kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die legendariese Laurika Rauch – oor haar nuwe musiek

“Ek het die voorreg van ’n baie lang loopbaan van meer as 40 jaar gehad, maar tree nou al vir ’n geruime tyd nie meer op nie,” sê Laurika.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Ek kry egter daagliks nog versoeke vir vertonings. As dit enigsins moontlik sou wees, wou ek ’n ‘grootse gebaar’ maak teenoor die mense wat my en my werk steeds en oor soveel jare ondersteun.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Foto: Willem Botha

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Laurika, wat byna agt jaar laas ’n nuwe liedjie opgeneem het, is saam met die Coleske-Groep aan die werk om ’n versameling nuwe liedjies op te neem. Die eerste snit, “Liewe lewe”, is pas uitgereik, met die volledige versameling wat teen einde November beskikbaar sal wees.

“Ek en Carien Loubser (die bekende TV-vervaardiger vir onder meer Die Republiek van Zoid Afrika, JAN en Klanke van my hart) het ’n ontbytkuier gehad en sy het my bekendgestel aan die liedjie ‘Liewe Lewe’ van Christi van Niekerk, ’n jong en talentvolle komponis/sanger. Dis ’n pragtige, vars en vrolike liedjie met ’n ideale boodskap. Ek beplan om nog ’n paar liedjies van jong, maar ook gevestigde liedjieskrywers op te neem. Die versameling sal definitief ook spog met ’n paar vintage– Laurika-liedjies,” sê sy.

Laurika erken dat sy nie doelbewus oor die jare ’n platform vir jonger kunstenaars probeer skep het met samewerkings nie, maar sy is dankbaar as dit wel hul loopbane gehelp het.

“Dit was Arnold Coleske se idee om Christi ook as ‘medewerkende kunstenaar’ te betrek en die toevoeging van haar stem maak ’n pragtige bydrae tot ‘Liewe Lewe’.”

Hoewel sy nog altyd die verhoog as haar eerste liefde beskou het, was die afgelope weke in die ateljee vir haar absoluut vreugdevol en opwindend.

“Die hele proses is vir my regtig lekker,” voeg sy by.

Laurika het ook nou tyd gekry om aandag te gee aan baie ander dinge en belangstellings waarvoor daar nooit tevore tyd was nie. Sy het haar spreekwoordelike “huis in orde” begin kry en haar toekennings, foto’s, memorabilia, musiekargief, artikels en resensies aan NALN (Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum) in Bloemfontein geskenk.

Die omslag van ‘Liewe lewe’ bevat ’n vrolike skildery wat deur Laurika se dogter, Nina Torr, gemaak is, gegrond op ’n foto wat haar pa met ’n bokskamera geneem het tydens haar vyfde verjaardagpartytjie. Aanhangers kan uitsien na nóg unieke kunswerke van Nina wat as liedjie-omslae sal dien.

Laurika op haar vyfde verjaardag. Haar pa het die foto geneem.
Die kunswerk wat vir die liedjie se omslag gebruik word, is deur Nina Torr, Laurika se dogter geskilder.

Karlien Meiring het meer oor haar musikale terugkeer ná agt jaar gaan uitvind.

Hoe het dit gevoel om ná soveel jare terug in die ateljee te wees?

Dit was baie gemaklik en ek het relatief vinnig bygekom! Dit was baie aangenaam en lekker om weer saam met Arnold Coleske (die regisseur), Paulo Azevedo (die klankingenieur) en Floors Oosthuizen (die verwerker) te werk. Hulle is reuse in die bedryf en ek ag myself uiters gelukkig om saam met hulle te kan werk.

Kan jy ons vertel van die proses om jou nuwe versameling liedjies te skep? Hoe het dit van jou vorige opname-ervarings verskil?

Daar was nie ’n groot verskil van my vorige ervarings nie. Omdat ek nie self liedjies skryf nie, was ek maar nog altyd op goeie liedjieskrywers aangewese. Ek het met hierdie uitreiking dus begin deur liedjieskrywers wie se werk vir my mooi is, te kontak en vir ’n liedjie te vra. ‘Liewe lewe’, my eerste uitreiking, het as’t ware in my skoot geval, waarvoor ek baie dankbaar is. Met van die ander liedjies wat ek gaan opneem, het Arnold vir my toegang bewerkstellig tot daardie liedjieskrywers en hul werk. Dit is maar altyd ’n baie organiese proses om ’n ideale versameling te skep.

Lees ook: Karlien gaan saam met dogter terug in tyd in nuwe enkelsnit & musiekvideo

Jou roemryke loopbaan strek oor meer as 40 jaar. As jy terugkyk, wat is van die onvergeetlikste oomblikke of mylpale vir jou?

Dis so moeilik om enige oomblik uit te sonder! Net sodra ek dink aan een ding, kom iets anders op. Ek dink om ’n sterk liedjie te ontdek, soos “Kinders van die Wind”, “Aai-aai”, “Vergeet om my te vergeet/Onthou om te onthou”, “Jy is te dierbaar”, “Op Blouberg se strand”, “Stuur groete aan Mannetjies Roux”, “Blou”, “Hot Gates”, “Lord of the Dance” – en nog baie meer, was altyd vir my top-gebeurtenisse. Ek kon nooit wag om die nuwe liedjies vir ’n gehoor te sing en dan die reaksie te beleef nie. En as ’n gehoor nie dadelik aanklank by ’n nuwe liedjie gevind het nie, het ek net weer probeer om dit beter oor te dra. Dít was die werksproses wat my die gelukkigste gemaak het.

Jy het genoem dat jy meer aandag aan ander belangstellings begin gee het. Kan jy meer oor hierdie belangstellings deel?

Ek het meer tyd gehad om te lees, na mooi musiek te luister en ek kon meer aandag aan ons huis gee. Daar is nou baie meer tyd om met Chris, ons kinders, kleinkinders en vriende te kuier. Hierdie is ’n kosbare tyd vir my.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jana Kruger oor ‘Een keer om die son’ se komplekse Lani

Jou dogter, Nina Torr, het tot die voorbladkuns vir “Liewe lewe” bygedra en was al voorheen by jou werk betrokke. Hoe spesiaal is dit vir jou om saam met haar aan jou projekte te werk?

Nina is een van my gunstelingmense in die lewe, so, afgesien van haar pragtige kuns – wat my altyd sal verras – is dit net lekker en betekenisvol om iets saam met haar te doen.

Die enkelsnit is nou op alle digitale stromingsplatforms beskikbaar. Laai dit hier af.

Lees ook: Ontmoet Almero, die man agter ‘Een keer om die son’ se treffende klankbaan

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Tieners en stilstuipe

Die skim in die huis   Gustav* (16) ly nou al 13 maande lank aan…

2 hours Gelede

10 redes waarom jy die Augustus-uitgawe van rooi rose móét lees!

    Net haarself Mandi du Plooy-Baard het dalk haar veertigerjare geslaan, maar die aktrise…

3 hours Gelede

Dis weer tyd vir Wine Town Stellenbosch

Deur Clifford Roberts. Foto’s: Vuurtoring Media      Die historiese dorp en geestelike hartland van…

4 hours Gelede

Tydsbestuur: Kry meer uit jou dag

Neem jy jou gereeld voor om meer uit elke dag te kry, maar hol jy…

1 day Gelede

5 lekker laekoolhidraat-aandetes

Jy kan ’n laekoolhidraatdieet baasraak. Met ’n paar veranderinge aan jou daaglikse eetplan, die items…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.