander om hul passie uit te leef.”

Foto: Carlos Frazao Photography

Karlien Meiring het meer oor die dinamiese persoonlikheid agter die grimeerkwas gaan uitvind.

Wat is die grootste fout wat meeste vroue maak wanneer hulle hul grimering doen?

Ek wil so graag vir elke vrou leer om die regte grimering vir háár te doen. Alles pas nie by almal nie (en dis oukei). Die grootste grimeringsfout is om nie jou grimering aan te pas soos wat jy ouer word nie. Meer grimering beteken nie altyd beter of mooier nie.

Watter raad het jy vir bruide wanneer hulle hul grimeringvoorkoms vir hul troudag kies?

Jy wil herkenbaar wees vir jou aanstaande man en al jou gaste. Kies iets tydloos, klassiek en stylvol. Vertrou jou grimeerkunstenaar!

Foto: Carlos Frazao Photography

Wat is jou gunstelingonderlaag, -lipstiffie en -maskara?

Ek het te veel gunstelinge!

Onderlaag – Ek is mal oor ’n mooi, bottergladde voorkoms vir jou vel – sag en natuurlik. My gunstelingprodukte is Dior Forever, Too Faced, Catrice Camouflage of Elizabeth Arden se Flawless Finish.

MaskaraMaybelline Colossal is heel bo-aan die maskaralysie!

LipstiffieMAC het vir my die mooiste natuurlike skakerings. Ek glo elke lipstiffie het ook ’n mooi glans nodig en daarvoor gebruik ek Fenty se Beauty Gloss.

Foto: Carlos Frazao Photography

Wat is jou raad aan aspirant-grimeerkunstenaars?

Daar íś genoeg werk vir almal – deel werk en ondersteun jou mede-kunstenaars. Moenie dat wanopvattings oor die beroep en die bedryf in die pad van jou drome staan nie. Luister na waarvoor jou kliënte vra. Wat is haar droomprentjie van haarself?

Is daar ’n spesifieke neiging in grimering wat jy wens wil verdwyn?

Ek geniet nogal neigings. Ek hou daarvan om nuwe dinge te toets en die neiging dalk bietjie aan te pas met wat reeds vir my werk. Die een neiging wat dalk maar kan verdwyn, is die een waar mense soveel blosser op hul neus sit, dat dit lyk of hul ’n sinusaanval kry. ’n Rooi neus is nie vleiend op enigiemand nie …

Volg haar en Flawless Make Up Academy op Instagram!

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Reën-sangeres en aktrise Nolene Spinks

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.