kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met ‘Diepe waters’ se twee nuwe gesigte

Seisoen drie van die gewilde kykNET-telenovela Diepe Waters het vandeesweek afgeskop, en met die nuwe seisoen is daar ook nuwe gesigte te sien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sy is geen vreemdeling wanneer dit by TV-reekse kom nie, hy is ’n jong man met ’n inspirerende lewensverhaal en Marijke Coetser en Caleb Swanepoel het pas by Diepe waters se permanente rolverdeling as ma en seun aangesluit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Marijke is veral bekend vir haar rol as Maryke in Getroud met rugby en Caleb, wat in 2015 sy been in ’n haai-aanvaal verloor het, het al alles van Shakespeare op die verhoog tot romantiese flieks gedoen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

In Diepe waters vertolk Marijke die rol van René, ’n enkelma wie se hele lewe om haar seun, Lucas (Caleb Swanepoel) se swemloopbaan draai.

“Sy het baie seergekry toe sy in haar twintigs was en loop met ’n groot geheim rond. Sy is ’n sterk vrou, is fiks en lewe gesond. René wil net die beste vir haar seun hê. Sy is hardwerkend en het ’n sagte hart, maar sy laat nie sommer iemand te na aan haar toe nie,” vertel sy.

Caleb vertel dat die talentvolle 21-jarige Lucas en sy ma van Durban na Johannesburg verhuis het sodat hy sy rehablitasie daar kan doen ná ’n traumatiese gebeurtenis.

“Sy pa is dood toe Lucas nog baie jonk was, of altans is dit wat sy ma vir hom vertel…” voeg hy by.

Caleb, jy het al Shakespeare op die verhoog gedoen, in flieks gespeel en nou ’n telenovela. Wat geniet jy die meeste van hierdie nuwe hoofstuk in jou lewe?

Dis baie opwindend om deel te wees van hierdie rolverdeling en storielyn asook om vir die eerste keer deel te wees van ’n langformaat-reeks. Om in Johannesburg te woon is ook vir my ’n nuwe ondervinding aangesien ek nog altyd in die Wes-Kaap gewoon het.

Marijke, waarna het jy die meeste verlang om voor die kamera te wees?

Om in ’n nuwe, uitdagende karakter te klim en om deel te wees van ’n familie by die werk. Om amper elke dag te kan speel en my passie uit te leef, om te groei in ’n nuwe karakter en lewe daarin te blaas, is iets waarna ek gesmag het.

Caleb, jy is Engelssprekend. Wat het jy gedoen om vir die rol van Lucas voor te berei ?

Ja, ek is Engelssprekend, maar ek het in Prins Albert grootgeword. Ek was in Afrikaanse skole en het heelwat Afrikaanse vriende. Om voor te berei, het ek baie met hulle in Afrikaans gepraat en ook baie Afrikaanse reekse en flieks gekyk. Die spelers en span agter die kameras, het my baie gehelp om my voete te vind. Nou praat ek elke dag Afrikaans en dis ’n baie goeie ervaring. Ek leer nog elke dag nuwe woorde!

Caleb, jy het ’n baie inspirerende lewensverhaal. Wat is jou lewensleuse?

Bly nuuskierig. Dit maak jou vrae vra en vir antwoorde soek. Ook om dag vir dag te lewe. Dit is iets waarmee ek soms kan sukkel, maar ek probeer fokus op die nou en hier.

Marijke, wat geniet jy die meeste daarvan om saam met Caleb te werk?

Om daardie oomblikke saam met hom te vind; daardie oomblikke wat elke toneel lewe gee en spesiaal maak. Ons kom baie goed oor die weg en dis so lekker om saam met Caleb in ons karakters te groei en dit met so ’n fantastiese storielyn. Dis ongelooflik. Ons is gemaklik met mekaar en het ’n band gevorm wat ons help om teenoor mekaar te speel en die storie te vertel.

  • Diepe waters seisoen 3 is van Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) en is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.

Lees ook: Daniel Coetzee gesels oor sy ‘Suidooster’-reis:”Dit voel asof ek huis toe gekom het”

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

10 redes waarom jy die Oktober-uitgawe van rooi rose móét lees!

  Sonderlinge Simoné  Simoné Pretorius het as aktrise naam gemaak, maar dié dinamiese vrou…

2 days Gelede

Leer hoe om selfgeldend te wees

Om gaaf, oulik en die minste te wees kom vir baie mense teen ’n prys.…

2 days Gelede

Spek-en-sampioen-pasta

Spek-en-sampioen-pasta   Genoeg vir 4.   Bestanddele   125 ml (½ k) gedroogde porcini- of…

2 days Gelede

Vis in krakerige bierbeslag

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Borskanker neem toe onder jonger Suid-Afrikaanse vroue

Oktober is Borskankerbewustheidsmaand    Borskanker, wat die algemeenste vorm van kanker onder Suid-Afrikaanse vroue is,…

3 days Gelede

Smeltkoekies

Resep deur Vickie de Beer

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.