kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die komedie-inhoudskepper Mel die Storieverteller

(Hooffoto: Belle Lumiere Photography)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vir so lank as wat sy kan onthou, vertel Melanie du Toit stories deur karakters, kuns en verhoogproduksies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Dit het egter altyd gevoel asof Melanie du Toit net nie ’n deurbraak maak nie – dis asof mense my nie as Melanie ernstig opgeneem het nie. Toe dink ek by myself: Wat sal vir mense in so min as moontlik woorde sê presies wat ek doen en wie ek is? Dis hoe Mel die Storieverteller gebore is,” sê sy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Mense is beslis nie meer in die duister oor haar nie, aangesien Mel die Storieverteller se komiese (en soms inspirerende) inhoud op haar sosialemediablaaie vir haar meer as 200 000 volgelinge se gunstelingvermaak sorg. Sy het veral verlede jaar Suid-Afrikaners se lagspiere geoefen met haar skreeusnaakse namaakvideo’s van kykNET se gewilde realiteitsreeks, Real Housewives of Pretoria.

Sy het al in vier lande gebly en is boonop ’n kinderboekskrywer wat vier keer self-gepubliseer is.

“Mense hoef nie meer te wonder nie: Ek is ’n storieverteller maak nie saak in watter formaat, hetsy video, skryfkuns, opvoering of visuele kuns, ek myself in uitdruk nie. Mel die Storieverteller is nie meer Melanie nie, maar ’n vertakking, ’n brand, ’n hele onderneming – lekker!”

Karlien Meiring het meer oor haar liefde vir stories vertel gaan uitvind.

Hoekom dink jy is jou video’s so gewild?

As ek sou skat, sou dit wees omdat ek nie iets probeer wees wat ek nie is nie. Ek is net ek. Mense soek nie meer perfek en onrealisties nie. Ons wil mense op TV en op ons fone sien wat ons herinner aan onsself; normale mense met bietjie vetjies, ’n stywe begroting en ongekamde hare. Deur my video’s spot ek soms met sekere stereotipes of ek oordryf sekere gebeure – dit is altyd lekker om na te kyk en dit sorg vir heelwat vermaak. Ek dink my geheim lê in my editing styl – shhh.

Hardloop jy ooit uit idees vir snaakse inhoud? Wat maak jy dan?

Vandat ek kan onthou, het ek ’n breinkluis vol grappies en stories. Ek raak meer gefrustreerd wanneer ek goed moet inhou. As daar ’n storie in my kop opkom, moet ek hom dadelik neerpen, of vir iemand vertel, of iets met hom maak. Ek raak wel uitgebrand en kreatief moeg, en dan is ’n paar dae langs die see sonder my foon die wenresep. Dit beteken nie ek hou nie op dinge uit te dink nie; ek het net geleer dat nie alle gedagtes of idees die lig hoef te sien nie.

Wat maak ’n kinderstorie volgens jou goed?

Oulike onverwagse oomblikke tussen karakters, personifikasie en dan kleurryke illustrasies. ’n Kinderstorie word lewendig met prentjies gemaak!

Wie en wat laat jou lag?

Ek het van kleins af Tolla van der Merwe se stories vreeslik geniet; ek het hulle gememoriseer en by my skool opgevoer. Ek geniet ook vir Nataniël, Lizz Meiring, Bouwer Bosch en Bennie Fourie se tong-in-die-kies-komedie. Philip de Vos se limerieke het my uitkyk op komiese digkuns verander. In Engels lag ek lekker vir Kevin Fraser, Chelsea Handler en Jackie Schimmel, maar in die algemeen lag ek net vir mense se alledaagse doen en late. Mense is regtig nogal mal – ek inkluis!

Wat sal mense van jou verbaas?

Ek was eens op ’n tyd ’n kranige netbalspeler wat na 17 lande getoer het. Blykbaar verbaas dit ook mense wanneer ek sê ek’s 35 en het nie kinders nie …

Foto: Belle Lumiere Photography

Volg haar op TikTok, Instagram en Facebook!

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met aktrise en sangeres Natasha van der Merwe

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

17 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

18 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

21 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

22 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

2 days Gelede

Maklike resepte vir ’n maand

Hierdie gesonde, smaaklike etes is die ideale uitweg vir almal wie se dae te vol…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.