kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Daniel Strauss – oor sy nuwe boek

Daniel Strauss (41), skrywer van die topverkoper Dink soos ’n miljardêr, se jongste boek, Werk soos ’n miljardêr vertel die verhaal van Dan, ’n werknemer wat bloot van salaristjek tot salaristjek leef. Hy streef daarna om sy eie onderneming te begin en om sy eie baas te wees, maar hy staar verskeie uitdagings in die gesig. Hoe gaan hy, sonder enige geld, ’n suksesvolle onderneming begin? Op ’n dag kom Dan voor ’n groot besluit te staan wat sy hele toekoms handomkeer verander …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Daniel se jongste boek is nie ’n vervolg op sy vorige boek, Dink soos ’n miljardêr, nie.  In Werk soos ’n miljardêr deel Daniel nuttige, praktiese raad waarby alle entrepreneurs sal baat. Die storie van Dan se reis is propvol waardevolle wenke oor hoe om welvaart te skep, hoe om jouself beter te leer ken, terug te gee en volhoubare ondernemings te bou. Hy sluit ook Suid-Afrika se wonderlike natuurskoon in en skryf oor die sewe “naweek-wonders”, wat Dan moet besoek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Soos in sy vorige boek kom sy sakefilosofie “Dink bo die lyn” weer na vore. Hierdie keer,  word dit duideliker wat dit is om “bokant die lyn” te dink en identifiseer jy as entrepreneur maklik met Dan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Foto’s: Suzanne Swart

Daniel is self ’n suksesvolle entrepreneur wat in klein- en mediumgrootte ondernemings belê om hulle te help om vinniger te groei. Hy is die Strauss in die beleggingsbeheermaatskappy, Stocks & Strauss en het as jong seun in ’n klein dorpie, Keimoes, grootgeword. Hy het vakansies koerante verkoop om ekstra geld te verdien en nie die voorreg gehad om ’n eerste werk by ouers se ryk vriende te kry nie. Hy het ’n belofte aan homself gemaak dat hy eendag sal teruggee en sy kennis sal gebruik om mense te leer hoe om hul denke te verbreed en só hul kanse om sukses te behaal te vergroot. Hy woon tans saam met sy vrou, Rolene, en hul twee seuns in die Kaapse Wynlande.

Daniel glo ons is die sterk mense wat die goeie tye skep en dat jy jou omstandighede kan bestuur. “As daar genoeg entrepreneurs is wat saamkom en op dieselfde vlak dink, kan dit ’n reuse-verskil maak: Dit kan die ekonomie help groei, werkloosheid verminder en ’n beter Suid-Afrika vir almal bou,” sê hy.

Hy gesels juis met talle invloedryke sakelui soos Christo Wiese, dr Chris van der Merwe en Jo-Ann Strauss hieroor en oor die lewenslesse wat hulle geleer het in sy nuwe TV-program, Meer as net ’n loopbaan, wat spesiaal vir VIA opgeneem is en vanaf 8 Mei op die kassie te sien sal wees.

Karlien Meiring het meer oor sy nuwe boek en TV-program gaan uitvind.

Wat dink jy is die grootste uitdagings wat Suid-Afrikaanse entrepreneurs vandag in die gesig staar, en hoe kan dit oorkom word?

Toe ek as entrepreneur begin het, was my grootste uitdaging dat ek nie geweet het wat ek nie weet nie. Dis een van die hoofredes waarom ek die boek geskryf het en seminare aanbied. Ek sien dikwels dat ander entrepreneurs ook nie altyd weet wat hulle nie weet nie. Ek was so bevoorreg om ongelooflike mentors te hê en ek wil baie graag hierdie goed wat ek by hulle en uit my eie ondervindinge geleer het, oordra aan soveel as moontlik ander entrepreneurs sodat ons hulle waarskynlikheid van sukses kan verhoog.

Wat is volgens jou die inspirerendste aanhaling wat op entrepreneurskap van toepassing is?

“The most successful people don’t create luck, they just know how to create an environment where the probability of luck is increased.”

Wat dit so inspirerend maak, is die feit dat jy nie alles reg hoef te doen en alles te weet nie, maar as jy net jou waarskynlikheid vir sukses kan verhoog, is jou kanse vir sukses uiteraard hoër. Dis al waarop ons eintlik op ’n konstante grondslag fokus wanneer ons saam met entrepreneurs werk.

As jy vir ’n dag plekke met enige entrepreneur kon ruil, wie sou dit wees en hoekom?

Ek wil nie graag plekke met enigiemand ruil nie, want ons sakeprofiele verskil waarskynlik soveel dat ek die sakeomgewing wat ek vir myself geskep het en waarin ek konstant tot my eie sterkpunte kan werk, sal mis. As ek nou in iemand anders se posisie moet wees, gaan ek heeltyd goed moet doen wat tot hul sterkpunte spreek en nie noodwendig tot my eie nie. Dit sal baie van my energie steel eerder as wat dit vir my energie gee. Ek verkies dus maar my eie lewe!

Ten spyte daarvan, dink ek dit sal nogal lekker wees om meer by Warren Buffett te leer oor presies hoe hy entrepreneurs identifiseer en seker maak dat hul karaktereienskappe van so ’n aard is dat die waarskynlikheid van sukses in hul ondernemings hoër is as ander mense s’n. Hy en Charlie Munger is baie goed daarmee en dit sal wonderlik wees om meer insig daaroor te kry.

Wat is die interessantste of onverwagste ding wat jy oor jouself tydens jou reis met entrepreneurskap geleer het?

Ons sê altyd dat in entrepreneurskap dit geweldig belangrik is dat die mens vinniger as die onderneming moet groei – persoonlike groei is ’n ongelooflike belangrike deel van entrepreneurskap! Ek het van myself geleer dat ek tot soveel meer in staat is as wat ek oorspronklik gedink het. Dinge wat 10 jaar terug vir my ongelooflike groot uitdagings sou wees en ek as ’n onoorkombare berg voor my sou sien, is nou maar net ’n molshoop waaroor ek vinnig kan tree en dan met my lewe aangaan. ’n Mens moet besef dat jy tot soveel meer in staat is en dit dan deur persoonlike groei ontsluit. Dit was een van my grootste openbarings tydens my reis.

Hoe het jy besluit op die gaste met wie jy op jou nuwe TV-program, Meer as net ’n loopbaan, gesels?

Ek het met amper al die gaste wat op my program verskyn reeds ’n goeie verhouding of het hulle voor die tyd geken. Dit was amper vir my asof ek saam met my mentors en vriende koffie drink! Ek ken hierdie mense en ek weet wat hul sterkpunte is. Dit was vir my ’n wonderlike ondervinding om tyd saam met hulle almal te deur te kon bring en nog meer by hulle te leer.

Die boek word deur Tafelberg, ’n druknaam van NB-Uitgewers, uitgegee en is van vandag af aanlyn en in boekwinkels beskikbaar.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Neil Sandilands – oor sy nuwe album

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

16 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

17 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

21 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

21 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

2 days Gelede

Maklike resepte vir ’n maand

Hierdie gesonde, smaaklike etes is die ideale uitweg vir almal wie se dae te vol…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.