kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met ‘Die Kontrak’ se naaswenner, Mirandi

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Mirandi Mörsner se reis vanaf die hartjie van Carletonville na die Die Kontrak se kollig was niks minder as inspirerend nie. Mirandi, nou al ’n geruime tyd ’n Vaaldriehoeker, het verlede jaar baie vroeg al kykers se aandag in die treffersangkompetisie met haar emosionele optredes vasgevang.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Dit was ’n wipplank van emosies, maar ’n ongelooflike reis vol nuwe ervarings: kameras om elke hoek en draai, fotosessies, grimering, en mooi klere. Ek het nuwe verhoudings gebou en met legendes te doen gekry,” vertel sy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Foto: Hendri Viljoen

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Foto: Hendri Viljoen

Haar liefde vir musiek het van vyfjarige ouderdom af geblom toe sy saam met haar ouers en susters tydens kerkoptredes gesing het. Sy beskryf haarself wel as ’n introvert en het haar nooit op ’n kompetisieverhoog voorgestel nie, maar die noodlot het ander planne gehad.

“My man, Chris, het my skelmpies met een van my sangvideo’s, wat hy reeds op sy foon gehad het, ingeskryf,” sê sy.

Onder leiding van haar mentor, Tarryn Lamb, het Mirandi ná ’n intense reis van tien weke as die talent-soektogkompetisie se naaswenner uit die stryd getree en boonop haar eie enkelsnit en musiekvideo “As jy bid”, vrygestel.

“Ek hou nie van die woord ‘kompeteer’ nie en glo almal verdien ’n kans om hul Godgegewe talent te gebruik. Ons moet mekaar daardie kans gun, so ek sou nooit uit my eie uit deelgeneem het nie. Ek het ook nie soveel geloof in myself soos my man en ouers het nie, maar nou is ek baie dankbaar vir die kans wat my man gewaag het!”

Dit was dalk Chris Steyn wat as wenner op die Afrikaans is Groot-verhoog by die eerste optrede uitgestap het, maar Mirandi het sedert daardie aand ook al die verhoog met van ons lande se grootste name by talle konserte gedeel.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Chris Steyn van ‘Die Kontrak’

“My droom vir my toekoms het sedert Die kontrak drasties verander, ek wil ook nou een van die groot name in die bedryf wees en deur middel van sang mense inspireer, motiveer, opbou, laat lag of selfs net ’n huppel in die stap gee.”

Karlien Meiring het meer oor wie Tarryn Lamb as Suid-Afrika se Tina Turner beskryf, gaan uitvind.

Hoe het Tarryn Lamb se mentorskap jou sang beïnvloed? Watter van haar lesse of raad staan vir jou uit?

Tarryn is die talentvolste en lieflikste mens op aarde, en ek was nog altyd ’n groot aanhanger van haar asook die ander, veral Demi-Lee. Tarryn se geestelikheid het veral vir my uitgestaan. Die beste raad wat sy vir my gegee het, was “Less is more”: Ek gee maklik my alles deur oor te gee aan hoe die liedjie my laat voel, so ek moes daarop konsentreer om nie in my eie wêreld te verdwyn nie en op die gehoor te fokus.

Is daar enige kunstenaars wat jou musiekstyl beïnvloed het?

Ek was nog altyd ’n groot aanhanger van Christina Aguilera en Tina Turner se amazing energie op die verhoog. Plaaslik hou ek baie van Spoegwolf, veral hul energie en kragtige vocals!

Foto: Hendri Viljoen

Waarmee is jy besig wanneer jy nie gehore met jou talent betower nie?

Ek is eerstens ’n vrou en ’n mamma, ek doen al die take wat daardie titels behels self en werk ook graag in die tuin. Ek help ook my man om kaste te installeer. Jip, in my vrye tyd sit ek skarniere op, boor gaatjies en tel swaar kaste op, of ek sny gras en stryk. Haha!

Watter van jou optredes op Die Kontrak staan vir jou uit?

My gunstelingoptrede op Die Kontrak was toe ek “Nader my God by U” gesing het. Ek kon die krag en teenwoordigheid van die Heilige Gees so kragtig aanvoel. Ek het geweet die liedjiekeuse is ’n risiko, maar al sou ek uitval, wou ek met die Here se naam op my lippe gaan en ’n boodskap vir kykers los.

As die naaswenner, watter lesse het jy uit die ervaring geleer?

Dat niks is soos wat dit lyk nie en daarom moet jy elke keer sing asof dit jou laaste optrede is. Geniet elke oomblik, moet dit nie as ’n kompetisie sien nie, maar as ’n geleentheid om te wys wat jy kan doen, wie jy is en hoekom musiek jou passie is. Vergeet van die res.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met aktrise Mandri Sutherland

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

17 hours Gelede

Drie goed wat jy oor ‘Suidooster’ se stormagtige April móét weet

Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…

17 hours Gelede

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

2 days Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

2 days Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

2 days Gelede

Duncan Johnson oor ‘Skemergrond’ se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

    In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.