Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met ‘Diepe waters’ se twee nuwe karakters

Christiaan Ackerman is te sien as Juvan Bester, Nelius se kleinseun wat gewoond is aan net die beste in die lewe. Deoudoné van der Merwe is Tomi, ’n jong vrou wat alles in haar vermoë sal doen om die aarde te red. Juvan en Lomi is jeugliefdes, maar hoe sterk is hierdie liefde?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Christiaan Ackerman is te sien as Juvan Bester

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vertel ons meer van Juvan, die karakter wat jy vertolk?

Juvan is die kleinkind van Nelius, wat beteken hy is met die silwer lepel in die mond gebore. Hy het baie selfvertroue en is altyd reg vir ’n lekker kuier. Juvan swem by die Swart Marlyne, maar dis ook net omdat sy oupa aandele in die klub besit. Hy besef nie eintlik wat harde werk beteken nie omdat hy gewoonlik net alles in die lewe op ’n skinkbord kry.

Jy vertolk die rol van Nelius se kleinseun. Jurgen Hellberg is ’n legende in die TV-bedryf. Hoe voel dit om saam met hom op stel te wees?

Om saam met Jurgen te werk is ’n reuse-voorreg. Ek kon agterkom hoe lank hy al in die bedryf is deur tonele saam met hom te doen. Sy natuurlike reaksies en uitvoering van dialoog is iets waarvan ek baie geleer het. Hy laat my so gemaklik voel met elke toneel waarin ons is.

En die ander akteurs op stel? Hoe is dit om saam met hulle in ’n telenovela te speel?

Dis dieselfde met die ander akteurs op stel. Hulle is ontsettend vriendelik. Dit het baie gehelp om vinnig chemistry te bou wat dan bydra tot chemistry op die skerm. Ek het in die begin besef hulle is ’n familie wat al lank saam werk en ek is ’n gas in hulle huis, maar hulle het my so vinnig deel van hulle laat voel, en daarvoor is ek baie dankbaar.

Vertel ons meer van jou agtergrond?

Ek kom oorspronklik van Hoedspruit, Limpopo, af. Ek was 16 toe ek verlief geraak het op filmmaak en ek klein skits saam met my broers begin maak het. Ek het toe die voorreg gehad om verder te studeer en het toe reeds vir oudisies begin gaan om die nodige ondervinding in die filmbedryf op te bou.

My eerste werk as akteur was in ’n advertensie gewees. Toe het ek so ’n bietjie reality TV vir Via gedoen, in ’n kykNET Storiefilm gespeel en in ’n opvoedkundige film vir Primestars verskyn. En nou is ek in Diepe waters te sien!

Sonder om iets weg te gee, waarna kan kykers uitsien met Juvan se storielyn?

Met Juvan se baie spontane en impulsiewe persoonlikheid, glo ek kykers gaan gereeld wonder wat hy volgende gaan aanvang. Wat ek baie van Juvan geniet, is dat hy nie soos die ander karakters is as dit by drome en doelwitte kom nie. Hy gaan maar net met die vloei van die rivier en is nie altyd opreg nie. Dit maak hom lekker om te speel.

Lees ook: Willie Esterhuizen gaan jou nog ‘n slag laat lag, dié keer met ‘Banana Air’

Deoudoné van der Merwe is te sien as Tomi

Vertel ons meer van Tomi?

Tomi is so ’n lekker karakter om te kan speel! Sy is quirky en vergeetagtig, maar terselfdertyd is sy regtig oppit. Aanvanklik was sy baie skaam, maar sy het haar stem gevind toe sy besef hoe groot haar passie vir die natuur en wêreldbewaring is. Sy is ook eintlik ’n baie ernstige mens.

Hoe is dit vir jou om deel van die Diepe waters-rolverdeling te wees?

Dit is AWESOME! Sulke warm, egte mense wat jy op stel en van stel af regtig goeie verhoudings mee kan bou. Ek is baie bevoorreg om saam met sulke legendes in ’n reeks so goed soos Diepe waters te kan speel. En die tegniese span is almal gefokus, vriendelik en baie goed met wat hulle doen. Cast en crew kuier lekker saam.

Hoe verskil jy en jou karakter?

Kom ons begin met haar klere – sy het so ’n interessante styl Ek is nie vegan nie. So, dit is natuurlik ’n hele ander verwysingsraamwerk wat mens moet gaan ondersoek, verstaan en dan kyk watter van jou eie oortuigings oorvleuel.

Wat was sover vir jou hoogtepunte op stel?

Dat ek nie in die koue swembad moes swem nie. Ek grap! Maar ek haal regtig my hoed af vir die swemmers. Junie en Julie is nie ’n lekker tyd vir swem nie. My ander hoogtepunt was om weer saam met Righard van Jaarsveld te kan speel. Ons karakters was in ’n verhouding in die film Die val (2022). Diepe waters is die eerste keer wat ek weer in ’n Afrikaanse produksie verlief raak en ook weer teenoor Righard kan speel.

Sonder om iets weg te gee, wat wag op Tomi?

Tomi en Juvan het in skool begin uitgaan. Hulle kon mekaar help om uit hulle doppe te klim, en albei het so baie in die laaste twee jaar gegroei. Daar kom wel ’n punt in lang verhoudings waar ‘n mens herevalueer oor hoeveel julle nog eintlik in gemeen het.

Tomi gaan mense ontmoet wat haar werklik verstaan. En behalwe vir liefde, gaan sy teen aardverwarming op allerhande maniere baklei, soveel soos sy kan.

Diepe Waters word Maandae – Donderdag om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Dis ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.

Lees ook: EKSKLUSIEWE FOTO’S: Donnalee Roberts vier veertig keer om die son!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Die verskil tussen werklike en voorkombare doofheid – en wat jy daaraan kan doen

Dit is belangrk dat jy weet wat die verskil tussen werklike en voorkombare doofheid is.

23 mins Gelede

Die beste mediese fonds vir enkellopende vrouens

As enigste versorger, kan mediese uitgawes 'n groot impak op hul finansies hê, daarom is…

5 hours Gelede

8 maniere om kreatiwiteit in skole en tuis te kweek

In `n vinnig veranderende wêreld waar nuwe uitdagings voortdurende voorkom en dringende oplossings verg, is…

6 hours Gelede

Bateleur is voël van die jaar en top wyn-etiket

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts    Dis die Bateleur Chardonnay 2020 wat daardie gesogte…

20 hours Gelede

Vis: Kook een keer, eet drie keer

Nie seker wat om met oorskiet-vis te doen nie? Ons wys jou hoe jy een…

1 day Gelede

Gesonde rotskoekies

Bestanddele   325 ml (225 g) koekmeel ’n knypie sout 5 ml (1 t) koeksoda…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.